Wat was die rede vir slegte dag by die dam?

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Killzone
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 464
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Location: Mpumalanga

Wat was die rede vir slegte dag by die dam?

Post by Killzone »

Ok Manne, so laat ek die draad se opskrif bietjie meer in kleur.

Ek het die naweek gaan Karp/Baber vang by 'n Plaasdam wat aan my bekend is. Ons vang altyd baie goed en die Visse is mooi en gewillig 😊

Met ons aankoms kon ek sien die dam was baie leeg teenoor einde November laas jaar. Aanvanklik het ek gedink dit is maar die draai van seison, maar ek weet dat die area 'n besonderse goeie reënval syfer gehad het. Wel, te goed. Want die dam wal het gebreek. So die dam was +- 30 % leër as einde laas jaar. Wanneer hy gebreek het weet ek ook nie.

Die water was vuil, baie baie vuil. En vlak. Natuurlik soos daar verwag kan word was die water temperatuur ook koud.

Ek het al baie kere sukses gehad in die winter as ek Karp teiken. Ek weet dat hulle metabolisme afneem en dat mens meer geduldig moet wees.

Maar hierdie keer was vir my verstommend, en nou die rede vir hierdie bespreking. Ek het geen maar geen byte gehad nie. Na n ruk het ek en my seun ons Mieliebom en Floaties verander na wat die sterkste reuk het, en die mees sigbaarste sal wees in die vuil water. Maar nogsteeds niks.

My vraag aan gesoute en ingeligde lede van Jaracal is: Kon die damwal wat gebreek het en die vuil water die rede wees vir geen aktiwiteit?

Net nog een observasie. Daar was Vis. Hulle het gereeld na die oppervlak gespring en seker maar Goggas gevang of iets.

Verskoon maar die duidelike te kort aan kennis. Ek is maar 'n baie matige sosiale hengelaar wat meer moet Karp vang.

Swartbaars is eintlik maar my vootkeuse.

Byvoorbaat dank

KZ
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10454
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Wat was die rede vir slegte dag by die dam?

Post by Capt. Oblivious »

Ek sou se die lae watervlak (lae suurstof veral omdat dit tog nog tot n mate warm is) was jou rede. Soos jy se die water temp het taamlik geval maar dis nog noe koud nie, sodra jou water valk daal en die temps is nog nie ys koud nie moet visse suurstof he ander le hulle net, jyt basies n fontein of so iets in die dam nodig dan. Die koue water sal n impak he maar nie so groot soos n terkort aan suurstof nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Killzone
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 464
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Location: Mpumalanga

Re: Wat was die rede vir slegte dag by die dam?

Post by Killzone »

Baie dankie vir jou reply Capt.
User avatar
tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18633
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Wat was die rede vir slegte dag by die dam?

Post by tripodmvr »

Ek wonder of meeste van die groot vis nie uit is toe die dam gebreek het nie.

Die weer was ook onstuimig met die koue front wat inbeweeg en dit is volmaan. Alles het maar invloed op die vis. Vuil water help ook nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Killzone
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 464
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Location: Mpumalanga

Re: Wat was die rede vir slegte dag by die dam?

Post by Killzone »

Ja Oom T. Ek het reeds damwal toe geloop en gaan kyk. Maar soos Oom sê, dit was baie faktore. Dit gaan ook seker nooit weer wees soos dit was nie. Bitter, bitter min mense vang daar vis. Nie eers die Boer of sy gesin nie. Nou ek kan nie sien dat hy baie haastig gaan wees om die damwal te herstel nie 😢
Post Reply

Return to “Varswater Hengel/Freshwater Fishing”