Herinnering - Professionele Gedragskode

Naam van Jagter
Kontak nommer
Bedienings area

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12690
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Herinnering - Professionele Gedragskode

Post by Geno »

More manne.
Net weer die gedragskode wat ons onsself aan verbind as ons ons name op die lys hier: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=108&t=571 sit.
Louis102 wrote:[align=center]Professionele Gedragskode - Jaracal Register vir Spesialis Roofdierjagters[/align]

Hiermee onderneem ek, om as jagter en as lid van hierdie register, welvoeglik op te tree teenoor God se skepping. My optrede moet altyd getuig van deernis en respek vir die natuur.

My woorde en dade sal die goeie naam van lede op die register en daardeur ook ons bemarkbaarheid as 'n groep, bevorder. As 'n span sal ons ook ons kliente se belange op die hart dra. Ek verbind my tot eerlike en respekvolle optrede wat insluit dat ek vertroulike inligting, van watter aard ook al, as sulks sal hanteer. Om hierdie register se goeie naam verder gestand te doen, besef ek dat die landswette wat op my as jagter van toepassing is, nie verontagsaam kan word nie.

Ek is bewus daarvan dat daar sekere minimum standaarde is wat behoorlike professionele optrede bevorder. Hierdie minimum standaarde het betrekking op my kennis en vernuf as jagter, sowel as op die toerusting in my gebruik. Ek verstaan dat elke lid van die register minstens aan hierdie minimum standaarde moet voldoen, ten einde die bemarkbaarheid en goeie naam van die lede op die register uit te bou.

Ek besef my verantwoordelikheid om behoorlik rekord te hou van my optrede. Ek is verder ook bereid om inligting by te dra vir navorsing wat ons kennis rondom roofdiere en hulle gedrag mag verryk.

Ek lê my neer by die reëls, regulasies en vereistes om deel te wees van hierdie register. Hiermee verstaan ek ook my mede-verantwoordelikheid om die regte die reëls, regulasies en vereistes vir die lede van die register in plek te kry en dat dit deel van die kultuur van die jagters op hierdie register moet word.
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1693
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Herinnering - Professionele Gedragskode

Post by 243Songdaug »

Thanks Geno.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2349
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Herinnering - Professionele Gedragskode

Post by G-force »

Geno is daar n rede dat jy dit nou uit die bloute uit post?
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12690
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Herinnering - Professionele Gedragskode

Post by Geno »

Geen rede. Ek bring dit maar net weer na vore.
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2013
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: Herinnering - Professionele Gedragskode

Post by Johan Nel »

Geno wrote:Geen rede. Ek bring dit maar net weer na vore.
Dankie Geno. Ek het laasjaar al opgemerk dat daar verwys word na 'n gedragskode waartoe persone hulle verbind, maar kon nie die gedragskode opspoor nie. Nou weet ek ook.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Post Reply

Return to “Probleemdier-jagter Register”