Gunsteling resepte Tikka 223, 1 in 8.

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 699
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Gunsteling resepte Tikka 223, 1 in 8.

Post by Lamtjop »

Naand almal, ek vra raad namens n vriend. Hy wil herlaai vir Tikka varmint 223, 1 in 8 twist. Watter kruit en watter koeëls werk mooi op julle sin. Groetnis.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1572
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Gunsteling resepte Tikka 223, 1 in 8.

Post by Alwin »

Hornady 75gn ELD-M. verkieslik warm gelaai. 2950fps met Varget. Meer spoed is ook gunstig, mits die druk binne perke is.

Lapua Scenar 77gn. Enige kruit. Baie akkuraat met S335 teen 2800fps.

Lyk my hulle hou glad nie van Nosler CC's in 77 en 80 gn nie.
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 134
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Location: Gauteng

Re: Gunsteling resepte Tikka 223, 1 in 8.

Post by Vissie »

Ek het ook onlangs só ‘n geweertjie se lisensie gekry.

Ek gaan probeer om die 55gr Hornady CMJ Soft Point te kry om te skiet vir die baan, maar net omdat ons die koeëls in grootmaat koop. As ek nie daarmee reg kom nie het ek van Hornady se 68gr Hol-Punt koeëls gekry om te probeer.

Watter koeël sou julle aanbeveling wees vir ‘n kind wat haar eerste bok gaan skiet? Is Barnes maar die roete om te gaan met die kleiner kalibers?

Groete,
Vissie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 18918
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Gunsteling resepte Tikka 223, 1 in 8.

Post by tripodmvr »

Vir bladskoot sal Kriek, Peregrine of Barnes my keuse wees as ek 'n kind moet laat jag vir die eerste keer.

Ons het 55gr Goodnel koeëls in 'n vriend se Sako 223 gebruik om sy kinders te leer jag. Baie goed gewerk vir wild soos blesbok en kleiner.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply

Return to “Herlaai Data”