Interessante diere Dwaalboom

Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1047
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Interessante diere Dwaalboom

Post by Eduard Venter »

Ons sien hierdie jaar geweldig interessante diere in die omgewing.

Gister het 2 jagters by ons 'n ietermagog gesien. Ek het self nog net een gesien so 3 jaar gelede. Ons sien al hoe meer bakoorjakkalsies ook wat baie oulik is. Tierboskat, siwetkat, ratel, aardwolf, vaalboskat en bruin hiëna sien ons nie gereeld nie maar hulle is hier. Erdvarke blyk die laaste jaar of so minder te wees hier by ons. Ek was gelukkig genoeg om 2 jagluiperds te sien 'n jaar gelede (al maak hulle skade). Luiperds word soms op die kameras afgeneem maar ek het nog net een gesien. Ons het selfs 3 olifant-besoekers gehad in die laaste 2 jaar.

As iemand nog interessante spesies sien in hierdie omgewing, plaas dit hier asseblief.
User avatar
Chris Roux
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Tue Apr 12, 2016 4:20 pm

Re: Interessante diere Dwaalboom

Post by Chris Roux »

Was die naweek op n plaas in Douglas omgewing.
Net voor son ondergang gewaar ek n jong aardwolf welpie wat reguit in die pad afgedraf kom. Weet nie hoe algemeen hulle voorkom nie maar dit was n eerste vir my.
Ek is jagter, ek het my siel in die bos verloor. - Appel
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1047
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Interessante diere Dwaalboom

Post by Eduard Venter »

Die laaste 2 of 3 maande het ek weer nogal interessante diere opgemerk. Een jong luiperd, en die aand daarna 'n groot een. 4 bakoorjakkalsies terwyl ek een oggend die beeste kyk. Een groot bruin hiëna was nogal baie interessant. 2 of 3 keer aardwolf in die nag. Een keer 'n erdvark wat ons al hoe minder sien. En vir die voëlkykers het daar saam met die laaste reënbui 'n visvalk aangekom wat vir my baie besonders was.

Groete

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 974
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Interessante diere Dwaalboom

Post by Dimitri »

Dwaalboom omgewing +- 2km van die Botswana grens:

Een keer lank terug n groot rietbok ram gesien. Geen twyfel dat dit n rietbok was nie. Die eienaar van die plaas en ook n' paar boere in die omgewing met wie ek gepraat het het nog nooit n rietbok in die omgewing gesien nie.

Natuurbewaaring het my friend een keer gevra vir toestemming om oor sy plaas die vlieg en n' helikopter daar te land indien nodig. Daar was 3 jagluiperde in die ongewing wat hulle wou dart om data te kry oor hulle kondiesie ens. Hulle het ook die ander boere in die ongewing gevra. Die 3 jagluiperde was toe op die buurman se plaas en toe die jagluiperde gedart was het my vriend en sy famielie gaan kyk en fotos geneem saam met die jagluiperde.

Twee ratels saam. Het hulle vir n' hele ruk gevolg terwyl ek gejag het.

3 keer ystervarke in die veld in die dag gekry.

Al n paar keer bakoorjakkalse in die aand gekry.

1 x aardvark in die dag.

1 x luiperd laat middag terwyl ons n game drive gedoen het

1 x African Wild Cat was muise gejag het. Het lank gestaan en kyk hoe die kat gejag het. 15-20m van my.

Laas jaar was daar n' olifant op die plaas terwyl ons daar was. Ek het dit nie self gesien nie maar ek het die olifant se spoor en mis gesien.

n' Maand voor ons die jaar op die plaas was daar n' enkele leeu op die plaas. Die beeste het die grensdraad gebreek en toe my vriend gaan kyk het het hulle die leeu se spoor gekry. Een van die plaaswerkers het later die leeu gesien.
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 974
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Interessante diere Dwaalboom

Post by Dimitri »

Nou terug gekom van Dwaalboom af.

Interesant:

- Vars luiperd spoor gekry (altyd interesant)
- 4 keer bakoorjakkalse gesien in die dag. Twee keer was dit terwyl ek gestap het en twee keer op game drives. Lyk my hulle is meer as wat hulle ooit was alhoewel ons oor die jaare n hele klomp van hulle gesien het, meestal op night drives.
- 1 aardwolf gesien laat middag terwyl ek gestap het. Lank vir hom gekyk. Hy het tot so 30m van my gekom voor die wind my wegegee het.
- Baie springhaase. Dit is interesant omdat ons hulle nooit gesien het nie. Ek jag al amper 30 jaar op daai plaas en hulle getalle was baie laag. Van 2000 to 2015 het ons hulle nie meer gesien nie. In 2016 het ons weer een of twee gesien op n night drive maar nou is hulle weer volop.
- Nagapie. Eerste een wat ons in baie jaare sien. Oulik.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 1724
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Interessante diere Dwaalboom

Post by Koos Barnard »

Was onlangs op plaas wes van Musina. Leeu wat van Zim af deurgebreek het drie nagte in 'n ry reg by ons lodge verby geloop in die nag. Ons het hom egter nooit gesien nie. Ek het alleen gejag en sy spore 'n paar plekke in die veld gekry maar ook daar hom nooit gesien nie. Wel een groot luiperdmannetjie en die volgende dag 'n welpie gesien. Laaste nag van die jag het 'n klomp gevlekte hiënas naby aan die lodge geraas.
Mooi loop
Post Reply