Waaksaam manne en manninne

Enige iets pas hier/ discuss anything here

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7115
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Waaksaam manne en manninne

Post by PWV »

Ek kry 'n SMS wat lui: "Can we collect R3000." Glo van VIP Platinum.

Ek ignoreer dit. Na 'n week kry ek 'n oproep van "absa". Die "highly English speaking" dame vertel my dat sy van absa is en dat daar iemand is wat R3000 van my wil onttrek. Hulle wil die storie blok. Ek moet net my kaart-nommer vir haar gee. Ek ruik n rot en begin bietjie uitvra. As sy so baie van my detail het (adres, foonnommer, en nog baie ander goed) en die onttrekking kan stop, waarom moet ek die nommer gee. Sy raak opgewonde en vertel my dat absa nie verantwoordelik gaan wees as ek die geld gaan verloor nie en moet die nommer gee. Toe ek nog meer uitvra, lui sy af. Ek bel die nommer wat op my foon is, maar kry geen antwoord nie. Ek bel absa se afdeling vir bedrog, gee die nommer en word toe ingelig dat dit 'n nuwe manier is om by jou bankbesonderhede en geld uit te kom. Hulle ken die nommer en sal dit verder voer.

Mense, deesdae moet jy so versigtig wees. Om elke hoek en draai is 'n bl@ksem wat jou wil beroof!!
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1852
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Location: Randburg, Gauteng

Re: Waaksaam manne en manninne

Post by win270 »

Dankie vir die laat weet, oom Pieter. Die skelms loop nou oral rond, bly jy is een stap voor hulle!
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Location: Potchefstroom

Re: Waaksaam manne en manninne

Post by Mellies »

Hulle target net die manne met geld...ek kry nooit sulke oproepe nie.

Met n vleisie...
User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7115
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: Waaksaam manne en manninne

Post by PWV »

Mellies wrote: Wed Oct 13, 2021 8:52 pm Hulle target net die manne met geld...ek kry nooit sulke oproepe nie.

Met n vleisie...
Mellies, jou ou grapmaker!! ;)
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster
HeinM
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: Waaksaam manne en manninne

Post by HeinM »

Mellies wrote: Wed Oct 13, 2021 8:52 pm Hulle target net die manne met geld...ek kry nooit sulke oproepe nie.

Met n vleisie...
++>: ++>: Ek ook nie...
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1054
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Location: Germiston

Re: Waaksaam manne en manninne

Post by RUPERT »

My vraag is eerder hoe het hulle jou detail by ABSA gekry????
Maak wat jy wil "hulle" is almal fkn skelm
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1884
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Location: Pietermaritzburg

Re: Waaksaam manne en manninne

Post by Malan123 »

Ok wie gaan vir ons opsom?
User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7115
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: Waaksaam manne en manninne

Post by PWV »

Andre308, spesialiseer in hierdie genre! ++>:
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 5841
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: Waaksaam manne en manninne

Post by Gawie(13mm) »

Malan123 wrote: Thu Oct 14, 2021 12:05 pm Ok wie gaan vir ons opsom?
Sien asseblief RUPERT se plasing; hy het dit reeds gedoen. :laugh:
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 710
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Location: Durbanville

Re: Waaksaam manne en manninne

Post by Andre308 »

As ek nou opsom wat ek hier lees, dan het oom PWV teveel geld. Die skelms het daarvan tehoor gekom maar hulle het nie genoeg huiswerk gedoen om hom te kon vang nie.

Enige iemand behoort te weet dat mense met geld is baie waaksaam en hulle vryf n R1 munt dat Mandela se plooie weg gaan voor hulle hom uitgee. Hulle moes met n beter strategise beplanning daai oproep gemaak het.

Daar het julle dit nou.

n Post op die forum sien normaalweg sy gat na die opsomming gemaak is.
>:D
User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7115
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: Waaksaam manne en manninne

Post by PWV »

Andre308 wrote: Thu Oct 14, 2021 1:55 pm As ek nou opsom wat ek hier lees, dan het oom PWV teveel geld. Die skelms het daarvan tehoor gekom maar hulle het nie genoeg huiswerk gedoen om hom te kon vang nie.

Enige iemand behoort te weet dat mense met geld is baie waaksaam en hulle vryf n R1 munt dat Mandela se plooie weg gaan voor hulle hom uitgee. Hulle moes met n beter strategise beplanning daai oproep gemaak het.

Daar het julle dit nou.

n Post op die forum sien normaalweg sy gat na die opsomming gemaak is.
>:D
Hier het julle dit nou!! Uitstekend gedoen, Andre!! Een foutjie hierbo. Moes gelees het: "mense met sakke vol geld.."
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 5841
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: Waaksaam manne en manninne

Post by Gawie(13mm) »

Het Oom nog nie van "Luno" gehoor nie?
Ek het kleintyd eendag my Pa gevra hoekom die Joodse Oom altyd met sy hande in sy sakke loop?
My Pa antwoord toe:"Hy is bang hy verloor sy rykdom."
"Het hy baie geld?"
"Nee", sê my Pa,"hy het net twee pennies in elke sak, maar hy is bang as hul teen mekaar skuur, gaan hul dunner word en hul waarde verloor!"
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply

Return to “Algemeen/General Discussion”