.204 Ruger Vrae

Enige iets pas hier/ discuss anything here

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2223
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

.204 Ruger Vrae

Post by andre007 »

Middag manne

Ek voel soos n vreemdeling hierop die forum, lees baie maar het lanklaas gesels. Die winkel hou my vrek besig. Die laaste paar dae is nag..... Eke het ook nou vir my n 'meerkatroerkie' aangeskaf. Dit was Josh, mede forumlid sin, hyt ons verlaat en is Kanada toe, ek het die geweer met doppe, rondtes, dies ens gekoop.

Lading is S321 met 32gr Vmax, die idee. roerkie skiet mooi, Howa 24'' BB. As ek 32gr gaan aanhou skiet gaan ek by S321 hou, maar na ek met Geno, Armand en nog manne gepraat het klink dit na n skuif na S335. Ek wil ook kyk na 40gr of Ballistic tips. Die geweer is maar vir Oes,Jakkies, Veldskiet en SAJ Springbok tabel.

Ek skiet net kop as ek naby genoeg is en moet, baie van die plase hier rond verbied dit of beboet jou as jy kopskiet. Nou my vraag is, gaan hy werk vir Varke, Springbok en Blessies as die geleentheid hom voordoen en slegs bladskote is moontlik.

Ek het heelwat opgelees oor die ballistiek tussen die 32gr vs 40gr. En als dui daarop dat ek vir bladskoograag wat sçt onthalwe eerder na die 40gr moet kyk, Armand seg ook hy slaat harder.

Ek luister graag wat sê die fundies.

Groetnis
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za
Berra .204
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Fri Sep 16, 2016 2:43 pm
Location: Swellendam

Re: .204 Ruger Vrae

Post by Berra .204 »

Middag Andre
Ek sien niemand wil antwoord nie so ek sal maar probeer. In my 204 skiet die 32gr punte mooi met S335. Ek het 40gr vmax probeer maar hulle wou nie so mooi werk nie. Ek skiet nou net 39gr Blitzkings, ook met S335. Werk baie mooi en goeie werk verigting op bokke en ongediertes. Hulle is bietjie harder as die vmax en penetreer beter. Het al 2 springbokke agter die blad geskiet met die 39’s met verbasend min skade. Skiet net agter die blad en nie op die blad. Kopskote is maar die ding met ‘n 204. Werk baie goed. Het al ‘n bosvark ook agter die blad in hardloop geskiet en 1skoot was genoeg. Vandag weer klompie springbokke geskiet, werk baie goed in ‘n windstil dag. 22-250AI met 77gr TMK kom uit as die wind begin waai. Probeer die 40gr punte maar as hulle nie mooi werk nie, probeer gerus die 39gr BK.
Geniet die roer. Ekt sopas my 2de een gekoop wat myne het al 4600 skote deur en loop nog mooi.
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2223
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: .204 Ruger Vrae

Post by andre007 »

Berra .204 wrote: Sat Jul 17, 2021 5:43 pm Middag Andre

Dankie vir die info maat. Stuur my jou selnr dan gesels ons
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za
Berra .204
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Fri Sep 16, 2016 2:43 pm
Location: Swellendam

Re: .204 Ruger Vrae

Post by Berra .204 »

PM gestuur
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4326
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: .204 Ruger Vrae

Post by Frederik »

Ek het begin met 32gr Vmax begin en het een rooibok met kopskoot verloor skoot was seker 60 meter nie ver nie.
Toe bel ek vir Johan Kriek hy maak toe 32gr Monos vir my en nou boks die geweer in ander klas ek het ook Howa met BB.
Ek het 'n lekker Numenor silencer op hom gesit en die klap as jy kop skiet is baie harder as die skoot self en in oop areas is hy stiller as gewone .22 randslag.

Ek het nog iets in die lyf geskiet behalwe ape nie en een jong man het 'n springhaas geklap en daardie kriek koeel al is dit 'n MONO lyk of hy oopbreek en dan die res van koeel verder penetreer.
Ek gebruik S335.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1199
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Location: Pietersburg

Re: .204 Ruger Vrae

Post by Hansieslim »

"randslag" is vir my n mooi woord.
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1199
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Location: Pietersburg

Re: .204 Ruger Vrae

Post by Hansieslim »

My ervaring met S335 alleen:

32gr Vmax 3850 - 3900 fps
40gr Vmax 3570 - 3620 fps

Ekt die Kriek 38greiners gelaai. Ek kry hulle nie om so mooi te groepeer soos 'n Vmax nie, maar hulle werk puik vir n vlakvark kopskoot. Ek het ook 32greiner by Johan Kriek gekoop, maar nog nie n lading vir hulle nie, want eks tevrede met wat die 38greiners doen tot op 100m. Ekt nog geen bladskoot met die .204 probeer nie, maar ek glo hy sal n springbok/rooibok platmaak selfs met n Vmax (my opinie).

Ek hou van wat Berra gesê het oor die 39gr Blitzkings (die feit dat hulle bietjie harder is). Ek is ook vrek opgewonde dat Berra al 4600 skote deur daai loop het en hy nog tevrede is. Ek trek nou by so 2600 skote en dit is asof die geweer elke keer net nog beter skiet.

André, daai roer werk mooi as daar nie wind is nie, maar pasop om te vêr skote te neem as daar wind is asb.

Hans
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 611
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: .204 Ruger Vrae

Post by Toyrsi »

Howa 204R BB.
40gn vmax
S335
5skote op 350m.
Image

Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk

YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2223
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: .204 Ruger Vrae

Post by andre007 »

Baie dankie vir almal se insette, het darem nou al n spul info. Ook gedink aan die 39grn BK, kan egter Btips kry vir goedkoper. Gedink om maar die 40gr Vmax vir Jakkies en gonge te hou, darem heelwat goedkoper
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za
JVT172
Full Member
Full Member
Posts: 236
Joined: Tue Jun 26, 2012 9:47 am
Location: oos london

Re: .204 Ruger Vrae

Post by JVT172 »

Toyrsi wrote: Tue Jul 20, 2021 12:27 pm Howa 204R BB.
40gn vmax
S335
5skote op 350m.
Image

Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Daai is n lekker groepie op 350m.
Wat se lading is agter daai pitte?
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 782
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Location: Gariepdam, Suid Vrystaat

Re: .204 Ruger Vrae

Post by Dirkvh »

Ek het lank 'n 204 gebruik met groot sukses.

39gr Blitzking en S335 was sy kos en ek twyfel of daar 'n beter kombinasie vir die kaliber is.

Daar was nooit rede om bladskoot te skiet, roer het bitter akkuraat geskiet en ek het nooit 'n springbok verloor, en almal het mooi geval. Het wel rooikat geskiet in die bors as "safety" en het ook net daar geval. Die roer is aan oom Heinrich (Jaracal stigter) verkoop en hy is ook bitter tevrede met hom.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
hierswolf
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Location: Joburg

Re: .204 Ruger Vrae

Post by hierswolf »

Ek het al heelwat plat geskiet met my 204, van springbok tot tsessebe, alles kopskoot behalwe een jong Tsessebe wat ek in die nek geskiet het.

Die nekskoot was met 32gr VMax Superformance. Die bok het dadelik mooi geval, maar die koeel het nie agter uitgekom of gewys nie. Dit maak my wonder oor hoe hy gaan maak as hy bladbeen tref. Maar as jy om die been kan skiet reken ek behoort jy maklik springbokke en blesbokke plat te trek, vernal met 40gr.
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2223
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: .204 Ruger Vrae

Post by andre007 »

hierswolf wrote:Ek het al heelwat plat geskiet met my 204, van springbok tot tsessebe, alles kopskoot behalwe een jong Tsessebe wat ek in die nek geskiet het.

Die nekskoot was met 32gr VMax Superformance. Die bok het dadelik mooi geval, maar die koeel het nie agter uitgekom of gewys nie. Dit maak my wonder oor hoe hy gaan maak as hy bladbeen tref. Maar as jy om die been kan skiet reken ek behoort jy maklik springbokke en blesbokke plat te trek, vernal met 40gr.
Yes meneer
Ek sal nie waag om oppie blad te skiet nie. In my ander roere skiet ek vmax. In my groter kalibers is penetrasie nie die probleem met vmax nie......eerder vleisskade, n blad of 2 raak gou petsmince ;-) Daarom skiet oms maar agter die blad.

Sent from my SM-N770F using Tapatalk

"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 304
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Location: Waterberg, Limpopo

Re: .204 Ruger Vrae

Post by Parker »

Ek gaan maar ook n vraag vra. Sien almal gebruik S335. Ek ook. Maar het iemand al Norma 200 gelaai vir die 204?
Stoot lood!
Post Reply

Return to “Algemeen/General Discussion”