Ou kalant steek weer kop uit

Enige iets pas hier/ discuss anything here

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Location: Suid Kaap

Ou kalant steek weer kop uit

Post by Jackalsniper »

Manne ek is seker van julle het al met die persoon te doen gehad.
Hy was rondom 2008 hier in Vermaaklikheid se omgewing waarna hy glo Oos kaap toe was
en homself nou weer in die Riversdal omgewing kom huisves het. Nie seker of dit sy vrou of girlfriend se
take away plek is nie, maar dit is hier wat hy mense ontmoet en belieg en bedrieg.
Hy "fit" glo ook stort deure doen teelwerk en doen los verf joppies om huise maar ek koes al vir almal wat met
hom gaan besigheid doen, veral ouer mense.
n Vriend van my laat weet ons laas maand hy het n jag vasgemaak vir ons in Pearston.
Deposito en verblyf voruit betaal. Hy het n faktuur gekry met n jag plaas se naam wat nie bestaan nie.
2 weke gelede hoor ek deur WIE hy dit geboek het en begin toe die fluitjie blaas.
Ons sou vanoggend vertrek Pearston toe maar toe ons verlede naweek nie bevestiging kry van
plek en pryse ens. nie en HOM bietjie corner toe kom ons agter dit is n lieg storie gewees.
Die man se geskiedenis van bedrog is wyd,suid en duur gesaai. Die gemeenskap hier kan aangaan en aangaan van stories
van mense wat hulle geld verloor het deur hom met jag depositos wat verdwyn, jagters wat gevat word op jagte
en dan onwetend poach op mense se grond,wild wat afgelewer sal word en gelde betaal en dan wegraak.
Ek het eersdaans ondervinding van hom so ek maak nie vals aantuigings nie.
Volgens een van my vriende is hy al gevang vir wild stroop in Steynsburg Ooskaap. Ek hoop hy
het nie meer vuurwapens in sy besit nie, want hy sal dit misbruik om wild en vee te stroop.
Ons het gehoor van gevrieste jakkalse wat vir boer gewys was as of dit op sy plaas geskiet was destyds.
Ek ken ook iemand persoonlik wat destyds as jong seun wou leer jakkals jag by hom en na hulle in n boer se veld in is
om te gaan ongedierte jag is al wat n Bosbok, Springbok, Bonte bok voor die voet geskiet en gelaai.
Sy naam is BERTIE VAN DER MERWE en hy is n "legitimate scammer" .
Dit is betreuringswaardig dat hy voortgaan om mense se geld te vat en net bly wegkom.
Ons groep het gelukkig n ander jag gekry en vertrek more oggend, maar
deposito is seker maar weg tensy hy die volgende ou se geld vat. Die deposito is dalk
na iemand se rekening vir hy ook dalk groter geld skuld, maar ja wees versigtig vir die man.

Groete
Post Reply

Return to “Algemeen/General Discussion”