Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Enige iets pas hier/ discuss anything here
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 714
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by J le Roux »

Na aanleiding van Conna se post het ek gedink ons kan die kwessie van knaldemper/tromprem op verskillende kalibers bespreek.

Gesêlspunte sou wees hoekom dit aanvaarbaar sal wees om 'n knaldemper op sekere kalibers te sit maar nie op groter kalibers nie? Gaan dit oor praktiese aspekte, tradisie, nostalgie of smaak? Sou sulke opinies ook deur die fabrikaat, ouderdom, waarde of gesogdheid van gewere beinvloed word?

Ons moet seker aanvaar dat die 'probleem' eerder die blywende skroefdraad is indien die eienaar of nuwe eienaar nie meer 'n demper wil gebruik nie.

'n Geweersmid kan 'n vesrskeidenheid skroefdraadoppies maak vir wanneer 'n knaldemper nie gebruik word nie, ek weet van Viton, staal en aluminium. Glad of 'knurled'.

Deel asb. jul ondervinding, opinies en voorkeure.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 258
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Smith223 »

J le Roux wrote: Tue May 04, 2021 10:55 am Na aanlyding van Conna se post het ek gedink ons kan die kwessie van knaldemper/tromprem op verskillende kalibers bespreek.

Gesêlspunte sou wees hoekom dit aanvaarbaar sal wees om 'n knaldemper op sekere kalibers te sit maar nie op groter kalibers nie? Gaan dit oor praktiese aspekte, tradisie, nostalgie of smaak? Sou sulke opinies ook deur die fabrikaat, ouderdom, waarde of gesogdheid van gewere beinvloed word?

Ons moet seker aanvaar dat die 'probleem' eerder die blywende skroefdraad is indien die eienaar of nuwe eienaar nie meer 'n demper wil gebruik nie.

'n Geweersmid kan 'n vesrskeidenheid skroefdraadoppies maak vir wanneer 'n knaldemper nie gebruik word nie, ek weet van Viton, staal en aluminium. Glad of 'knurled'.

Deel asb. jul ondervinding, opinies en voorkeure.
Ek het al paar netjiese skroefdraad doppies gesien wat so glad ‘blend’ met die loop dat jy nie sal weet hy het een op nie.
Ek het onlangs ‘n Brno gekoop en die voorige einaar het die loop ‘gethread’ vir ‘n knaldemper en in die proses het die GS die loop afgesny, visier en al. i.p.v net die visier los soldeer en 15mm terug skuif. Ek wou baie graag die geweer oop visier skiet en het redelik gesukkel om die nuwe visier in die hande te kry en te modifiseer dat hy nou oor ‘n aansienlike dikker deel van die loop pas voor ek hom kon vas soldeer.

Die punt wat ek probeer maak: indien jy ‘n taamlike duur ‘safari’ kaliber besit, vat hom na ‘n oordenklike GS toe wat ‘n netjiese job sal doen met die werk, wat ‘n mooi thread cap en visier skuif insluit. Dit sal baie help met verkoop waarde veral in kalibers wat tradisioneel oop visier geskiet word.
Howa 223 - Leupold Vx2
BRNO 243
Howa 6.5 CR - Vortex PST Gen II 5-25 FFP
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by saswart »

Ja kan lekker onderwerp wees. Vir my is dit maar persoonlike keuse waarop ek so iets sal sit. Vir my is dit presies soos jy se 'n tradisie/nostalgie ding. Op 'n klassieke jaggeweer sal ek persoonlik nie. Op 'n iets anders ja afhangende wat... as illustrasie bv niks op 'n Steyr Manllicher classic/Sako Hunter ens nie, maar op 'n tikka hunter, of 'n "sniper ;D " geweer sal ek. Vir my is dit ook oor kaliber, sal ek bv op 375/458 iets sit, nee tensy oor mediese redes natuurlik.

Ek dink elke persoon het sy rede en ek dink tog elkeen koop tog 'n geweer om dit te hou. So as jy dit wil doen vir watse rede okal en dit maak dat jy jou geweer meer skiet, doen dit ek gaan nie kommentaar lewer op jou geweer nie of ek nou daarvan persoonlik self hou of nie. Maar as jy dit gaan verkoop, moet mens dan besef party mense hou daarvan, ander weer nie, en die wat nie daarvan hou nie sal nie koop nie.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 699
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Gerhardu »

As jy nie ballas het nie is dit seker ook mediese redes? LOL
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4278
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Frederik »

Baie snaaks Gerhadu.

Knaldemper, op enige geweer wat nie oop visier kan skiet nie geen probleem.
As dit visiere het om te skiet nee.

As jy gevaarlike wild wil gaan skiet met 375 of groter met knaldemper by all means moenie dat jou PH of iemand anders jou roer dra nie.
Sukkel self om deur die bosse te kom met daardie extra lang swaar geweer.
As dit by muzzlebreaks kom stem ek saam met Gerhardu. Die goed maak seerder vir die mense aan die kante van die skut as die dier met groot kalibers.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 699
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Gerhardu »

#classicgunslivesmatter
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Frikkie Coetzee »

wat is die probleem met n blitsbreker of n kneldemper op n groot kaliber?

My 375 het een op. Ek skiet soms op plekke waar kneldmper verpligtend is en dit maak dat ek hom baie meer skiet van n bank af.
Opvolg skote op diere is ook baie vinniger met blitsbreker.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Frikkie Coetzee »

Hy het in elk geval nie oopvisiere nie maar n 1-6x teleskoop.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6469
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by DWB »

Ek is baie lief vir my groot kalibers en skiet amper nie met my kleiner gewere nie.

Ek het met 'n onlankse skiet my bitterlik vererg vir manne met blitsbrekers op groot roere. GROW A PAIR MAN!

Nou moet ek as RO se ore skade ly agv jou besluit? Se mo#r man!

Ek is baie vir "in the spirit of the hunt" en klassiek dink ek hoort daar nie 'n klaldemper of blitsbreker op 'n grootwild jag geweer nie.

Net so voel ek 'n grootwild jag geweer kort visiere ook!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10327
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Capt. Oblivious »

Gerhardu wrote: Tue May 04, 2021 12:44 pm #classicgunslivesmatter
hahah koop n R50 000 se sako en jou eerste stop is by GS om hom te laat thread en dan so lekker growwe groot silver thread protector voor op te laat sit

Ek het geen probleem met n KD op n geweer nie ek het roere met hulle op en ek het roere sonder hulle maar ek stem saam met Deon n "groot wild" kaliber pas nie vir my met n KD nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6013
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Eugene »

Gerhardu wrote: Tue May 04, 2021 12:24 pm As jy nie ballas het nie is dit seker ook mediese redes? LOL
:laugh: :laugh: :laugh: Ek is gelukkig verby daai ouderdom waar ek myself "indoen" net om aanvaar te word. ;)

My 375Ruger het 'n Kd op en vandag ek een op gesit het, is dit amper my gunsteling jaggeweer en skiet ek baie meer daarmee. Voor die KD, was dit nie lekker om daarmee te skiet nie. Call my maar 'n softy, maar my bokke val nog net so hard soos die breker langs my sin....
Aim small, miss small
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10327
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Capt. Oblivious »

Eugene wrote: Tue May 04, 2021 1:43 pm
Gerhardu wrote: Tue May 04, 2021 12:24 pm As jy nie ballas het nie is dit seker ook mediese redes? LOL
:laugh: :laugh: :laugh: Ek is gelukkig verby daai ouderdom waar ek myself "indoen" net om aanvaar te word. ;)

My 375Ruger het 'n Kd op en vandag ek een op gesit het, is dit amper my gunsteling jaggeweer en skiet ek baie meer daarmee. Voor die KD, was dit nie lekker om daarmee te skiet nie. Call my maar 'n softy, maar my bokke val nog net so hard soos die breker langs my sin....
Gaan jy Warrior met external brake op die 416 sit?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Frikkie Coetzee »

Deon

EK sal sekerlik nie n kneldemper op n A graad Mauser gaan sit nie en nog minder op n H&H dubbel maar ek skiet vir my plesier. Nie die ander ou sin nie. n Blitsbreker maak n geraas. Dit is so en dis nie my eerste keuse nie.

My 375 het n KD op vir algemene jag en dit maak hom heel hanteerbaar en n plesier om te skiet. As jy in die jagveld is voel jy nie daai recoil as die adrenalien loop nie maar op n skietbaan, kan my nek dit nie meer hanteer om sonder hom te skiet nie (Ek het n nekoperasie gehad BTW)

Ek sit en hum en haa oor n MB op hom vir my buffel se skiet later die jaar. Anders gaan die 470NE dubbel moet werk.

(Wonder hoe gaan hy lyk met mb links en n kd regs?????????)
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10327
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Capt. Oblivious »

Frikkie Coetzee wrote: Tue May 04, 2021 2:31 pm Deon

++>: ++>: ++>:

Ag Frikkie, is jou geweer jy kan met hom maak net soos jy wil
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6469
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by DWB »

Frikkie, skiet asb die buffel sonder 'n kd of bb. Ek sal vir jou betaal vir 'n massage sonder 'n happy ending...
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6469
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by DWB »

Nog 'n ding, as jy grootwild jag, en die bollie spat, glo ek die knel/knal is ook 'n afskrik middel op die dier. Kyk maar net na daai sakkie met die jack russel wat so O #oes geskree het en die perd wat deur die vlakvark gebyt is. its better when it goes BOOOOOM!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1829
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Malan123 »

KD op my 300 is soos 'n vasectomy. Ek skrik nie meer as die skoot klap nie...
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10327
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Capt. Oblivious »

Malan123 wrote: Tue May 04, 2021 3:37 pm KD op my 300 is soos 'n vasectomy. Ek skrik nie meer as die skoot klap nie...
Hahaha ek en Eugene praat nou nou. Ekt so lawwe 300wm CZ krom kolf etter van die duiwel se hond. Ek sal hom bring laat die groot gun manne hom van n tafel af skiet sonder n KD met n 200gr Aframe
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Frikkie Coetzee »

DWB wrote: Tue May 04, 2021 3:23 pm Frikkie, skiet asb die buffel sonder 'n kd of bb. Ek sal vir jou betaal vir 'n massage sonder 'n happy ending...
Deal. EK KIES die therapist.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Frikkie Coetzee »

Aangesien Deon my nou n massage gaan reel sal ek maar die buffel skiet sonder hom. Dink in elkgeval nie die MB gaan mooi lyk op die 470NE nie
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1359
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by KSV »

Capt. Oblivious wrote:
Malan123 wrote: Tue May 04, 2021 3:37 pm KD op my 300 is soos 'n vasectomy. Ek skrik nie meer as die skoot klap nie...
Hahaha ek en Eugene praat nou nou. Ekt so lawwe 300wm CZ krom kolf etter van die duiwel se hond. Ek sal hom bring laat die groot gun manne hom van n tafel af skiet sonder n KD met n 200gr Aframe
Al n 308 met daai krom kolf geskiet. 15 skote en die Oom gevra hy moet jom bere waar die son nie skyn nie.

458 Win Mag vir ons plaaslikke oorlede smid op die skiet tafel gaan skiet om die visiere te kyk wat hy opgesit. Hyt my nie eers so verniel soos daai 308 nie

Sent from my SM-N770F using Tapatalk

Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1047
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Eduard Venter »

Elke ou koop die geweer vir sy eie genot so laat hy doen daarmee wat hy wil. Sit 'n blitsbreker op jou 500 walvisstopper as jy wil, maar moet hom nie gebruik as daar iemand langs jou gaan staan nie. Of sit 'n demper op jou 458 as jy wil, dis jou geweer.

My gunsteling roer tans is my 375 met 'n swart kolf, stainless loop en skroefdraad. Dis presies wat ek nie kon verdra het in my jong dae nie. Hy dra en skiet soos 'n droom, en ek gebruik hom sonder die demper (vorige eienaar het gesny). Maar ek het daai opsie sou een van my kliënte my geweer leen en dit verkies.

My opinie is natuurlik dat 'n loop wat gesny is op 'n groot kaliber lyk baie goor, maar ons almal weet wat sê hulle oor opinies...

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 806
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by musgrave270 »

My Pa het 'n bitter mooi Steyer Manlicher jare gelede by n ou oom oorgekoop. Dit was basies my Pa se eerste geweer. Daai 3006 het die enamel van jou tande af geskop en baie hard geblaf. Die meeste plase waar ons gejag het daai tyd het jou nie toegelaat om sonder n knaldemper te skiet nie. So my Pa het nie eers tweekeer daaroor gedink nie. Ongelukkig daai tyd het ons/hy nie van beter geweet nie en die geweer vir n man gevat om n knaldemper op te sit. Voorste visier is netjies met n grinder afgesny.

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk

Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1829
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Malan123 »

Capt. Oblivious wrote: Tue May 04, 2021 3:58 pm
Malan123 wrote: Tue May 04, 2021 3:37 pm KD op my 300 is soos 'n vasectomy. Ek skrik nie meer as die skoot klap nie...
Hahaha ek en Eugene praat nou nou. Ekt so lawwe 300wm CZ krom kolf etter van die duiwel se hond. Ek sal hom bring laat die groot gun manne hom van n tafel af skiet sonder n KD met n 200gr Aframe
Hahahahaha. Daai krom kolwe hoor ek reverse sommer 'n vasectomy?

Kaptein ek wou dit nou nie hardop se nie want ek weet jou hart gaan bloei, maar ek het ook 'n KD op my sako 85 243 ai gesit... skiet moer lekker.

Kerels, vir party mense is 'n roer 'n erfstuk en vir ander is dit 'n tool...

My roere het almal KDs op aangesien ek grens aan 'n World Heritage Site.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 1829
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Knaldemper skroefraad kaliber diskriminasie

Post by Supacow »

Malan jou vasectomy knaldemper vergelyking moet in die HAT opgeneem word. Nog nie n raker beskrywing gehoor.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Post Reply