Page 1 of 1

vraelys

Posted: Wed Mar 28, 2012 4:21 pm
by stephensonsknives
dankie aan die indoenas vir die mes afdeling.

soos ek aangedui het kan julle vrae op die post sit en ek sal help beantwoord.
ek maak van jagmesse tot artwork vir van my kliente,waar die meeste van my werk individiele meskliente met veskillende vereistes is

johan van daai messe lyk mooi en ek vind altyd kuns in ander mesmakers se werk

mes en kruitdampgroete

Re: vraelys

Posted: Thu Mar 29, 2012 8:33 am
by johan1
Dankie mnr Stephenson.

Ek kry net nie genoeg tyd in my garage nie. Die fotos hou my nogal besig oor die naweke, en deur die week is dit kinders en huiswerk, en partykeer net te blerrie moeg om kreatief te wees. n mens moet mos met n oop gemoed gaan werk, dan kom daar oulike goeters uit.

As jy dikbek vir mamma is moet jy wegbly uit daai garage uit want dan jou kop nie reg vir dit nie. Dis dan wat jy net meer droogmaak as oulike goed maak

Re: vraelys

Posted: Thu Mar 29, 2012 7:57 pm
by stephensonsknives
naand johan
snaaks die meeste van my inspirasie kom uit die jagveld
een aand n dik stuk sekelbos uit die vuur gered en die pragtige hout op n mes gesit en aan n versamelaar verkoop ,noem dit nou inspirasie

ek stal by die aim show uit as jy dalk hierdiekant kom ,komse dag want ek stal langs die biertent uit

juis vandag met die sakekamer vergader om my besigheid uittebrei om ons handgemaakte produkte oorsee te neem,messe ook

ek sal later dit op die forum bekendstel[met toestemming van die ringkoppe en bleskoppe]want ons mense het werk nodig en die jagbedryf is een van my fokus punte

sterkte ou mater
watter deel van ons land is jy

Re: vraelys

Posted: Mon Apr 02, 2012 5:04 pm
by Pvdw
Stephen as ek mag inchip :o :o ek dink Johan bly net so aan die ander kant van Harties, darm nie landuit van jou af nie.

Peet

Re: vraelys

Posted: Mon Apr 02, 2012 9:40 pm
by johan1
Hallo Stephan. n Vriend van my gaan wel daar uitstal maar ek het dit gemis. Ek maak op die stadium maar net n mooi algemene gebruikers mes maar nog nie versamelstukke nie. Hoop om een dag daar te kom.

Ek gaan die naweek wat kom in marico by n kerkbasaar n paar messe uitstal. hoop maar daar gebeur iets