Manne, hierdie is n veld wat ek intens nagevors het. Hierdie is my waarnemings, en ook wat ek nagelees het en ook ondervind het orals hier in ons land, vanaf seevlak, tot in die ho?veld, en in al die lande oorsee waar ek al deelgeneem het.
Daar is 3 "Environmental" faktore wat n invloed het op die ko?elbaan van n ko?el in vlug.
1. Temperatuur
2. Humiditeit
3. Lugdruk
Al drie hierdie faktore beinvloed n ko?el in n meerdere en mindere mate, en ook in kombinasie met mekaar.
Kom ons kyk eers na die invloed van elkeen, een vir een, en dan die kombinasie van hulle saam
Temperatuur:
Hoe kouer dit is, hoe digter is die lug molekules saamgepers, en hoe meer weerstand bied dit teen die vlug van die ko?el. Hoe warmer, hoe dunner is die lug, en agv daarvan, minder weerstand (skiet platter)
Humiditeit:
Hoe dro?er dit is, hoe digter is die lug, anders as wat mens sal redineer. Vogtige lug is minder dig as dro? lug. Dit werk so: Water in sy gas form, nl: waterdamp is minder dig as lug, wat uit suurstof en koolsuurgas bestaan, dus op n dag met n ho? humiditeit, is die lug eintlik dunner, en bied minder weerstand teen die vlug van die ko?el, en skiet jy platter.
Lugdruk:
Hoe ho?r die lugdruk, hoe meer weerstand teen die ko?el se vlug, en andersom by n la?druk
Gooi nou die spul saam, en die een is hoog vandag en die ander een weer laag, dan voeter dit jou ko?elbaan lekker rond.
Bv: As daar n tipiese front inbeweeg wat re?n bring, gebeur die volgende: Daar ontstaan n la?druk, wat die ko?elbaan platter maak (minder weerstand)
Vogtige lug beweeg in, en dit maak ook die lug dunner, en dus minder weerstand teen ko?el, en skiet platter. Maar die temp sak gewoonlik en dan word die koue lug weer digter wat weer meer weerstand teen die ko?el bied. Nou is die probleem dat ons nie weet hoeveel, watter een ons beinvloed nie.
n Ander cenario: Jy skiet op die Ho?veld waar die lugdruk redelik laag is, maw: n plat trajek, en dit is n baie warm dag, (warm lug is minder dig as koue lug) wat ook n plat trajek tot gevolg het, maar die lug is baie droog (lae humiditeit) meer weerstand teen ko?el. Kan jy sien uit bogenoemde 2 cenarios hoe dit jou kan rond foeter?
Nou gebeur wat tipies is hier by ons op die ho?veld, en daar ontstaan n donderstorm in die laat middag, en jy skiet nog. Dan verander alles weer, en jou POI (Point Of Impact) skuif weer dramaties
Die drie saam vorm "air density", en dit kan dramaties varieer agv die 3 veranderlikkes. Dit is byna onmoontlik om te bepaal wat dit met jou ko?elbaan gaan maak, aangesien die een meer invloed het, as die ander. Die enigste manier om dit redelik te kan voorspel, is om na die "density altitude" te kyk. Dit is in kort n opsomming van dit wat gebeur as die "air density" verander, agv die 3 wat verander soos bo verduidelik.
Gaan lees hier onder "Ambient Air Density" hoe dit werk. Dit word w?reldwyd as maatstaf gebruik in die lugvaart industrie om die werkverrigting van n vliegtuig te bepaal, in bepaalde omstandighede soos bo verduidelik.
http://en.wikipedia.org/wiki/External_ballistics#Vertical_angles
En hier word verduidelik hoe dit jou as skut beinvloed:
http://demigodllc.com/articles/windmeters-for-tactical-shooting/
Dit is n wetenskap op sy eie, en het my al byna gek gemaak, maar ek dink ek het nou al genoeg kennis daarvan om te verstaan wat gebeur, en meer belangrik, om te weet wat om te doen om die invloed daarvan te beperk, en my instaat te stel om aanpassings te maak as ek op die baan is. Ek kan al met redelikke akuraatheid voorspel wat dit met my ko?elbaan gaan maak, onder watter omstandighede.
Dit is ook die rede hoekom ek met my turret skiet, en verstel tussen skote, omdat dit byna nooit presies dieselfde is, selfs daar waar jy bly. Verskillende weersomstandighede (Environmental conditions) veroorsaak vreeslikke dinge met jou ko?elbaan, en POI, sommer in n baie kort tydjie. Ek het al groot veranderinge waargeneem in so min as 5 minute. Nog te meer as jy op ander plekke met n verskillende hoogte bo see spi?el skiet as daar waar jy jou geweer ge zero het. Dit is hoekom dit so belangrik is om altyd jou trajek te toets oor al die afstande waarop jy skiet, en nie net jou zero nie.
Ek hoop dit maak sin, en dat dit julle bietjie kon help.