Groef draai

Post Reply
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Groef draai

Post by SmitH »

More

Miskien is daar een van julle wat my kan help , ek het n 222 BRUNO wat dink julle sal sy groef draai wees

Dankie
SmitH
Danie Lombard .243

Re: Groef draai

Post by Danie Lombard .243 »

Meeste .224 senterslag kalibers se groefdraai is 14 duim asook 12 duim maar 14 duim is die mees algemeenste. Ruger maak 'n .223 met 'n 9 duim groefdraai wat op die oog af verkeerd klink maar dit werk baie goed, stabiliseer ligte kort sowel as swaar lang koeels in kal .224

As ek moet raai sal ek reken jou .222 Rem het 'n 14 duim groefdraai. Jy kan met 'n skoonmaak stok jou .222 se groefdraai tuis meet deur te bepaal hoe lank/afstand dit neem vir die stok om een rotasie te maak terwyl jy die stok in die loop indruk of uit trek. As die stok 14 duim beweeg om een rotasie te maak is die groefdraai 14 duim.

Hoop jy kom reg.
Gerard

Re: Groef draai

Post by Gerard »

Die beginsel is hieronder.  Gebruik 'n paper clip en epoxy dit aan die stok se punt vas. 

http://www.gsgroup.co.za/twistchecker.html
Post Reply