Page 1 of 1
Tydelike lisensie
Posted: Mon Mar 26, 2012 4:42 pm
by Herman Venter
hallo mense
Ek het gesien hierdie topic was al bespreek maar dit was gevra deur Gerhard amper n jaar gelede so wou nie daarop skryf nie
http://jaracal.com/index.php/topic,4591 ... l#msg70134
Ek gaan nou n .243 koop en het gewonder of ek op my eerste geweer ook kan aansoek doen om n tydelike lisensie te kry sodat ek die geweer by die eksekuteer van die boedel kan gaan haal..Kan ee van julle manne my dalk se?
groete
Herman
Re: Tydelike lisensie
Posted: Mon Mar 26, 2012 4:50 pm
by DWB
Ek het nou vir die 375 ook 'n tydelike aansoek ingedien.
Toe ek die CFR bel toe s? hulle hy is ontvang by die CFR maar my DFO het met hom in sy hand gesit.
Toe het ek nou maar die ding gaan ondersoek vandag en ek moes hom self Nelspruit toe courier sodat hy daar by die regte persoon uitkom wat hopelik die gemors kan uitsort, want iemand se 9mm se aansoek is ook op die stelsel op dieselfde kode

Re: Tydelike lisensie
Posted: Tue Mar 27, 2012 8:26 am
by Herman Venter
DWB
Dankie vir die reply, ek sien die manner lees maar niemand anders los n ietsie nie, sou graag meer inligting wil he om te hoor of ek dit kan doen, hoe doen mens dit, hoelank wag mens vir so tydelike lisensie , ens.
Asseblief manne help my so biki uit, is maar dom met die dat dit my eerste roer is!
Dankie
Herman
Re: Tydelike lisensie
Posted: Tue Mar 27, 2012 8:31 am
by DWB
Ek dink amper SV Mad het nou onlanks sy 375Ruger se tydelike liksens gekry, maar kan nie die link kry nie
Re: Tydelike lisensie
Posted: Tue Mar 27, 2012 8:35 am
by DWB
Re: Tydelike lisensie
Posted: Tue Mar 27, 2012 4:24 pm
by grumpy
As ek nie verkeerd is nie moet jy eers n bevoegdheids sertifikaart he of reeds n lisensie en dan kan jy aansoek doen vir n tydelike lisensie.
Ek vermoed bo staande en is self nie seker nie.
Re: Tydelike lisensie
Posted: Tue Mar 27, 2012 4:50 pm
by Herman Venter
Dankie manne,
Ek sal seker maandag my aansoek instuur vir die regte lisensie, so tydjie wag en dan n aansoek in stuur vir n tydelike lisensie..!
Gtoete
Re: Tydelike lisensie
Posted: Tue Mar 27, 2012 9:21 pm
by the kid
Ek het 1 Maart 2012 aansoek gedoen vir my tydelike lisensie, hy het 3 weke by provinsiaal gele en is verlede Donderdag na CFR gestuur, hulle het hom die Vrydag gekry en hy is dieselfde dag nog goedgekeur. My ek het hom vandag gaan oplaai.
My hoof motivering was dat ek 'n jag het die 27st April, en dat my huidige geweer nie geskik is daarvoor. Het 'n brief van die boer gehad om te se dat ek wel daardie naweek gaan kom jag. Ek het ook 'n afskrif van my Seksie 16 aansoek aangeheg.