Page 1 of 1

Multicam Camo?

Posted: Mon Mar 26, 2012 11:58 am
by cfourie
DagĀ  manne

Ek verneem dat die amerikaanse troepe nou die patroon camos gebruik .Ek wonder of dit sal werk in die jagveld?Hulle het nogal n oulike website waar mooi fotos op gepost is maar mens weet nooit nou nou photoshop hulle dit!
Ek gaan so baadjie aanskaf, dit lyk of hy kan werk.

Wat dink julle hiervan?
Groete

Re: Multicam Camo?

Posted: Mon Mar 26, 2012 12:55 pm
by axe942
Waar het jy gekoop Ludwig ? Ek het gou 'n search gedoen maar nie veel gesien nie...

Re: Multicam Camo?

Posted: Mon Mar 26, 2012 1:20 pm
by cfourie
Die baadjie wat ek gesien het is Tru Spec dit lyk na goeie kwaliteit.Daar is glo manne in Pretoria wat dit verkoop

Re: Multicam Camo?

Posted: Mon Mar 26, 2012 1:22 pm
by cfourie
Ludwig as ek so na die foto kyk lyk dit of die patroon redelik mooi met die agtergrond in meng.

Re: Multicam Camo?

Posted: Mon Mar 26, 2012 1:37 pm
by axe942
Dankie Ludwig. Ek gaan hulle probeer.

Re: Multicam Camo?

Posted: Mon Mar 26, 2012 2:03 pm
by BLOK
Ek like die camos sommer baie wat prys hulle Ludwig reken seker effe duurder as Predator en Sniper

Re: Multicam Camo?

Posted: Mon Mar 26, 2012 6:18 pm
by Felix
Jy sal nie 'n fout maak nie. Ek walk en stalk net in multicam. Jy sal sien dit werk net so goed in die vaal karoo vlaktes as wat dit in die groen bosse werk.

Groete

[img width=560 height=420]http://i767.photobucket.com/albums/xx31 ... 0085-1.jpg[/img]

Re: Multicam Camo?

Posted: Tue Mar 27, 2012 4:43 am
by Roger
In ons area, FS, het die Sniper Grasslands by verre die beste gewerk.

Groete,
Roger!

Re: Multicam Camo?

Posted: Tue Mar 27, 2012 12:15 pm
by Koos Barnard
Dags?
Vir my lyk die multicam ook goed maar dit wil my voorkom daar is te veel wit in die klere. Kyk na beide die foto's wat geplaas is. Die multicam patroon loop ook horisontaal, plante groei meestal vertikaal of "semi-vertikaal". Dat dit werk betwyfel ek glad nie, dit lyk maar net vir my o? asof dit nie altyd die beste is nie. My een seun het egte multicams, doen Air Soft daarmee en ek sien dieselfde by hom - die wit pla my effens en die horisontale patroon. Stem saam dat Sniper se Grassland camo in sekere omstandighede uitstekend werk.

Onthou tog, ek het nie ges? Multicams werk nie, en ek probeer ook nie die manne afskiet wat dit gebruik nie, maak bloot 'n observasie.
Mooi loop