Charlotte se eerste jagtog ? Maart 2012
Het vanaf 16 tot 21 Maart op ?n plaas naby Marken gaan kuier. Ken die plaas al goed en weet waar die wild loop.
My seun en skoondogter was saam en sy het die wens uitgespreek om ?n bok of varkie te kan jag. Ek het haar al voorheen met my .22 laat skiet en sy het baie goed met bankskiet gedoen. Sy was egter bang om met die groter gewere te skiet ? die lawaai en terugskop het haar afgeskrik. Daarom my keuse van die 243 ? die kleinste jagkaliber wat ek het. Sy het nog nooit gejag nie en slegs ?n paar kere tevore saam met my deur die veld gestap.
Vrydag het ons ?n lui dag op die plaas gehad en die mak wild (veral kudus en vlakvarke) om die plaashuis bekyk en die rustigheid beleef.
Saterdag was my verjaardag en ons is uit na die skietbaan. Ek het ?n rooibok en vlakvarkteiken saamgevat en die rooibok op 50m staangemaak. Op 100m het ek gewone kolteikens opgesit vir instelwerk. Die Woensdag voor ons vertrek het ek dertig 243 met 90gr Sako en 20 met 85gr Spartan gelaai volgens ?n makkerige resep voorspel op Quick Load. Die Sako?s was vir instel en oefen en die Spartans vir jag.
My eerste twee skote met die Sakos het mekaar gesny en slegs ?n paar clicks regs en op het die enkelskoot Musgrave op teiken gehad. Charlotte het toe haar beurt gekry en twee skote op 100m na die kolteikens het haar twee skote binne 1,5dm laat skiet. Sy het die vrees gou oorwin en wou nog skiet met die frisser geweer.
Met behulp van ?n driepoot skietstok en die .22 het Charlotte skote na die rooibok begin skiet. Die eerste twee skote was bietjie hoog en regs op die bok wat na regs kyk. Na nuwe verduideliking oor die ideale tref area vir ?n goeie hart-long skoot het sy ses .22 skote in die hartarea geplaas. Daarna met die 243 het vier doodskote gevolg. Ek was redelik tevrede met dit wat sy vermag het. Gelukkig het die Spartan koe?ls binne 1 duim van die Sakos geskiet en ?n paar klieks was genoeg om die geweer reg te h? vir ?n skoot van 50-100 meter. Ek wou haar nie te v?r laat skiet nie.
Sondag en Maandagoggend het ons maar rondgery en die baie wild op die plaas besigtig. Maandagmiddag is ek, my seun en Charlotte met die Land Rover af na ?n oop grasvlakte wat vroe?r ou lande was. Die bos aan die westekant is baie dig en ek wou dit benut om die wild te bekruip. Laatmiddag wei die rooibokke en vlakvarke in groot getalle.
Met ons bekruipslag is ons egter eers deur ?n paar rooibokke gewaar en toe het ?n trop bobbejane ons vir ?n geruime tyd terroriseer. Dit het veroorsaak dat al die wild later so 250 meter plus om ons was, maar geen skoot is gebied nie. Ons kon kameelperde, blouwildebeeste, blesbokke, elande, kudus, vlakvarke en rooibokke sien. As die son hier agter die berge in die weste sak word dit baie gou donker en ek het sommer noordwaarts oor die vlakte begin loop. Voor ons het ons verskeie varke gesien waaronder ?n groot sog met baie kleintjies en dan 2 opgeskote varke wat ek geskat het van voorverlede jaar se aanteel was. Ons het ?n paar losstaande doringbome gebruik en sodoende tot op 100m in enkelgelid naderbeweeg.
Hier het ons die prooi na baie beduie en instruksies aan Charlotte uitgewys en sy het oor die driepoot aangel?. Ek was maar bekommerd synde dit redelik donker was en die senuwees seker maar geknaag het. Na wat vir my ?n te lang aanl? was het die skoot geklap en het die varke noordooswaarts van ons gevlug. Ek het deur die verkyker kon sien dat een naderhand meer noordwaarts beweeg het. My seun het gevoel dat die vark wel reageer het en goed getref was.
Daar was nie tyd vir spoorvat nie en ek het vinnig beweeg na die algemene gebied waar die vark beweeg het. Geluk was aan my kant en na ?n redelike gesoek het ek ?n donker kol onder ?n bos gewaar en toe die stert gesien. By ondersoek en met die afslag is bevind dat die skoot net voor die regtervoorbeen in is, die aorta afgesny het en beide longe beskadig het. Dit het ook die linkerbeen naby die potjie gebreek en is dwarsdeur. Ek moet bys? dat die 4-12x40 Leupold slegs op 7x vergroting gestel was vir al die skietwerk. ?n Baie goeie skoot !!!!
Ek heg fotos aan om die bloedskade te toon. Ek skat dat die spoed van die koe?l meer as 3000 vps by die tromp was.
Ek is baie trots op my skoondogter en hoop ek kan nog sulke ervaringe met haar deel.
Eerste jag vir skoondogter
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Eerste jag vir skoondogter
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Eerste jag vir skoondogter
Fotos wat nie vroeer wou saamgaan nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Eerste jag vir skoondogter
Daar's hy, nog een aanboord 
Baie geluk en sterkte om by die "nuwe" jag begroting te probeer bly
Man dis altyd lekker om te sien as nuwelinge by ons aansluit op so mooi manier. Vroulief se 243 is amper hier, voor die einde van die winter gaan ons probeer om haar ook haar eerste bok te maak l?.
Groetnis
Marc
Baie geluk en sterkte om by die "nuwe" jag begroting te probeer bly
Man dis altyd lekker om te sien as nuwelinge by ons aansluit op so mooi manier. Vroulief se 243 is amper hier, voor die einde van die winter gaan ons probeer om haar ook haar eerste bok te maak l?.
Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Eerste jag vir skoondogter
BAIE MOOI VERTELDE STORIE 
GROETNIS
DOUW
GROETNIS
DOUW
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Eerste jag vir skoondogter
Oom Driepoot,
Geluk met Oom se skoondogter se vark! Mooi geskiet ook!
Geluk met Oom se skoondogter se vark! Mooi geskiet ook!
Goed, beter, 6millimeter!
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Eerste jag vir skoondogter
Mooi Marius, hou hom so in die familie.. 
Cheers
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Ferdi
- Sr. Member

- Posts: 427
- Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm
Re: Eerste jag vir skoondogter
Daars hy nog een vir die dames. Ek het die jaar darem nog tyd vir voorbereiding met Ma en dogter daarom die .22 se lisensie wat angstig afgewag word.
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15