Page 1 of 1
Groefdraai
Posted: Sun Mar 25, 2012 10:34 am
by DawieKotze
Groefdraai het 'n invloed op die gewig en lengte van koe?ls wat akkuraat in 'n spesifieke geweer sal wees. Sov?r my min kennis strek, is hierdie stelling korrek. Kom ons s? tot 100 meter.
Vraag is nou - deur QL te gebruik kan ek basies enige koe?l laai en deur die veranderlikes (hoeveelheid spesifieke kruit, seating depth ens) te verander op 'n node (OBT) uitkom wat veronderstel is om akkuraat te wees in 'n spesifieke geweer. Sonder om enige aandag te gee aan groefdraai.
Maak QL nou die 1ste stelling irrelevant?
Waar val ek uit die bus uit?
Re: Groefdraai
Posted: Sun Mar 25, 2012 6:28 pm
by DawieKotze
So as ek in my 1:12 groefdraai, 24", 308 Win 'n 200grein Norma Oryx in QL laai en ek kry 'n node op 38.1 gr S335, dan is dit glad nie te s? dat ek 'n akkurate lading gaan kry deur verder met die TPL te speel nie?
Ludwig - Is dit die spoed of die omwentelinge wat 'n koe?l stabiliseer? My fisika laat my bietjie in die steek. As ek 'n projektiel vinniger deur 'n bepaalde groefdraai lanseer - is omwentelinge dan nie meer (per gegewe afstand - 12 duim) as 'n stadiger een nie? Ek glo nie - hy "spin" nog altyd teen s? 1 per 12 duim, maar die 12 duim gaan net vinniger verby?
Dankie vir die antwoord - ek sit en speel sommer hier op die Sondag. Is alleen!!

Re: Groefdraai
Posted: Sun Mar 25, 2012 7:57 pm
by DawieKotze
Ludwig - ek gaan nou-nou daar loop lees.
As jy praat van RPM, stem ek met jou saam. Hoe vinniger ek lanseer, hoe meer RPM.
Maar die omwenteling (spin) bly nog altyd net 1 per elke 12
duim. Maw ek meet spin per afstand en nie tyd nie. Daardie kan nie verhoog met meer spoed nie.
Nog 'n vragie
Die Greenhill formule verskaf lengtes van koe?ls wat behoort te stabiliseer met 'n sekere groefdraai, maar dit is net van toepassing op loodkern koe?ls en nie monolitiese koe?ls nie. Is daar 'n formule vir monos?
Baie dankie vir jou geduld en hulp!
Groete
Dawie
Re: Groefdraai
Posted: Sun Mar 25, 2012 8:01 pm
by tripodmvr
Dit gaan bloot oor lengte.
180gr mono is baie langer as 180 lood. Daarom moet lengte van koe?l beperk word sodat dit nie onstabiel raak nie.
Re: Groefdraai
Posted: Wed Mar 28, 2012 9:19 am
by DawieKotze
Dankie Ludwig!
Oom Gerard??????????