Page 1 of 1
watter roeper
Posted: Fri Mar 23, 2012 11:49 pm
by Jaco 7mm Rem Mag
Hallo almal
Ek gebryk nog die ou 100m draad afrol metode met mp3 speler,maar soos mens ouer word wil mens nie meer 600m op n aand loop as jy 3 keer van staanplek verander nie.ek jag nie uit nie,net op eie grond.ek soek nie n duur besigheid nie,maar iets wat my lank gan hou,so watter roeper stel julle voor?
Dankie
Re: watter roeper
Posted: Sat Mar 24, 2012 12:19 am
by visstok
Jaco, foxpro spitfire, kan 24 klanke op hom laai en hy vang ook maklik op n 100m op. Werk maklik en sy batterye hou lank. Baie van die manne op die forum gebruik die spitfire en sover ek weet is almal tevrede met hom! Normale prys is so R2500 maar daar is baie keur spisiale aanbode by die pleke. Bietjie rond shop en ek glo jy kan een vir baie goedkoper kry! Groete visstok
Re: watter roeper
Posted: Sat Mar 24, 2012 2:32 pm
by Jaco 7mm Rem Mag
Dankie visstok
Daai prys klink in orde,ek sien net nie kans vir R5000 se roeper vir wat ek met hom doen nie.
Werk hy ok met daai kaarte wat jy die klanke kan opsit en afhaal?
Groete eers
Re: watter roeper
Posted: Sat Mar 24, 2012 9:07 pm
by visstok
Ja hy werk met n memmory kaart, so jy kan klanke oplaai, af haal en ander oplaai nes dit jou pas! Groete visstok
Re: watter roeper
Posted: Sat Mar 24, 2012 10:53 pm
by Jaco 7mm Rem Mag
Dankie
Dit klink na my tipe
Groete
Re: watter roeper
Posted: Sun Mar 25, 2012 10:04 am
by theedge
Hi maat kyk na link weet nie of dit verander het nie - het nou net die link gaan haal so dink dit is nog die selfde;
http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... ame_caller
R2100.00
Re: watter roeper
Posted: Sun Mar 25, 2012 5:05 pm
by BLOK
Koop maar n Spitfire, dis n wonderlike roeper en min wat met hom verkeerd kan gaan. Maar wat die 600meter se stap betref, daai pad sal maar nogsteeds gestap moet word want geen roeper kan al self loop tot waar hy uitgesit moet wees nie.
Re: watter roeper
Posted: Sun Mar 25, 2012 7:21 pm
by Jaco 7mm Rem Mag
Dankie blok.
Net bietjie been getrek oor lopery,maar dit vat baie tydf om die draad op en af te rol.
Dankie theegee.
Klink al hoe beter,ek kan darm n paar siele agter die toonbanke wat ok dalk nog so paar pitte kan spaar.
Dankie vir hulp en lekker jag.
Groete j7mm
Re: watter roeper
Posted: Sun Mar 25, 2012 8:14 pm
by Arno Pienaar
7mm ek dink ook jy kan nie verkeer gaan met die spitfire nie hulle werk 100%. Mooiloop Pienaar
Re: watter roeper
Posted: Sun Mar 25, 2012 9:52 pm
by theedge
Jaco 7mm Rem Mag wrote:
Dankie blok.
Net bietjie been getrek oor lopery,maar dit vat baie tydf om die draad op en af te rol.
Dankie theegee.
Klink al hoe beter,ek kan darm n paar siele agter die toonbanke wat ok dalk nog so paar pitte kan spaar.
Dankie vir hulp en lekker jag.
Groete j7mm
100% maat hoop jy kom reg. Weet jy sal van die roeper hou ek is 100% gelukig met myne. Selfs die 24 klanke werk vir my
Re: watter roeper
Posted: Wed Apr 18, 2012 2:08 pm
by Jeep 1
Spitfire is maar al
Groete
Jeep
Re: watter roeper
Posted: Tue Apr 24, 2012 2:45 pm
by James Wright
ek gebruik ook die Spitfire en hy werk soos 'n bom!