Page 1 of 1

22 knaldemper.

Posted: Fri Mar 23, 2012 8:40 am
by Cobus(Cobb)
By my local gunshop het die manne sulke kd's vir .22's wat oor die loop punt skuif en dan vastrek met 3 grubscrews...
Is dit moeite werd om te koop of moet 'n ou draad laat sny en opskroef??

Ek luister graag.

Cheers

Re: 22 knaldemper.

Posted: Fri Mar 23, 2012 8:46 am
by Francois Briedenhann
Cobb.

My oom het soo een op sy .22 en daars geen probleme nie en hy werk regtig goed!

Groete FB

Re: 22 knaldemper.

Posted: Fri Mar 23, 2012 8:49 am
by James Wilson
daai soort het gladnie vir my gewerk nie

Re: 22 knaldemper.

Posted: Fri Mar 23, 2012 8:52 am
by mamba
Myne werk puik, en as ek die sub sonics gebruik is hy stroom soet  ;D

Re: 22 knaldemper.

Posted: Fri Mar 23, 2012 8:57 am
by Marc
'n Vriend van my skiet ook met so enetjie. Hy is gelukkig met hom, maar ek persoonlik verkies om maar draad te sny en dinge reg te doen.

Daai kevlar KD's werk seker goed genoeg vir manne wat nou en dan 'n skootjie of twee skiet, maar vir my stop hy te gou op. Ek het 'n stainless een laat opsit en is BAIE tevrede  ;)

Hy lyk so iets, sorry die foto is nou eintlik van die verkeerde kant vir hierdie doel  ;D

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP3302.jpg[/img]

Hy maak self die high velocities fluister  ;)

Groetnis
Marc

Re: 22 knaldemper.

Posted: Fri Mar 23, 2012 10:26 am
by BLOK
Ek weet nie watter een James op sy .22 het nie weet net hy is teflon of so iets, maar ek kan julle belowe hy sal reg langs jou staan en n skoot skiet en jy sal nie eers weet nie.

Re: 22 knaldemper.

Posted: Fri Mar 23, 2012 10:47 am
by Geno
Ek het gister die mausertjie se Terminator KD gekry.
Hier is hy langs die .25-06 se Terminator.
[img width=398 height=480]http://dl.dropbox.com/u/49750262/Miscel ... encers.jpg[/img]

Hy is baie klein in vergelyking met ander .22 KD's wat ek al gesien het.

Re: 22 knaldemper.

Posted: Sat Mar 24, 2012 11:53 am
by Marc
Geno

Daai lyk mos nou reg  ;) Laat weet bietjie wat maak hy met die STD patrrontjies ook. Moet erken die een wat ek op het is bietjie groot vir die .22  :-[

Groetnis
Marc

Re: 22 knaldemper.

Posted: Sat Mar 24, 2012 5:10 pm
by Boesman
Cobus

Ek het ook daardie soort gebruik, en het dit nog steeds in my kas. Dit werk selfs goed met HV's. In my geval, as ek ear muffs gedra het en die silencertjie opgehad het, en nie kon sien of die skoot raak of mis was nie, het ek elke keer gedink die patroontjie het gemisfire. So sag. Twee goed het my gepla: 'n keer of twee het ek in haas en onkunde die oplining gemis, en dan het die koeeltjie die exit gaatjie so effentjies geskuur (jy weet dit onmiddelik, want akkuraatheid is daarmee heen) en daardie grub screws los verskriklike lelike merke onderaan die loop. Ek sal dit verseker nie op my nuwe geweer sit nie. Maar skroefdraad lyk nog leliker...

Re: 22 knaldemper.

Posted: Sat Mar 24, 2012 10:22 pm
by James Wilson
BLOK wrote: Ek weet nie watter een James op sy .22 het nie weet net hy is teflon of so iets, maar ek kan julle belowe hy sal reg langs jou staan en n skoot skiet en jy sal nie eers weet nie.
dit is soos Blok se. ek het eers die "aanskroef" soort probeer, maar die klank was nie rerig veel minder nie. dit is nog aanvaarbaar, maar daardie opskuif soort het n invloed op my groeppe gehad. ek doen toe die teflon aanskroef een, R450 vir die kd en die arbeid. ek is baie gelukkig met die produk.

Re: 22 knaldemper.

Posted: Sun May 12, 2013 9:23 am
by BenG
James Wilson wrote:
BLOK wrote: Ek weet nie watter een James op sy .22 het nie weet net hy is teflon of so iets, maar ek kan julle belowe hy sal reg langs jou staan en n skoot skiet en jy sal nie eers weet nie.
dit is soos Blok se. ek het eers die "aanskroef" soort probeer, maar die klank was nie rerig veel minder nie. dit is nog aanvaarbaar, maar daardie opskuif soort het n invloed op my groeppe gehad. ek doen toe die teflon aanskroef een, R450 vir die kd en die arbeid. ek is baie gelukkig met die produk.

Dit klink billik, waar het jy hom gekoop?