Page 1 of 1

Boogjag: Waterpoort-Soutpansberg

Posted: Thu Mar 22, 2012 8:42 am
by Soutpansberg
Boogjag / Geweerjag beskikbaar by Waterpoort (Soutpansberg)
4000Hk berg,vlakte & sand 
Dagfooie R350 / R200 / R120 pppd
Koedoe R3000, Impala  R800, Blouwildebees R 2750,
Waterbok R4000,Eland R6000,Njala (Bul) R6000, Zebra R6000
Nog Trial Camera pics beskikbaar
Kontak my gerus by francois.pauer@gmail.com

Groete

Francois Pauer

Re: Boogjag: Waterpoort-Soutpansberg

Posted: Thu Mar 22, 2012 9:06 am
by Geno
Soutpansberg,
Neem asb deel in die ander gesprekke op die forum ook.
Vandat jy aangesluit het, het jy slegs geadverteer.

Groete,
Eugene

Re: Boogjag: Waterpoort-Soutpansberg

Posted: Thu Mar 22, 2012 12:08 pm
by Marc
Geno wrote: Soutpansberg,
Neem asb deel in die ander gesprekke op die forum ook.
Vandat jy aangesluit het, het jy slegs geadverteer.
Groete,
Eugene
Dalk net kry jy bietjie meer navrae ook  ;)

Re: Boogjag: Waterpoort-Soutpansberg

Posted: Thu Mar 22, 2012 12:31 pm
by G-force
Daai is mooi wereld.Het n paar keer daai berg geklim aan Waterpoortn se kant toe ek laaitie was.

Re: Boogjag: Waterpoort-Soutpansberg

Posted: Thu Mar 22, 2012 12:43 pm
by Soutpansberg
Die jaar word ons so bietjie gestraf met min reen. Dit veroorsaak dat ons al vroeg moet begin voer. Die berg het sy uniek eienskap om darem langer weiding te dra.

Re: Boogjag: Waterpoort-Soutpansberg

Posted: Thu Mar 22, 2012 3:15 pm
by Boogjagter
Lyk of die bokke mooi inkom. So bietjie van die punt af, maar ek is nuuskierg - word julle deur die beplande steenkoolmyne in daai omgewing beinvloed? Ek weet daar is paar wat aan die voet van die berge beplan word.

Re: Boogjag: Waterpoort-Soutpansberg

Posted: Fri Mar 23, 2012 1:11 pm
by Soutpansberg
Die Steenkoolmyn is nogal s sensitiewe saak. Net as ons dink dit het 'n stille dood gesterf, vlam daar weer gerugte op. Die laaste wat ek gehoor/ koerant is daar nou 'n BEE "partner" aangestel is. Dit wys dat die manne dit nog oorweeg. Die aksie gaan egter al die tipe boederye wat hier gedoen word, totaal uitwis. Hoop dit realiseer NOOIT .

Re: Boogjag: Waterpoort-Soutpansberg

Posted: Thu May 31, 2012 10:04 am
by henslin
M?re Francois

Ek aanvaar die pryse wat jy genoem het is vir manlike diere ( enige horinglengte ). Die groot vraag: Is daar enige beperking op horinglengtes. Persoonlik al amper 'n lelike stel afgetrap.

Groete

Re: Boogjag: Waterpoort-Soutpansberg

Posted: Thu Oct 11, 2012 4:09 pm
by Gert Odendaal
Hallo Francois
Hoe ver is julle plaas van SOJA af?