Page 1 of 1
Eland teen redelike prys
Posted: Sat Mar 17, 2012 5:04 pm
by grumpy
Middag manne, ek is op soek na n Eland die seisoen teen n redelike prys. Ons is vier manne wat sal deel so as iemand weet van Elande teen n redelike prys laat weet my asb of pm my. Kyk na so Junie Julie se kant asb.
Die manne se enige iets in die R5 000 prys daar rond.
Dankie
Grumpy

Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sat Mar 17, 2012 6:25 pm
by pietjacobs
Grumpy is Kimberly te ver?
Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sat Mar 17, 2012 6:53 pm
by Marc
Piet
As jy bulle het teen 5k ry ek dalk daar by julle om

Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sat Mar 17, 2012 7:05 pm
by pietjacobs
Marc laat weet my ook as jy daai prys kry nader aan Gauteng. Ek kan jou help vir R5500?
Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sat Mar 17, 2012 7:27 pm
by Marc
Piet
As ek iets hoor sal ek skreuuuuu, maar ek twyfel of ek dit gaan regkry. Hier rond kry ek vir tussen 7k en 10k biltong bulle.
Groetnis
Marc
Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sat Mar 17, 2012 8:27 pm
by Evert
Botswana Ghanzi Eland bulle onder 34" vir P5000
Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sat Mar 17, 2012 9:43 pm
by grumpy
Pietjacobs, jong, ek dink nie dit is darem te ver nie. Stuur my meer besonderhede en verblyf kostes ens asb. Klink goed vir my. Kan dan sommer vir vrou by haar ma aflaai as ek gaan jag dan het sy ook darem bietjie tyd by haar ma.
Dankie
Grumpy

Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sat Mar 17, 2012 10:15 pm
by kopskoot
Piet
Is dit n spesiale prys vir n vriend, of vir enige ou. Indien wel , sal ek ook asb die res van jou inligting wil ( dag fooi, verblyf en ander spesies)
Sal dit waardeer.
Groete
Ronald
Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sun Mar 18, 2012 6:51 am
by pietjacobs
Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sun Mar 18, 2012 9:32 am
by grumpy
Piet, die plek lyk mooi. Ek het gaan kyk en glad nie sleg nie en verblyf ook nie te sleg nie. Bietjie ver maar hang alles af van pryse op die wild. As jy na so plek gaan moet jy nog wild skiet want dis ver en jy moet dit die moeite werd maak om so ver te ry.
Ek is maar nog oop as iemand weet van n plek asb.
Die pajama donkie wat die vrou wou he is nou uit want sy het sommer n ou kommin mat gaan koop!!
As daar nog plek is wat iemand van weet asb manne. As die pryse reg is dan wil ek sommer nog ander wild ook skiet.
Dankie.
Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sat Apr 07, 2012 1:30 pm
by grumpy
Nog iemand wat Elande teen redelike pryse kan kry asb.
Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sat Apr 07, 2012 4:16 pm
by DWB
Grumpy, hier is 'n bergplaas by Piet Retief (klem op BERG) waar hulle laat jag teen R28/kg R250 per jagter per nag
Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sat Apr 07, 2012 8:26 pm
by grumpy
DWB, ek skiet mos nie die kg, ek wil die Eland skiet!! Ek kry pryse op 4500 en 5000 vir koeie. Goeie prys maar ek soek net plek wat nie te ver van JHB is nie.
Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sat Apr 07, 2012 8:30 pm
by DWB
Ja jong, ek verkies ook die prys per bok.... Maar nou ja
Re: Eland teen redelike prys
Posted: Sat Apr 07, 2012 9:05 pm
by grumpy
Ek ky maar nog rond vir iets nader aan my. As ek een krygaan ek hom haal, so nie sal ek maar weer Koedoe skiet en my twee seuns gaan ek laat n Rooibok elk skiet. Ek is genooi om Blesbokke te gaan skiet maar sal nog sien. So baie manne het my genooi en as ek moet gaan dan sal dit 9 keer wees! Ek het darem nie die geld om so baie te gaan jag nie.
Van die kinders wat ek afrig by die skool se pa s wil he ek moet saam met hulle gaan en so baie ander manne. Dit sal lekker wees maar jis, geld is nou nie SO volop nie om saam met almal n bok te gaan skiet.
Ek sal maar die opsies moet kyk en besluit en dan weer volgende jaar saam met van die ander manne gaan.
Lekker om so vriende te he wat jou so nooi! Hulle weet ek hou van jag en hoe ek jag en dit is wat hulle wil he. Ons gaan om te jag en nie om te suip nie.
Ek sal miskien n bier of so drink die aand voor ek gaan jag die oggend en vroeg gaan slaap sodat ek vars is die oggend en dan lekker jag. Die aand voor ek terug kom sal ek weer iets drink as ek so voel so nie suip ek die koeldrank vir hulle!!

Ek hou daarvan om te braai en lekker te gesels van die dag se jag om die vuur. Party manne is anders en vat kaste drank weer om te suip en nie te jag.
Ek het min vriende maar baie kennisse en dis hulle wat my nooi om saam te gaan jag.
Sal jou laat weet as ek iets naby kry as jy belang stel.
Groete
Grumpy
