Page 1 of 1
My 308W in QL sukkel
Posted: Sat Mar 17, 2012 4:28 pm
by Arnold
Ek weet ek moet nou eintlik nie hier vra nie maar dit is ook om te wys dat ek nie altyd alles weet nie. Alhoewel ek die OBT metode hier bekend gestel het en self ondervind het dit werk, maak S335 en my 308W my kop draai.
Julle ouens wat nou al baie QL gespeel het moet asb help verduidelik.
308W - loop lengte 623mm (Hart loop met 12.7" twist en 2011 FullBore kamer met geen headspace)
155gr Nosler CC - 68.8mm TPL (0.2mm vanaf die lands)
W-W dop 58gr h20 kapasiteit
43.5gr S335 (lot 690) - 2861 fps (gemiddeld van 5 skote, 2858/2855/2860/2862/2872)
Op 300m skiet ek vandag 'n 5 skoot groep met 0.3 MOA elevasie met bogenoemde lading (die wind het bietjie gewaai en dus gee ek nie die groep se groote nie)
Ek is natuurlik opgewonde met die resultate maar sou dit graag wou verduidelik.
Geen tekens van druk is gekry nie en ek het die volgende ook geskiet met die opwerk na die lading ...
42.0gr - 2754 fps
42.5gr - 2789 fps
43.0gr - 2834 fps
As ek dit in QL sit begin dit sinmaak as ek die weighting factor stel en al hoe ek dit kan regverdig is oor die custom loop en dat die loop meer spoed gee???
Maar ek kom net nie by die OBT en daardie spoed nie. (my chrono kan seker verkeerd wees maar ek het so bietjie vertrou in die ou Oehler)
Re: My 308W in QL sukkel
Posted: Mon Mar 19, 2012 10:15 am
by 3006
More Arnold
Ek is geen expert nie en skiet self .308. Volgens die Bisley manne is laat verlede jaar se lotte 335 redelik stadig en jy moet maar ekstra poeier gooi. Ek self het n 24 duim loop en toe hy nog nuut was het ek ook hier by 2800 v/s gekry met 43g. N paar van my pelle hardloop ook huidiglik by 2800 v/s met 43g - 43.5g S335 sonder druk tekens.
Groete
Cobus
Re: My 308W in QL sukkel
Posted: Mon Mar 19, 2012 10:51 am
by Wouter Roets
Hallo Arnold
Na die PM wat jy gestuur het met S321 lyk dit asof daai loop van jou baie styf kan wees. Wat was jou resultate met vroeer ladings? Ek sal baie versigtig wees om die Weighting Factor te verklein. Die druk wat jy ondervind het met S321 bevestig dat die kronograaf werklike lesings gee.
Laat weet maar sodat ons kan probeer agter die kap van die byl kan kom.
Groetnis
Wout
Re: My 308W in QL sukkel
Posted: Mon Jun 04, 2012 8:52 am
by Yogi
More manne,
Ek het die naweek bietjie toetse met die 308 en QL gedoen en moet erken ek is 'n leek so sal wardeer as die kenners vir my kan help.
Hier is my gegewens:
Punt: 308 150gr Hornady BTSP 3033
H2O gewig: 55.23gr
Cartridge lengt: 71.1mm
Case Length: 50.83mm
Barrel lengt: 25.98mm
S335 kruit grein met die chrony gemeet gee my 'n gemiddeld van 2672fps
Wat moet ek doen om QL reg te stel en watter lading kom julle kenners by uit.
Sal die hulp baie wardeer.
Re: My 308W in QL sukkel
Posted: Mon Jun 04, 2012 9:04 am
by Arnold
Yogi wrote:
More manne,
Ek het die naweek bietjie toetse met die 308 en QL gedoen en moet erken ek is 'n leek so sal wardeer as die kenners vir my kan help.
Hier is my gegewens:
Punt: 308 150gr Hornady BTSP 3033
H2O gewig: 55.23gr
Cartridge lengt: 71.1mm
Case Length: 50.83mm
Barrel lengt: 25.98mm
S335 kruit grein met die chrony gemeet gee my 'n gemiddeld van 2672fps
Wat moet ek doen om QL reg te stel en watter lading kom julle kenners by uit.
Sal die hulp baie wardeer.
Lees bietjie jou post mooi deur en gee so bietjie die regte detail. Daai spoed klink elkgeval naastenby reg vir goeie groepe uit die 308 met daai gewig koeels.
Re: My 308W in QL sukkel
Posted: Mon Jun 04, 2012 9:14 am
by Yogi
Oorspronklik voorspel QL dat die spoed 2836f/s moes wees. Is ek dus korrek as ek s? dat ek die Ratio of specific heats moet aanpas om npu vir my die spoed van 2672fps te gee of is daar van die ander veranderlikes wat ek moet "tweak". Dankie vir die antwoord Arnold, soos ek s? is ek nog 'n leek so watse ander "regte" detail word nog benodig?
Re: My 308W in QL sukkel
Posted: Mon Jun 04, 2012 9:32 am
by Wouter Roets
Yogi
Wat is jou looplengte en wat was die lading?
Groetnis
Wouter
Re: My 308W in QL sukkel
Posted: Mon Jun 04, 2012 9:49 am
by Yogi
Thanx Wouter, sien nou my fout, voel nog meer stupid.
Looplengte is 660mm. Kruit is 43gr S335
Re: My 308W in QL sukkel
Posted: Mon Jun 04, 2012 10:13 am
by Wouter Roets
Yogi
Maak jou Burning Rate Facktor 0.5950 dan is jy spot-on.
Groetnis
Wouter
Re: My 308W in QL sukkel
Posted: Mon Jun 04, 2012 10:31 am
by Yogi
Dankie Wouter,
Hier kom my vraag nou in.
As ek my Burning Rate Facktor 0.5950 maak, dan kom ek by 2786fps uit en nie die 2672 nie. Het die temparutuur na 80F gestel.
Is dit dalk moontlik vir jou om 'n screenprint te plaas of te pm sodat ek kan sien waar ek die ding mis het want die fout l? vir seker by my. Of kan ek dalk vir jou my screenprint mail? Ek wil graag nou vir eens en altyd die ding onder die knie kry, dit laat my al wakker l
Re: My 308W in QL sukkel
Posted: Mon Jun 04, 2012 2:05 pm
by Wouter Roets
Yogi
Deur aan jou temeratuur te stel maak hy outomaties jou Burning Rate Factor hoer. Los hom op 70 en doen dan wat ek voorgestel het en jy sal sien jou spoed sal ooreenstem.
Groetnis
Wouter
Re: My 308W in QL sukkel
Posted: Mon Jun 04, 2012 2:30 pm
by Yogi
Dankie Wouter, Sal so maak.