Page 1 of 1
Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Fri Mar 16, 2012 12:36 pm
by mamba
Het iemand al die Hornady GMX 150gr gelaai vir die 308 Win? Ek gebruik S341 al jare ma die punte is langer as die ou punte wat
ek gebruik het. Dit wil vir my voorkom dat die kruit redelik kompak gaan wees. Enige raad?
Cheers
Re: Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Mon Mar 19, 2012 6:20 pm
by Flip Fouche
mamba
Ek gebruik die Hornady 150gr GMX met groot skukses op my 308.
150gr GMX
42.5gr S335
TPL 71.1mm
Spoed 2758 ft/s
Groete
Flip
Re: Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Mon Mar 19, 2012 6:28 pm
by Flip Fouche
mamba
Kyk na hierdie topc: jaracal.com/index.php/topic,3577.0.html
Groete
Flip
Re: Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Tue Mar 20, 2012 7:49 am
by mamba
Dankie Flip,
Dit wil voorkom dat S341 nie gewild in met die GMX's nie.
Cheers
Re: Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Tue Mar 20, 2012 1:49 pm
by ablm468
Flip
Dis nou interressant, ek het nou net 'n post opgesit oor Gmx?, vertel my hoe ondervind jy die punte itv vlesskade en gewigretensie.
Groete
Hansman
Re: Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Tue Mar 20, 2012 4:33 pm
by ablm468
Ludwig
Dis vir my goeie nuus.
Ek het gister my pakkie vir sieson gekoop.
Groetnis
Hansman
Re: Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Tue Mar 20, 2012 8:03 pm
by Danie Lombard .243
Dit wil my voorkom of Hornady 'n bakgat punt gemaak het, die GMX Ek is self lus om van die punte te begin gebruik vir jag. Ek wil graag meer hoor van persone wat al met die punte gejag het.
Re: Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Tue Mar 20, 2012 8:40 pm
by VdWalt
Ek skiet die 165gr GMX in my 300wm @ 2900 fps. Ek het nog niks groots geskiet nie, net
n rooibok ram, blesbok en springbok ooi.

Uit die aard van die saak het ek nie my koeels terug
gekry om te weeg nie! Uit die uitgans wond op die springbok kon mens sien die koeel het
mooi oopgemaak selfs op so ligte bokkie. Vleis skade was minimaal op almal.
Ek sal sonder om te tweifel bwb en eland met hulle aanvat. Ek sal hulle ook in my 6.5x55 skiet
sodra ek die hope Noslers wat ek gekoop uitgeskiet het of ek nie meer selfbeheersing het
en sommer net eenvoudig n pakkie of wat gaan koop.

Re: Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Tue Mar 20, 2012 10:35 pm
by ablm468
Manne ek herlaai nou my GMX'e my tpl is 72,15mm maar dit lyk my na 'n kompakte lading, jy kan hoor hoe druk die punt die kruit uit die pad uit.
Is daar enige gevare aan verbonde as die lading kompakteer word, ek laai 43gr s335 in my plankgeweer.
Gebruik nosler doppe.
Groete
Hansman
Re: Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Wed Mar 21, 2012 2:50 am
by mamba
Soos ek dit sien volgens die Somchem boek, moet mens die Barnes X se gedeelte gebruik.
S335
Min 36gr
max 40gr
met 150gr GMX's
Ek het vir vandag se skiet dit so gelaa, 36-40gr in stappe op. sal bietjie kyk wat maak hulle.
Re: Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Wed Mar 21, 2012 9:49 am
by Wouter Roets
Hansman
Solank die poeier nie die koeel weer uitdruk uit die dop of jou gekose TPL nie is daar nie n probleem nie. Jy kan n lang droptube van MTM gebruik om die kompaktering te verlig of die dop vibreer sodat die poeier beter settle.
Mamba
Onthou met herlaai is dit nie die maksimum lading waarop geag moet word nie maar die maksimum spoed wat gedagte gehou moet op word. Al verlang jou geweer n groter lading om by daai soed uit te kom is dit nog steeds veilig.
Groetnis
Wouter
Re: Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Wed Mar 21, 2012 10:40 am
by ablm468
Flip
Het jy enige tekens van druk op jou 308 met daardie lading, as ek luister wat Mamba se oor die somchem tabelle, is die max 40gr vir 'n Barnes x?
Ek het so gedink, siende ek 43gr gebruik op my 155gr match Noslers @2900fps behoort ek na aan dieselfde indien nie bietjie vinniger op die GMX'e te kry, maar ek erken het nog nie met mono ko?ls herlaai nie. TPl is nie 'n probleem nie aangesien ek met plankgeweer skiet het nie 'n magasyn nie.
Ek het dit getoets in die geweer die slot gaan gemaklik toe, nie te styf nie ook nie sonder spanning nie.
Vraag is, is ek op die regte pad, ek kry nie terugvoer van die ander forums waaraan ek behoort oor die punte nie, lyk my daar is nog nie so baie manne wat die goed gebruik nie.
Groetnis
Hansman
Re: Hornady GMX 150gr for 308
Posted: Thu Mar 22, 2012 7:06 am
by Flip Fouche
Hansman
Ek het geen druk probleme op 308 ervaar nie.
Ek maak soos Wouter my geleer het, toets die spoed.
Groete Flip