Hallo Manne en Mannine
Daar word deesdae al hoe meer skrywes geplaas wat een of ander rasistiese aanmerking bevat. Vryheid van spraak word deur die Forum erken maar ongelukkig is hierdie n onderwerp wat onsaglik sensetief in ons land is. Die uisprake en opmerkings verteenwoordig ongelukkig ook die bree skiet en jag publiek. Hou dit asb in gedagte met julle skrywes. Onthou weereens dat ALMAL kan lees wat hier geskryf word en dit dan ook gebruik word vir enige aksie teen wapeneienaarskap of anti-jag veldtogte.
Een van die geheime hoe ons, ons voorbestaan kan verseker is om die skiet en jag bedryf aan so groot as moonlike demografiese publiek beskikbaar te maak. Deur enigsins hierdie passie van ons te beperk aan n sekere etniese of rasse klas gaan ons niks in die sak bring nie.
Hierdie is n vriendelike versoek maar sal tog streng toegepas word deur die bestuur van die Forum, so julle samewerking sal opreg waardeer word.
Groetnis
Wouter
Rassisme op die Forum
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Rassisme op die Forum
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Rassisme op die Forum
Manne en Mannine
Een van die groot suksesverhale van die Forum is die pragtige onspanne luim wat hier heers. Grappe word gemaak en die meeste mense komunikeer lekker informeel met mekaar. Hier is nie hordes reels nie en ek glo almal wil dit so behou.
My vermaan gaan grotendeels oor rasistiese verwysings na anderskleurige mense. Maak nie saak n persoon se persoonlike uitkyk nie maar hierdie tipe gedrag is onvanpas. Ons almal is bewus van ons kulturele verskille en dit dui op n gesonde samelewing wat die humor daarin kan sien. Die erkenning en spot dryf daarvan word deur die meeste mense aanvaar maar bly maar n fein lyn sodat dit nie persoonlik raak of aanstoot gee nie.
Hier is ongelukkig n paar manne wat maar net te gereeld hulself skuldig maak om onvanpaste opmerkings te maak wat hierdie lyn oortree. Ek weet dit word baie keer grappendsgewys gedoen maar die inhoud bly onvanpas. Ek hoop die persone let op die skrywe sodat verdere stappe nie nodig sal wees nie. Ek glo ook dat dit onnodig is om met PM's deur die moderators met hierdie persone betrokke te raak oor die saak. Elke persoon is geregtig op sy siening en oorwegings maar die oomblik as dit aanstoot gee moet die persoon dit respekteer en staak.
Dankie manne vir julle ondersteuning want dit is maar n teer en netelige sakie. Ons almal is bewus dat die oorgrote meerderheid op die Forum wit Afrikaanssprekende mans is en die meeste is trots op ons herkoms en kultuur waarvan jag en gewere n diep wortel is, maar ons sal verseker nie ook bekend staan as rasiste nie!

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Rassisme op die Forum
Wouter / Almal
Mag ek dalk bynoem dat hierdie nie slegs 'n "politieke" of "beeld van die forum" -issue is nie. Nie al die staatmakers en beter vriende hier op die forum is "wit en Afrikaans" nie. Hou dus in gedagte hoe ander dalk ons woorde en bedoelings mag interpreteer, veral as daar rassistiese konnetasies aan ons woorde gekoppel kan word.
Mag ons dit regkry om mekaar en ander op "karakter" en "inbors" te oordeel, eerder as aan "die kleur van 'n vel".
Groete & Mooiloop
Louis

Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Rassisme op die Forum
Geen rassisme en/of bevooroordeeltheid teenoor mense op grond van velkleur sal op hierdie forum toegelaat word nie. Dit is en was nog altyd die re?l op hierdie forum en dit is nie onderhandelbaar nie. Indien ons lede a.g.v. hierdie re?l moet verloor, "so be it". Geen rede om hieroor emosioneel te raak en van die punt af argumente te soek nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Rassisme op die Forum
Goeie dag Boys en Girls
Ek het die thread van die begin af dop gehou en ek glo die intensie waarmee dit begin was is heel van pas en nodig gewees.
Niemand was persoonlik aan geval nie en die globale beeld van die forum en ons as lede se belange was op die hart gedra.
Dit is so dat dit 'n sensitiewe saak is, maar dit is vir elkeen om te besluit in sy hart en dit daar en of in sy eie persoonlike omgeweing uit te sorteer.
Ons is 'n forum met een doel voor o? en een doel alleenlik. Dit is om ons passie vir wapens, jag en die bestryding van onnuts diere te bevorder.
Ek het vir Louis en Wouter wat die moderators is wat leiding geneem het gekontak omdat ek sien die dinge het bietjie hand uit geruk, ongelukkig kon ek nie vinnig genoeg enige een in die hande kry nie en ek het dit toe op myself geneem om besluit te maak en die Thread skoon te maak en te stop omdat die laaste posts baie snedig begin raak het en baie swak beeld sou skep.
Ek het slegs die moderators so posts gelos wat die riglyne daar stel van wat verwag word van die optrede van elke forum lid en die reels wat gepaard gaan. (Wouter jammer ek vra omverskoning ek het per ongeluk ook jou laaste post verwyder)
Boys die reels is nie onderhandelbaar nie, soos in geensins, los die politiek, 'n ander man se kerk en vrou uit. Hou grappe skoon en in goeie luim. Gesels oor die bepaalde topics met feite en ervaring en probeer nie onnodig af dwaal nie. Die is die enigste paar reeltjies wat ons het. Kom ons hou daarby.
Dankie
Neels

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Rassisme op die Forum
Hallo mede Forum lede
Die versoek is destyds gemaak en die redes vir dit is duidelik gestel. Dis een van die min voorwaardes wat gestel is met die gebruik van die Jaracal Forum.
Huidiglik is daar n paar besprekings wat verwyder is agv die inhoud wat dierekte korrelasie het met rasisme wat bespreek word. Die bestuur erken dat dit n groot deel en kwelpunt is van ons land en samelewing maar staan vas dat ons dit nie hier op die Forum wil deel maak nie. Daar is menigte platforms waar dit wel elders bespreek kan word.
Respekteer asseblief Jaracal Forum se standpunt in die verband. Kom ons geniet die Forum vir wat hy wel geskep is!