Page 1 of 1

waar kan ek roepklanke vir foxpro in die hande kry?

Posted: Tue Mar 13, 2012 8:04 pm
by the kid
Ek lees baie van manne wat se hulle neem hulle eie klanke op, of laai mp3 files op hulle foxpro. kan iemand my asb se of die klanke erens te koop is? Of download julle dit erens? Waar kan ek Suid Afrikaanse klanke kry? of is die klanke waarmee hulle uitkom goed genoeg?

Re: waar kan ek roepklanke vir foxpro in die hande kry?

Posted: Tue Mar 13, 2012 8:25 pm
by Ian
Deur jou skrywe kan ek agter kom dat jy 'n beginner is.
Net'n voorstel, gaan doen eers 'n kursus by een van die groot Kalibers soos Taffie, Heinrich, Neil of Louis 102. Jy sal cd's met klanke by hul kry en hulle sal jou leer om dit reg te gebruik.

Groete

Re: waar kan ek roepklanke vir foxpro in die hande kry?

Posted: Tue Mar 13, 2012 10:50 pm
by the kid
Dankie Ian,
Ek is nie 'n jakkals jagter nie, Ek is 'n stadsjapie, wat 2 tot 3 keer 'n jaar by my neef gaan kuier op Reddersburg. Hy is 'n skaap boer, maar elke jaar laat hy my 'n paar bokke daar skiet. Ek het die foxpro vir hom gekoop as 'n dankie se geskenk. Wou net graag vir hom 'n paar "local" klanke opsit.

Re: waar kan ek roepklanke vir foxpro in die hande kry?

Posted: Sun Mar 18, 2012 3:28 pm
by johann
Gewoontlik het baie jag winkels jakkals CD's van oom H Funk, jy kan ook vir oom taffie kontak vir sy CD. Jy kan dit sommer deur die pos laat kom.
Groete Johann

Re: waar kan ek roepklanke vir foxpro in die hande kry?

Posted: Sun Mar 18, 2012 10:11 pm
by the kid
Dankie Johan,
Hier in Durban het ek nog nie sulke C.D's gesien nie.
Ek sal maar rond kyk. enige idee wat so C.D sal kos?

Re: waar kan ek roepklanke vir foxpro in die hande kry?

Posted: Mon Mar 19, 2012 6:49 am
by visstok
The kid, jy kan die cd's deur die pos bestel, kontak vir oom Heinrich, Jaracal, dan kan jy sommer lekker dvd's ook bestel wat jou baie leer van jakkals roep! Groete visstok

Re: waar kan ek roepklanke vir foxpro in die hande kry?

Posted: Mon Mar 19, 2012 10:56 am
by johann
Oom taffie sin was R250 posgeld ingesluit. En die ander ook maar in daai omgewing. Kyk onder www.jackalpro.com. Ek het van my CD's al by hul gekoop
Groete Johann