Page 1 of 1

Nuwe lid uit Duitsland

Posted: Sun Sep 20, 2026 8:57 am
by GermanSaffer
Goeie Môre

Ek is nuut op die forum. Ek woon die laaste 13 jaar in Duitsland. Ek is bevoorreg met jag plek 10min van my huis . Ek jag 99,9% van die tyd roe deer. Aan die begin het ek gedink ek sal my dood verveel on net een spesie te jag, maar dit het nooit gebeur nie. Ek maak 90% van die tyd boerewors van die wild wat ek skiet. Meng dit met 50% pork belly vir vet en om dit biethiente stretch en meng met Freddy Hirsch se biltong spices.

Ek skiet ook graag kleiduif in Nederland (ek woon naby aan die grens).

Re: Nuwe lid uit Duitsland

Posted: Sun Sep 20, 2026 4:01 pm
by Ds J
Baie welkom - is daar enige kleiduifbane in Duitsland?

Re: Nuwe lid uit Duitsland

Posted: Sun Sep 20, 2026 11:08 pm
by Eduard Venter
Welkom hier... Vertel gerus n jag storie wanneer jy weer een van daai outjies omgedop het

Sent from my SM-G780F using Tapatalk


Re: Nuwe lid uit Duitsland

Posted: Mon Sep 21, 2026 4:18 pm
by Zuku
Welkom

Re: Nuwe lid uit Duitsland

Posted: Tue Sep 22, 2026 7:17 pm
by GermanSaffer
Ds J wrote: Sun Sep 20, 2026 4:01 pm Baie welkom - is daar enige kleiduifbane in Duitsland?
Naand Ds. Daar is. Die naaste een aan my is in Coesfeld (nie te vêr van Münster nie. ;) ) Maar ek verkies Nederland. Die bane en atmosfeer is beter. Ek skiet ook meer as wat ek wag. Die meeste kleiduifbane in Nederland het ook 'n teras waar mens koffie en alkohol freie Radler kan drink tussen sessies. En van hulle het ook 'n restaurant. Dit maak vir 'n lekker dag uit.

Re: Nuwe lid uit Duitsland

Posted: Tue Sep 22, 2026 7:44 pm
by GermanSaffer
Eduard Venter wrote: Sun Sep 20, 2026 11:08 pm Welkom hier... Vertel gerus n jag storie wanneer jy weer een van daai outjies omgedop het

Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Danke!

Het 'n maand of wat terug my jag geweer verkoop. Wag tans vir my nuwe roer se kolf om terug te kom. Ek het 2 Spartan gunsmith adapters laat aanbring. Wil kyk om voor einde Oktober tenminste 2 of 3 jong bokke en hulle moeders te skiet. Ek sou verkies om hulle later in die seisoen te jag as daar bietjie meer vleis aan hulle is, maar dit word moeiliker om hulle te kry hoe korter die dae word.

Ons voorportaal. Moet nog een trofee ophang (tussen werk en die familie kalender is tyd min).

Image

Re: Nuwe lid uit Duitsland

Posted: Wed Sep 23, 2026 7:39 am
by Ds J
Baie dankie!