Page 1 of 1
hoeveel vuurwapens
Posted: Sun Mar 11, 2012 11:34 pm
by visstok
Goeie naand manne, hierdie is seker n dom vraag, maar as ek verseker geweet het sou ek dit nie gevra het nie. Wat se die wet nou, hoeveel vuurwapens mag ek besit? Jaggewere, haelgeweer en handwapens? Groete visstok
Re: hoeveel vuurwapens
Posted: Sun Mar 11, 2012 11:47 pm
by Beer (Christo)
As jy net 'n geleentheids jagter or sportskieter is, is dit 4 wapens, waarvan slegs 1 vir selfverdediging mag wees. Jy mag ook net 200 rondtes per lisensie he.
As jy toegewyde status deur 'n goedgekeurde jag vereninging het, val die maksimum van 4 wapens weg, maar jy moet kan motiveer waarvoor jy die wapens nodig het. Daar is ook dan nie die 200 rondtes beperking nie.
Re: hoeveel vuurwapens
Posted: Sun Mar 11, 2012 11:50 pm
by Sako75
Visstok,
As jy geleentheidsjagter is mag jy 'n maksimum van 4x wapens he. Gewoonlik maksimum 1x vir selfverdediging. Jy sal nie maklik lisensies vir meer as 1x handwapen of 1x haelgeweer kry nie as jy nie kan bewys dat daar 'n wensenlike verskil tussen twee van dieselfde tipe is nie (soos handwapen vir selfverdediging en handwapen vir jag).
200 Rondte beperking per kaliber ook.
Re: hoeveel vuurwapens
Posted: Mon Mar 12, 2012 2:45 am
by visstok
Baie dankie, met die 4 wapens, hoeveel mag jaggewere wees? Ek het n .22 en daar is n 303 erfstuk wat nou op my naam moet kom, ek wil vir my n 243 aanskaf, as n geleentheids jagter, gaan ek vir die 303 en die 243 lesensies voor kan kry? Daar is ook n haelgeweer en n 38 revolver wat van my pa en my ma se name af oor op my naam moet kom, maar ek wil eers die jaggewere kry, sal later plan maak met die ander. Hoor graag wat se julle manne wat se die wet. Groete visstok
Re: hoeveel vuurwapens
Posted: Mon Mar 12, 2012 6:29 am
by Marc
Visstok
Jy kan net vier wapens op enige tyd besit as jy nie toegewyd is nie 
Jy kan of 4x jag gewere besit
1xhandwapen 1x haelgeweer en twee jag gewere
1xhandwaper 3x jag gewere
1xhaelgeweer 3 x jag gewere
Skommel soos jy goed dink maar dit bly net vier {Sonder toegewyde status} en maksimum 1x handwapen en of 1x haelgeweer vir selfverdediging.
So sonder om jou deurmekaar te maak, as jy nie van 'n handwapen hou vir selfverdediging nie is dit moontlik om twee haelgewere te besit. 1X selfverdediging en 1x vir jag
Besluit wat jy wil doen met jou gewere en hou dan die wat jy regtig benodig. As jy meer gaan bos jag, vat die .303 en leer hom verstaan; as jy meer in die vlaktes gaan jag kry die .243
AS EK JY WAS HET EK DIE .22, .303, Haelgeweer en .38 {Vir selfverdediging} WAT "GRATIS OPPAD IS" EN ERFSTUKKE GAAN WEES, ALMAL GEVAT VIR NOU. DAN BEPLAN EK SOLANK WANNEER EN WAAR EK TOEGEWYDE STATUS KAN BEKOM EN BY WATTER VEREENIGING EK WIL AANSLUUT VIR DAAI .243, EN SOMMER DALK 'N GROTER LOOD GOOIER OOK, SE LIKSENS 
My 2c, hoop dit help
Groetnis
Marc
Re: hoeveel vuurwapens
Posted: Mon Mar 12, 2012 6:54 am
by visstok
Baie dankie Marc, dink ek gaan jou raad volg, sal later 243 vir die jakkalse kry, my pa se 270 werk lekker vir eers. Nog n dom vraag, om toegwyde status te verkry in hetsy jagter of sportskud, wat is die regte pad om te volg by albei? Ek neem aan vir n begin moet jy by n vireniging aansluit, en dan die pad voorentoe? Dankie sover vir almal se insette, hoor graag verder! Groete visstok
Re: hoeveel vuurwapens
Posted: Mon Mar 12, 2012 7:25 am
by Martin1
Marc
Ek dink jy sit die pot mis jy kan alleen net 2xjaggewere 1xhandwapen 1xhaelgeweer he dis wat ek by die hoof van poliste gehoor het
Re: hoeveel vuurwapens
Posted: Mon Mar 12, 2012 8:06 am
by Roger
Martin1 wrote:
Marc
Ek dink jy sit die pot mis jy kan alleen net 2xjaggewere 1xhandwapen 1xhaelgeweer he dis wat ek by die hoof van poliste gehoor het
Jy kan of 4x jag gewere besit
1xhandwapen 1x haelgeweer en twee jag gewere
1xhandwaper 3x jag gewere
1xhaelgeweer 3 x jag gewere
Bogenoemde is 100% reg.
Roger!
Re: hoeveel vuurwapens
Posted: Mon Mar 12, 2012 8:14 am
by JPS
visstok wrote:
Baie dankie Marc, dink ek gaan jou raad volg, sal later 243 vir die jakkalse kry, my pa se 270 werk lekker vir eers. Nog n dom vraag, om toegwyde status te verkry in hetsy jagter of sportskud, wat is die regte pad om te volg by albei? Ek neem aan vir n begin moet jy by n vireniging aansluit, en dan die pad voorentoe? Dankie sover vir almal se insette, hoor graag verder! Groete visstok
Vistok,
Doen dit deur NSA (as jy net die kaartjie wil he wat wys jy is toegewyd). Kos baie minder as deur al die ander instansies en is redelik pynloos en bitter vinnig om te doen.... (NSA = National shootin association, hulle web adres =
www.natshoot.co.za) Jy betaal, kry jou studie materiaal, waneer jy reg is bel jy hulle stuur vir jou die link om die toets af te le as jy dit slaag dan gaan jy skietbaan toe skiet die spesifieke teiken en stuur vir hulle en dan stuur hulle jou toegewiede status...
Groete
JP
Groete
JP
Re: hoeveel vuurwapens
Posted: Mon Mar 12, 2012 8:15 am
by visstok
Martin, dis hoe ek dit ook gehaat het maar het by ander mense anders gehoor, dis hoekom ek die vraag gevra het. Ek gaan Marc se raad volg en vir eers die 303, haelgeweer en rewolwer op my naam sit. Saam my .22 is ek dan darem nog in die wet. Hoor graag wat se julle oor die toegewyde status. Groete visstok
Re: hoeveel vuurwapens
Posted: Mon Mar 12, 2012 8:25 am
by visstok
Baie dankie JP, dit klink na n goeie opsie! Ek beplan om by n jagters vereniging aantesluit, hoe werk dit as jy dit so wil doen? Groete visstok
Re: hoeveel vuurwapens
Posted: Mon Mar 12, 2012 9:30 am
by Beer (Christo)
visstok wrote:
Baie dankie Marc, dink ek gaan jou raad volg, sal later 243 vir die jakkalse kry, my pa se 270 werk lekker vir eers. Nog n dom vraag, om toegwyde status te verkry in hetsy jagter of sportskud, wat is die regte pad om te volg by albei? Ek neem aan vir n begin moet jy by n vireniging aansluit, en dan die pad voorentoe? Dankie sover vir almal se insette, hoor graag verder! Groete visstok
Visstok
Jy moet net versigtig wees. Volgens die nuwe wet mag jy nie meer 'n vuurwapen leen nie, nie eers by jou pa nie. Die wapen moet onder die direkte toesig van die lisensiehouer wees. Weet nie of julle op dieselfde grond boer of so nie, maar as hulle jou met die wapen kry, gaan jy en jou pa moeilikheid kry.
Re: hoeveel vuurwapens
Posted: Mon Mar 12, 2012 9:47 am
by visstok
Dankie beer, daai een ken ek darem, as ek hier rond gaan roep gaan my pa maar altyd saam, as ons op die plaas is jag ek alleen met sy wapen. Dis hoekom ek so spoedig moonlik n 243 soek, want my pa kan nie altyd gaan jag as ek wil nie. Groete visstok