Page 1 of 1

Herlaai vir lever action 38 Spl/357 Mag

Posted: Thu Jul 30, 2026 8:07 pm
by Fano
Ek het onlangs n lever action in die kalibers aangeskaf, die gun het n 16 duim loop. Ek het mp200 en s265 beskikbaar en n verskeidenheid koeëls gewigte.
My eerste vraag is of dit sin maak om quickload te probeer gebruik om sweet spots vir die geweer te beteken.
Die ladings in somchem boekie is vir 4 of 6 duim lope so die spoed wat ek kry is beduidend hoër. Hoe ver kan ek gaan voor ek gevaarlike druk gaan kry?
Enige raad en hulp sal waardeer word.
Ek kan meer info gee soos die gesprek ontwikkel.

Re: Herlaai vir lever action 38 Spl/357 Mag

Posted: Fri Jul 31, 2026 9:21 am
by Toxxyc
Ek kan nie onthou waarmee ek gelaai het nie, maar ek het 'n 158gr Hornady XTP geskiet teen 1750FPS. Dit was 'n fantastiese jaglading en het tot op so 100m (as jy mooi skiet) rooibokke en varke mooi platgesit.

Re: Herlaai vir lever action 38 Spl/357 Mag

Posted: Fri Jul 31, 2026 9:28 am
by Toxxyc
As ek reg onthou het ek MP200 geskiet.

Re: Herlaai vir lever action 38 Spl/357 Mag

Posted: Fri Jul 31, 2026 9:44 am
by Fano
Met daai spoed neem ek aan dit was uit n 357 dop?

Re: Herlaai vir lever action 38 Spl/357 Mag

Posted: Fri Jul 31, 2026 10:06 am
by Toxxyc
Korrek ja.

Re: Herlaai vir lever action 38 Spl/357 Mag

Posted: Fri Jul 31, 2026 2:05 pm
by gbvl
Middag,

Ek het 'n Rossi R92 in dieselfde kaliber en het gevind S265 werk beter vir my (meer akkuraat) as MP200 met 158gr Hornady XTP's in 357M ladings. Ook gevind swaarder koëels nie baie akkuraat nie agv die stadige groefdraai.

Sent from my SM-S931B using Tapatalk


Re: Herlaai vir lever action 38 Spl/357 Mag

Posted: Fri Aug 07, 2026 9:51 am
by wrm
MP200 is te vinnig om goeie spoed te gee. My Rossi hou ook nie van 180gr koeëls nie.

So, 16gr S265, 158gr lood koeël met alox, SR magnum primer, 1650 fps. Of as jy lood kry teen daai spoed, 13.5gr S265, 1500 fps. (vir die rekord, 8.5gr MP200 is vir my max, en gee 1350 fps)

Re: Herlaai vir lever action 38 Spl/357 Mag

Posted: Sat Aug 08, 2026 7:27 am
by Bigfoot
MARLIN 357M with micro groove barrel

S265 - 14.6Gns CCI 400 with 180Gn ES cast gas checked oal 40.5mm average speed 1575fps

Good accuracy and have hunted many warthog and impala with this load, great out to 100m.