Page 1 of 1
QuickLoad
Posted: Sun Jul 26, 2026 8:20 pm
by Branderplank
Goeie naand
Ek het die internet plat gesoek maar kan nĂªrens sien waar quickload te koop is in SA nie.
Dis oorsee beskikbaar per cd maar nie iets wat jy kan aflaai nie.
Enige raad waar mens dit kan koop in SA?
Baie dankie
Re: QuickLoad
Posted: Mon Jul 27, 2026 12:50 pm
by Stukkies
Die is die Amerikaanse verspreider van QL en hulle stuur dit na SA toe. Maar die koste is baie hoog. Persoonlik sal ek eerder GRT aanbeveel, dit is verniet aanlyn beskikbaar. Jy kan Cassie Nienaber of Riaan Schutte kontak vir opleiding met die GRT sagteware, die opleiding is in twee gedeel en is so R900 vir altwee dele.
https://www.neconos.com/quickload-balli ... -software/
Re: QuickLoad
Posted: Tue Jul 28, 2026 2:16 pm
by Branderplank
Baie dankie vir die link - dit is nogal 'n paar rand met die risiko vir verlore aflewering.
Het met GRT gespeel en QL resultate op grond van spesifieke insette probeer herhaal maar GRT nogal heelwat meer FPS voorspel.
GRT is 2020 laas aangepas, is die dryfmiddel data steeds verteenwordigend van hoe die dryfmiddel nou optree?
Dankie
Re: QuickLoad
Posted: Tue Jul 28, 2026 2:36 pm
by JDEls
Branderplank wrote:Baie dankie vir die link - dit is nogal 'n paar rand met die risiko vir verlore aflewering.
Het met GRT gespeel en QL resultate op grond van spesifieke insette probeer herhaal maar GRT nogal heelwat meer FPS voorspel.
GRT is 2020 laas aangepas, is die dryfmiddel data steeds verteenwordigend van hoe die dryfmiddel nou optree?
Dankie
Beide QL en GRT moet jy die kruit se waardes kalibreer sodat die spoed op die program en die spoed in praktyk ooreenstem. So dit maak nie regtig saak watter program jy gebruik nie. Ek het vir baie jare QL gebruik maar die laaste 4 jaar is ek maar hoofsaaklik op GRT.
Sent from my SM-S926B using Tapatalk
Re: QuickLoad
Posted: Tue Jul 28, 2026 7:28 pm
by Capt. Yoda
Ek het ook jare met al 2 gewerk en daar is nie n groot verskil nie. Ek gebruik die laaste tyd ook maar net GRT
Re: QuickLoad
Posted: Wed Jul 29, 2026 9:28 pm
by Branderplank
Dankie vir die terugvoer. Lyk of mens dit kan verkry via Mamba Reloading.
Iemand al met die maatskappy gedeel?
Sal nog besluit of ek eerder net GRT videos moet kyk