Page 1 of 1

416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Thu Jul 23, 2026 10:03 am
by Nico Harris
Goeie dag manne.

Ek het baie lanklaas iets geplaas maar lees nog daaglik wat hier aangaan.

Ek het onlangs n 416 Ruger Hawkeye Alaskan gekoop met die 20” loop- my lisensie is nou amper deur.

Ek beoog om 400gr Spoor koeëls te skiet.

Wat kruit en respte gebruik julle vir die gewig?

Ek het Quick Load so is opsoek na wat in prakteit die manne skiet.

Groete

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Thu Jul 23, 2026 10:44 am
by Capt. Yoda
Nico watse kruit het jy of is jy oop om te koop, ek het nou vir John met syne gehelp en die regte kruit maak n groot verksil.
Het jy enige gedagte van spoed wat jy soek of gee jy nie regtog om nie?

S355 met n goeie crip werk maar Wouter reken julle skiet te swaar koele in die kort lope met daai 400greiners

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Thu Jul 23, 2026 11:17 am
by Nico Harris
Cappie ek het regtig nie voorkeur nie. Wou maar net hoor wat werk vir die ouens- baie praat van s335 en s355.

Ek sal gelukkig wees as ek die 400gr so tussen 2200ft/s en 2250ft/s kan skiet.

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Thu Jul 23, 2026 11:23 am
by Capt. Yoda
As jy wil koop sou ek se kyk na Varget

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Thu Jul 23, 2026 11:29 am
by Nico Harris
Dit wat julle gelaai het? Watse spoed julle geskiet met dit?

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Thu Jul 23, 2026 11:40 am
by Capt. Yoda
Ons het op die einde S355 gelaai met 380gr Krieke en 400 Vipers want Tau glo dis die magic dust in Zimbabwe vir Buffels maar hy het nog nie die laaste ladings geskiet om te kyk of die spoed reg is nie, was eers weer op vakansie. Hy soek ook 2200fps met n 400gr so hy speel nou met crimp om te kyk of dit nie die kruit bq wil op warm nie, sal jou laat weet wat gebeur

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Thu Jul 23, 2026 1:12 pm
by Nico Harris
Dankie.

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Thu Jul 23, 2026 3:13 pm
by Wouter Roets
Hallo Nico

Ek skiet Barnes 350gr met S355 @ 2430Ft/sek in myne. Ek sal lieg as ek se ek sien n verskil in terminale gedrag tussen hom en my Rigby gelaai met Barnes 400gr @ 2400ft/sek. Die 350gr in terme van nodespoed het baie sin gemaak met S355 daai tyd teenoor die 400gr. Dit was wel so dat die oorsese poeiers nie beskikbaar was nie en dus my keuse beperk het. As daar een poeier is wat uitstaan met 400 greiners is dit Reloader17 wat vir jou veilig 2300ft/sek sal gee uit die 20 duim loop. Probleem is n mens kry nie. S355 en poeiers wat in sy klas brand werk baie goed met spoed hier by die 2200ft/sek.

Belangrik is n lekker fris krimp en Fed215 primers. Persoonlik sal ek met Rudie se 350greiners gaan. Dit gee oor as genoeg penetrasie, iets wat die 416'e in elk geval nie meer sukkel nie, vanwee die koeel se gewigsretensie. Recoil is ook heel hanteerbaar met die ligte buksie. Julle kan maar my woord vat hierop.

Groetnis
Wouter

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Thu Jul 23, 2026 8:59 pm
by Nico Harris
Dankie Wouter! Ek sal na hulle ook kyk!

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Fri Jul 24, 2026 9:01 am
by tau
Môre

Ek kry vandag my roer terug hy het gegaan vir Aimpoint mount soos my .375 Ruger.

Kriek was bitter gaaf en het my al sy 380gr koeels gestuur 10x van elk om te verseker hulle voer in my geweer.



Alle ladings was besonders akkuraat. Spoed is tans net te laag.

Ek het nie 'n krimp die nie!!! So sal nog soek vir plan daar.

Met 68gr S355 het ek gekry:

Kriek 380gr Solids
1930FPS
Viper Bush Supreme 400gr
1965fps.

Ek het nou 100 x Solids by Kriek gekry en toets ladings met 71 gr gelaai en sal hulle toets as roer terug is.

My jag partner het Geno se roer met die 23" loop gekoop en ons gaan later vanjaar Buffels met die twee roere gaan jag so ons gaan nog bietjie lading ontwikkeling doen met die Krieke.

Mooi dag

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Fri Jul 24, 2026 11:05 am
by Rudi Fischer
Soos ons telefonise gesprek gister
Op Varget hier by 70gr - 71gr gaan jy 2250 kry op die Spoor met jou 20” loop.
Werk asb op na dit toe, want QL is net n aanduiding

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Mon Jul 27, 2026 9:49 am
by Wouter Roets
More John

Hoekom kan jy nie jou seater die se roll crimp gebruik nie?

Groetnis
Wouter

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Mon Jul 27, 2026 8:34 pm
by Nico Harris
Wouter Roets wrote: Mon Jul 27, 2026 9:49 am More John

Hoekom kan jy nie jou seater die se roll crimp gebruik nie?

Groetnis
Wouter

Ek het ons vriend reg gehelp ;)

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Tue Jul 28, 2026 7:56 am
by tau
Nico Harris wrote: Mon Jul 27, 2026 8:34 pm
Wouter Roets wrote: Mon Jul 27, 2026 9:49 am More John

Hoekom kan jy nie jou seater die se roll crimp gebruik nie?

Groetnis
Wouter

Ek het ons vriend reg gehelp ;)
Daar is nie genoeg plek in die die om te krimp nie!!

Ek begin die doppe bulge voor ek krimp.

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Tue Jul 28, 2026 9:52 am
by Wouter Roets
Johnny

Vertel bietjie hoe jy dit doen? Hierdie klink nie reg nie.

Groetnis
Wouter

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Tue Jul 28, 2026 1:36 pm
by Lategan1
Wouter Roets wrote: Tue Jul 28, 2026 9:52 am Johnny

Vertel bietjie hoe jy dit doen? Hierdie klink nie reg nie.

Groetnis
Wouter
@Tau, Draai die matrys 1/8ste of 1/4 draai verder uit, weg van “shellholder”. Ek onlangs gevang met “aanneem” en nie meet nie.

Ek neem aan jy het krimpgroef in die koeël.

Beste.

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Tue Jul 28, 2026 2:00 pm
by tau
Wouter Roets wrote: Tue Jul 28, 2026 9:52 am Johnny

Vertel bietjie hoe jy dit doen? Hierdie klink nie reg nie.

Groetnis
Wouter
Dies se seater kan nie verder uitdraai nie, dan is hy uit draad uit. Hornady maak 'n baie oulike video hoe om daai te stel en ek was baie opgewonde, Ongelukkig is dies seker nie gemaak vir die laaaang Kriek Cupnose solid gemaak nie.

Ek kan nou die koeels eers seat en dan die seater verwyder en die die dieper indraai en die doppe krimp.

MAAAAAAAR ek sal like van 'n aparte krimp die.

EK gaan later as die wind ophou om ons weg te waai die ladings eers te skiet en sien waar ek nou is met akkuraatheid en spoed.

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Tue Jul 28, 2026 2:01 pm
by tau
https://youtu.be/lF5h5GyzyKQ?si=b3Jkb0Eo6Em6Vs_i

EK het die Hornady Dies, maar glo die opstel is dieselfde.

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Posted: Wed Jul 29, 2026 1:10 pm
by Wouter Roets
John

Al opsie wat jy dan het is om die koeels te seat en dan apart te krimp deur die hele seating stem uit te draai. Soos ek ook vir jou gese het, maar ek herhaal dit hier vir die ander manne se onthalwe is dat met n factory crimp die jy basies beperk is met konvensionele loodkern koeels. Jy kan dit gebruik met monoskag koeels maar jou doppe vat n hammering en hou verseker nie so lank nie. Met doppe se pryse is dit verseker n konsidirasie.

Onthou ook wat ek gese het van waar jy rolkrimp gee. Jy kies die TPL sodat jou dop se rand net kort is waar jou krimpgroef weer verdik na die buitemaat van die koeel. Hierdie is om te keer dat jou koeel nie dieper in jou dop beweeg met recoil in die magesynkas nie. Vwerder onthou om jou doppe net aan die binnekant te shampher en nie aan die buitkant nie. Jy kan wel die bur afhaal as daar een is, maar jy soek daai dop op n 90 grade aan die buitekant. Dit gee jou n mooi eweredige krimp elke keer. Onthou en hierdie is baie belangrik en dit is dat jou doppe almal ewe lank moet wees. So sny hulle almal na die kortste dop se lengte.

Hoop dit help en skree gerus as daar iets onduidelik is.

Groetnis
Wout