Page 1 of 3

Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Mon Jul 13, 2026 7:54 pm
by Cobus(Cobb)
Ai, dis met groot hartseer dat ek julle moet meedeel oor my groot maat wat afgesterwe het. Ek kon darem gelukkig nog gister met hom gesels het.
Hy was altyd bereid om met alles te help en was n groot gees hier op Jaracal
Hy sal altyd onthou word,

Cheers ou maat

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Mon Jul 13, 2026 8:25 pm
by Rudi Fischer
Dit is n groot skok.
Oom Marius, ek gaan ons geselsies mis oor laadings, kalibers en koeele.
Ek kon Oom vra vir raad en niks was te veel moeite nie.
Rus sag Oom, tot ons eendag weer ontmoet.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Mon Jul 13, 2026 8:27 pm
by Gian_dP
Aggeneeee! Dit is nou baie hartseer nuus.

Sent from my SM-S921B using Tapatalk


Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Mon Jul 13, 2026 8:53 pm
by Philip J
'n Groot boom het geval....
Sterkte aan sy familie.
Ons gaan hom mis.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Mon Jul 13, 2026 9:03 pm
by Dehan.Rheeder
Aggenee ek is nog nuut op die forum maar die kennis en raad wat ek al ontvang het direk van hom of van ander se plasings is goud werd, waarlik 'n groot boom van die gemeenskap het geval

Mag Oom rus in vrede en my innige mee gevoel vir vriende en familie

Sent from my SM-A566B using Tapatalk



Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Mon Jul 13, 2026 9:20 pm
by LouisR
Min mense wat soveel insette en betrokkenheid op die forum gelewer het as Oom Marius, Cobus dra ons meegevoel oor aan die familie asb. Moeilike jaar sovêr vir Jaracal eers Dewalt en nou oom Marius, rus in vrede jul plek is leeg en insette gaan gemis word.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Mon Jul 13, 2026 10:00 pm
by J le Roux
Dit is 'n groot verlies, sterkte aan al sy geliefdes.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Mon Jul 13, 2026 10:17 pm
by Ferdi Bam
Dit is n groot verlies en ek is jammer om te hoor.

Sterkte aan sy familie.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Mon Jul 13, 2026 10:25 pm
by Fanta300
Jammer om te hoor. Ons gebede gaan uit na sy familie

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 5:00 am
by Frederik
Baie groot skok om dit te lees, as daar nou een persoon was wat altyd net rustig kon antwoord en ook alles geantwoord het wat hy kon was dit oom Marius. Altyd gewilig om iemand te help maak nie saak of dit 'n onnodige vraag was nie.

Dit is amper of ons 'n groot deel van Jaracal verloor het inige simpatie met sy familie en rus in vrede oom, dankie vir alles.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 5:30 am
by Ratel
Rus in vrede oom Marius. Meegevoel aan sy familie en geliefdes.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 5:48 am
by Lategan1
Wat ‘n groot verlies en jammerte om te verneem.

Innige simpatie aan sy naasbestaandes en mag hulle die mooiste herinneringe koester.

Daar is nie baie soos hy nie. Onselfsugtig by uitstek. Dankie vir jou fenominale insette op Jaracal.

RIV Marius.

Beste.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 6:23 am
by Toyrsi
Wat n skok.
Rus sag Oom Marius.
Jy sal gemis word.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 6:56 am
by Langeraat
Oh no, dis baie slegte nuus. Innige simpatie en baie sterkte aan al sy geliefdes in hierdie moeilike tyd. RIV oom Marius.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 7:07 am
by ThinusS
Rus in Vrede, Marius.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 7:39 am
by DWB
Ai man, dis nou sleg om te sien.

Oom Marius was 'n yster en al deel van die meubels hier.

Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 8:01 am
by Riaan Kriel
Aggenee tog... dit is nou slegte nuus om Jaracal oop te maak en die post te sien. Tripod was werklik iemand wat sy groot kennis en passie vrylik gedeel het en moeite gedoen vir almal wat hulp nodig gehad het.

Innige meegevoel vir sy familie en vriende. Waarlik 'n groot boom wat geval het in ons woud. Hy gaan gemis word.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 8:05 am
by RUPERT
Dit is nou baie slegte nuus. Dankie Oom vir wie jy was en wat jy vir ons gedoen het en wat jy
vir baie beteken het.
Rus sag

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 8:33 am
by TFDADD
My laaste PM aan Marius 14 dae gelede:
Verwyder asseblief die twee advertensies, Marius.

Dankie.

Mooi dag vir jou.

Groete,
Koos.
Dankie dat ek jou kon ken en vir die baie dinge wat jy vir my gedoen het.

Rus in SY vrede, my vriend.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 8:52 am
by Koos Barnard
Bitter, bitter slegte nuus. Die forum gaan leeg wees sonder hom. Innige simpatie aan sy familie.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 9:15 am
by Wildjagter
Rus sag Oom. Oom het diep spore getrap en n verskil gemaak. Innige simpatie vir sy familie

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 9:17 am
by Capt. Yoda
Baie hartseur nuus

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 9:22 am
by LUAN
Ag nee wat n skok. Die oom was n legende hier almal altyd gehelp met ql ladings. Riv oom Marius

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 9:54 am
by ruaanb
Rus in vrede oom Marius. Sterkte aan sy familie en vriende.

Re: Oom Marius Tripod- oorlede

Posted: Tue Jul 14, 2026 9:58 am
by joe rocket
Agnee dis slegte nuus. Hy het altyd tyd gehad vir n geselsie. Nog n seder het geval. Wonder wat praat hy en oom Pieter alles. Sterkte vir sy vrou en familie.