Page 1 of 1

Wagenaarskraal '26

Posted: Thu Jul 09, 2026 8:50 pm
by Gian_dP
Ons is verlede week Karoo toe om te kuier op Wagenaarskraal en bietjie te jag ook.

Woensdadmiddag gou ingeskiet en vinnige draai gaan ry. Veld is besonders mooi na al die reen wat hulle gekry het. Nog heelwat plekke wat water in die veld lê. Van al die gesels voor, het Andrew nie genoegsaam versnel vir die modder nie.

Image

Noodloos om te sê dat ons draai redelik kortgeknip is! Cruiser is volgende oggend eers van sy modderbad gered.

Donderdag en Vrydag bietjie voorgesit vir springbokke.

Image

Image

Vrydagmiddag laat in kloof opgestap met aanjaers wat deur die kamp gestap het. My seun kon sy eerste koedoekoei plattrek. 135gr Berger regdeyr gefluit.

Image

Image

Op pad na die kloof toe het hierdie jakkels voor ons uit die bosse uitgevlieg. Het reguit voor die bakkie in die pad bly hardloop. Moes paar keer probeer, maar kon gelukkig my eerste jakkels geskiet kry.

Image

Verder het ons om die vuur gekuier om van die koue weg te kom

Image

Image

Soos met enige iets wat lekker is, het die tyd heeltemal te vinnig verby gegaan!

Sent from my SM-S921B using Tapatalk


Re: Wagenaarskraal '26

Posted: Fri Jul 10, 2026 5:53 am
by Frederik
Dankie vir die deel lyk lekker koud.

Re: Wagenaarskraal '26

Posted: Fri Jul 10, 2026 7:15 am
by Dehan.Rheeder
Dankie vir deel, lyk na 'n besonderse mooi plek

Re: Wagenaarskraal '26

Posted: Fri Jul 10, 2026 12:47 pm
by partner
Weer Dankies vir die deel. Ook baie geluk met die Jakkals.