Page 1 of 1

Laaghout (Plywood) Off-cuts

Posted: Thu Jul 09, 2026 7:16 am
by obasch
Is daar van ons DIY manne wat vir my 9 of 12mm dik plywood off-cuts het?
Twee stukkies van ongeveer 200x200mm sal seker genoeg wees.

Oscar
Nulagttwee viervyfses drievyfsesvyf

Re: Laaghout (Plywood) Off-cuts

Posted: Thu Jul 09, 2026 7:37 am
by Toxxyc
obasch waar is jy geleë? Meeste van jou houtverskaffers, of selfs plekke soos Builders of Chamberlain sal vir jou kan offcuts gee, ry soontoe en gaan hoor dalk. Kliente laat baiekeer sny en dan bly daar stukkies oor.

Re: Laaghout (Plywood) Off-cuts

Posted: Thu Jul 09, 2026 8:09 am
by obasch
Dankie,
Ek is in Centurion en nie vêr van Chamberlain & Builders af nie. Het nooit daaraan gedink nie.

Re: Laaghout (Plywood) Off-cuts

Posted: Thu Jul 09, 2026 8:54 am
by Toxxyc
In Pretoria kan jy ook vir Woodcentre kontak. Die mense daar is gaaf, hulle sal jou heel moontlik help as jy vra. Hulle het so 'n hoop offcuts daar en ek is seker as jy daar rondvra sal hulle jou se jy kan 'n stuk gaan optel.