bullseye wrote:
Mark die beste chronys volgens my is oehler en pvm-21.die pvm het ek ingevoer en jy kan dag of nag deur hom skiet sy lesing sal altyd dieselfde bly.die oelers was n ruk van die mark af maar word nou weer vervaardig as gevolg van navra so dit alleen se dit is n goeie chronograaf die crono wat jy van praat het ek nie ondervinding van nie.groete Bullseye
Bulls eye
Ek het ook op hom afgekom, daai is Porche

ek dink net hy is taamlik bo my vuurmaak plek en liga

Het op een plek gelees hulle het produksie gestaak, is dit waar
tripodmvr wrote:
Het self 'n CED M2 en hy is baie beter as my ou Pro-Chrono wat ek gebruik het. Oehler is wel 'n top chrony, maar die koste kan hom uitskakel as jy bloot jou ladings wil toets en hom nie op 'n professionele manier benut nie (byvoorbeeld vir skietklub of soortgelyk). Laai inligting af op rekenaar en gee baie statistiese analise. Vir om en by R3000 is dit 'n baie goeie koop. Hy is ook lig op batterye.
Tripod
Ek neig om saam te stem, al meer verwys na die CED bo die F1 Chrony, ek will net bevestig dis nie net grootpraat nie en dat die produk werklik goed is.
Een van die CED se groot voordele vir my is: dat die hele meganisme nie foos geskiet geword as ek hom perongeluk tref nie

die dele wat wel getref kan word lyk of hulle almal vervang kan word

sal graag ware spoed op 100meter en dalk selfs op 200meter wil toets, gaan net eers moet seker maak my groepe daai rondte is STYF
Dankie so ver vir die raad.
Mooiloop
Marc