Die pad wat jag stap in SA
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Die pad wat jag stap in SA
Ek dink al vir lank, meer as 'n jaar, aan die onderwerp aan't hand. Ek het al 'n paar keer begin skryf en dan opgehou, sonder om te weet wat ek eintlik moet plaas. So nou gaan ek maar my gedagtes neerpen en kyk hoe dit gaan.
EDIT: Jammer, ek het begin skryf en wat net 'n paragraaf of twee moes wees, het gegroei en nou is dit weer asof ek boekdele spreek.
Voor ek te veel skryf, moet ek een ding duidelik maak. Hierdie is nie 'n lat waarmee ek boere wil slaan nie. Dis nie 'n kruisiging of 'n klagte of enigiets nie. Dis net my gedagtes, en ek kan nie dink dat ek die enigste een is nie.
Dit het begin toe ek nog jonk was. Ek was nog altyd lief vir die natuur en ek is gelukkig gewees om groot te word tussen mense wat besef het dat dinge nie sommer vanself gebeur nie. Jag was dus 'n ding waaraan ek baie blootgestel is, alhoewel my pa nie self aktief gejag het nie. Dit het ek gekry deur my beste vriend, wie se pa elke jaar 2 of 3 keer gaan jag het.
Ek was seker rondom 13 jaar oud toe ek die eerste keer regtig gaan jag het. Soos ek dit onthou, die plaas op die Zimbabwe-grens reg op die Limpoporivier. Die plaas was so 1,200 Hektaar en vir my was die absoluut massief. Daar was so te sê geen kampe in die plaas nie, en selfs die grensdrade was nutteloos. Wild het vry beweeg waar hulle wou wees, en dit het die ervaring op die plaas bitter lekker gemaak.
Ek en 'n vriend het gereeld met sy pa se .303 gaan stap op die plaas om iets te soek. Ons het nooit alleen iets gekry nie. Dit was 'n ander tyd, ons was verantwoordelik genoeg om met die geweer vertrou te word en daar is nie vrae gevra nie. Daar was nie plaaseienaars in Cruisers wat ons rondgery het nie, daar was nie 'n gids wat ons vertel het wat en wanneer om te skiet nie, niks. Ons moes self soek. Dit het iets in my ontwaak wat ek vandag nog soek, en nêrens anders kan vind nie. 'n Sin van verantwoordelikheid oor die natuur, wat verdwyn as 'n gids of 'n boer voor jou uitstap en jou prooi vir jou vind en uitwys.
Ek het op 'n stadium in die rivierloop gesit, en daar was koedoes wat deur die rivier gestap het. Ek onthou hoe ek seker gemaak het die .303 is veilig, want daar was nie begroot vir 'n koedoe deur my pa nie (rooibokooi was op die spyskaart). Ek het die geweer op 'n grensdraad, wat 'n gewone 5-draad beesdraad was, neergesit. Die kruishaar van die Leupold 3-9x40 het vasgesuig op die pragtige koedoebul se blad, toe weer op sy kuiltjie, toe presies tussen die oë toe hy my hoor of ruik en vir my kyk. Skaars 30 tree weg. Net daar het 'n liefde vir koedoes ook ontstaan en tot vandag toe het ek nog nie een gejag nie (begroting laat nogsteeds nie toe nie).
Elkgeval, dis hoe ons gejag het. Partykeer net ek en my vriend. Partykeer sy pa saam met ons. Partykeer iemand anders. So het die jare aangegaan tot ek so paar jaar later my eerste kans gekry het om 'n rooibokooi te klits met 'n .243, met Highland AX ammunisie.
Die gogga het gebyt en ek het probeer om elke jaar te gaan jag. Ek het dit meestal reggekry. Ek het my toegewyde jagterstatus behaal met volpunte, en my skieteksamen ook met volpunte geslaag. Ek het kanse gesoek om die bosveld te kom, al het ek nie geld om te skiet nie. Vele male het ek al vir boere gevra of ek net kan gaan stap, geweer in die hand (vir veiligheid), maar ek het geen planne om iets te skiet nie (want daar is nie geld nie). Na die kinders gebore is, na ek my werk verloor het tydens COVID, en weer retrench is so amper 3 jaar terug, is daar nie geld vir jag nie. Nie soos ek dit ken nie.
Ek praat van jag. Daar is net 'n bakkie wat die karkas gaan laai. Die karkas wat klaar gesny en gebloei is, en so gedraai is dat die bloed kan uitloop. 'n Bakkie wat net een persoon gery het. Hy het ons nie gaan aflaai nie, hy het ons nie rondgery nie. Ons het gestap. Vroegoggend, nog terwyl dit donker was, is ons wakker gemaak met 'n beker Ricoffy en twee stukke beskuit in die hand. Dit was 'n vinnige ontbyt. Die vuur van gisteraand was nog warm en gebruik om die water te kook. Lemoene en dalk 'n granola bar is in die sak gedruk met 'n groot waterbottel, en dit was dit.
Dan het ons gestap. Vinnig, want die son kom, en ons moet in die veld wees met die windrigting reg voor die bokke wakker word. Dan moes ons doodstil wees. Ons het nie gebad met seep en hare gewas nie, want die bokke sou dit ruik. Ons het ons mees camo-agtige klere aangehad, anders sou die bokke ons sien. Ons het gestap tot ons bokke gesien, gehoor, geruik of gespoor het. As 'n bok gevind is, watookal die veld vir jou gee op die dag, is die skootplasing gedoen. Altyd bladskote, kopskote was vreemd. As die impak bevestig is, het ons gaan sit, 'n lemoen geskil en gewag dat die bok gaan lê. Dit was respekvol. Natuurlik. Reg. Dit, dit was JAG.
Vandag wil ek weer so jag. Ek wil dit vir my seuns wys. Ek wil hulle daardie onuitbluslike liefde vir die veld wys - of jy nou wil 'n bok skiet of nie. Ek hoef dit nie vir hulle te leer nie, die veld sal dit doen. Natuur saam met 'n innige liefde vir God, wat dit vir ons geskep het.
Ek soek na sulke plase, maar ek is bang. Eerstens, lyk dit of selfsorg soos ons geken het, weg is. Nou is verblyf in hotelle. Jy slaap in so wit bed met 'n aircon in die kamer, kos word 3 keer per dag vir jou gemaak. Jou bed word vir jou opgemaak, en jou kamer elke dag skoongemaak. Jy kan kies wat jy wil eet van 'n spyskaart af. Jy word rondgery op 'n pragtige mooi Cruiser en afgelaai waar die bokke met die drone gesien is, afhangend van wat jy wil skiet. Daar is watergate en voerkolle en paaie wat jy met 'n Ferarri kan ry. As jy dan afgelaai word is daar 'n gids wat saam met jou stap en hy loop voor jou uit. Hy soek nie die bokke nie, hy weet waar hulle sal wees in hierdie kamp waarin jy beweeg. Dan sien hy die bokke, hy sê vir jou jy moet jou geweer laai, hy wys vir jou die bok wat jy moet skiet, sit die skietstokke reg en al wat jy moet doen is neersit en die sneller trek.
Na die skoot hol hy na die bok toe en gryp die horings, rol hom op sy pens en sê jou jy moet nou kom sit vir 'n foto. Dan pluk hy sy rugsak oop en haal so lang kamera uit waarmee jy 'n plooi op 'n vlooi op die bok op die plaas lanksaan kan sien. Sodra die foto geneem is trek daardie mooi Cruiser daar in, die bok word opgewinch en afgelaai by die slagpale. Daar kry jy skaars kans om na jou bok te kyk. Jy kan nie eintlik sien waar die skoot in is, hoe die organe lyk, ensovoorts nie, want binne 3 minute is die bok afgeslag, skoongewas en in die koelkamer. Dan staan die boer daar met biere en brandewyne en shooters vir almal en grappies word gemaak. Daar is geen respek vir die dier wat dood is nie.
Dit, dit is nie vir my jag nie.
Die ander punt wat my pla is die prys van wild. Ek onthou dat wildsvleis aansienlik goedkoper was as beesvleis. Dis deel van die rede hoekom ons gaan jag het. Biltong en droëwors was goedkoper, gesonder versnaperinge as wat jy by Checkers kon koop. Ons het die slagter geken (ek ken hom nou nog) wat die biltong en droëwors gemaak het, en ons het dit self gedroog. Ek onthou die vergelykte pryse met beesvleis, en dit was altyd BAIE goedkoper.
Vandag blyk dit nie meer die geval te wees nie. Ek het nog nooit die diesel en verblyf en daardie koste bygetel as ek die prys van die vleis uitwerk nie, want dis geld wat ek meen betaal is om in die veld te wees. Ek sal dit betaal selfs om NIE te skiet nie, want ek is lief vir die veld. Ek werk net op die prys van die bok in die koelkamer - karkasgewig. Binnegoed uit, kop, vel en pote af. Verwerking by die slaghuis was goedkoop, 'n paar rand per kilo, of jy nou maalvleis of droëwors laat maak, so dit was maklik om te bereken.
Vandag val ek op my rug as ek die prys van wild sien. Ek sien vanoggend 'n advertensie vir 'n wildveilig met rooibokke op die lys. Ooie is R2,850 stuk. Ramme is R3,950 stuk. Dit is lewendige, wakker prys op veiling. Die bokke moet nog vervoer word ook. Dit maak my dus verstaan hoekom boere vandag R15,000 vra vir 'n koedoebul, en sommer R24,000+ as dit trofeegrootte is. Vlakvarke, wat vroeër jare sommer verniet geskiet is, is R2,500. Blouwildebeeste, wat veronderstel is om goeie waarde vir geld te wees, kos sommer R7,000 of R8,000 stuk. Jy betaal magdomme geld vir misskote, jy betaal vir elke skoot wat geskiet word, jy betaal vir die gebruik van die bakkie, jy betaal vir hout, jy betaal vir die boer, jy betaal vir die gids, jy betaal vir elke bok wat afgeslag word, ens.
Op die ou end kos 'n "jag" jou 'n plaas se prys. Ek sal graag iets ordentliks wil jag as ek al daardie geld gaan spandeer, sodat ek darem 'n vrieskas kan volmaak, maar teen daardie pryse is dit eenvoudig net nie moontlik nie.
Dan hoor ek hoe mense kla dat die plase net "cater" vir die Amerikaanse jagters. Maar kyk bietjie wat Amerikaners betaal vir bokke op Suid-Afrikaanse grond. Sommer $1,000 vir 'n rooibok. $750 vir 'n vlakvark. $4,800 vir 'n trofee-grootte koedoebul (52" en groter). Dit is R129,633.66 vir 'n koedoe. Kyk, ek verstaan dat daar geld moet betaal word vir dinge, maar magtig moet dit so baie wees?
Waarnatoe is die jagindustrie in Suid Afrika oppad? Gaan ons in die rigting waar jag net 'n verskoning gaan wees om te gaan drink met jou buddies? Iets wat uitsluitlik vir die rykes gaan wees? Waar manne gaan sit om "weg te kom" van hulle vrouens en te gaan goed doodskiet want dis snaaks?
Sal daar ooit weer 'n kans wees vir iemand soos ek om op 'n plaas te gaan stap, soos voorheen? Met die vertroue van 'n boer wat nie eers kom hoor hoeveel skote jy geskiet het nie, hy aanvaar jy is eerlik? Waar ek my seuns kan vat om saam met my te stap, sonder om bekommerd te wees oor die massiewe rekening wat vir my wag elke dag wat ek langer vat om my beplande bokke te kry? Waar ek nog kan JAG maak op gesonde, natuurlike wildsvleis wat nog goedkoper uitwerk as beesvleis in die vrieskas? Waar ek my geweer kan veilig maak, onder 'n boom kan gaan sit en 'n lemoen eet terwyl ek stilletjies bid en dankie sê vir die Skepper wat hierdie voorregte vir ons gegee het?
Ek wonder maar net. Dis 'n bekommerde wonder, en ek is seker ek is nie die enigste een nie.

- Jakkie07
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am
Re: Die pad wat jag stap in SA
Jy is nie alleen nie.
Ek probeer n plek kry waar ek en my seun n naweek kan jag, dis voel dis onmoontlik, om jag plaas op Google te soek gee jou nie n opsie nie.

- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Die pad wat jag stap in SA
Jy raak 'n paar goed aan, stof tot nadenke.
Ons moet egter 'n paar goed in persepktief sien, ons wildsbedryf is 'n baie groot sukses, en wat jy nou noem is die "nadelige" impak daarvan. Jare terug was wild nie so volop soos vandag nie, bees en saai plase was die norm. WIld het nie 'n waarde gehad nie, daarom was dit meer bekostigbaar en Boer Jan het nie omgegee dat jy gaan stap 'n rooibok/koedoe skiet nie.
Finansies
Nou jare later, het wild 'n kommoditeit geword, dit het waarde, maw dit raak die boer die sak. Ons kan nie 'n boer wat wild teel/jag kwalik neem nie, hy moet sy prys kry om vir sy plaas/DC Cruiser te kan betaal. Daarom sal 'n gewone boer nie meer net Jan alleman toelaat om te loop en skiet soos ons graag wil nie, want jy skiet sy inkomste, sy bates.
Kom ons vat 'n voorbeeld, Pa wat sy seun wil vat vir 'n rooibok jag en ons gooi vir Pa 'n BWB in. Ons gemiddlede 2026 jag pryse as voorbeeld. 2 mense, R600pp per nag, dit is R2400 vir verblyf. Rooibok Ram, R3500, Pappa se BWB, R8000. Die boer maak R 13 900 vir die naweek. Doen hy dit 4naweke, maak die boer R56 000, vir 5 maande se jag, R280 000. DIe boer het dalk 'n verband, 3/4 werkers teen R500-10 000 pm, brandstof, Eskom lyn fooi ens ens. Niemand sal kan boer soos dit nie.
Party boere sal vir 'n pel/familie lid dit toelaat, maar dit maak mos geen sin om klein groep, of selfs SA jagters te laat jag, as jy kan skep nie - dit is nou suiwer net finansiele oorweging, skep terwyl dit reen mentaliteit.
Dan op die man af.
Jare jaar terug, was die gewone jagter, 'n man van 'n sekere stoffasie, deur die jare, soos wildsplase meer algemeen geraak het, jag meer 'n "status" aktiwiteit geword het, het jag meer toereikend en gewild geraak en alle tipes mense nader getrek. Sekere tipes gedragte het na vore gekom wat baie boere net nie duld nie.
Kom ek wees eerlik, selfs manne op Jaracal of my plaaslike jagklub, sal ek nie toelaat op my eie plaas, sou ek een gehad het nie.
Maar, soos jy se het dit 'n impak op ons as gewone SA Jagters, ons word uitgeprys.
Al oplossing, spaar, werk harder en persoonlike verhoudinge. Ek as prokureur (tandarts/CA/machanic) doen presies dieselfde, jy word betaal vir jou produk/diens, as iemand dit verniet wil he of wil afwater (tensy dit dalk goeie pel/familie lid is) sal jy vra wat dit werd is, of jy gaan vinnig besigheid (plaas) verloor.

Zuku
- Sr. Member

- Posts: 299
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Die pad wat jag stap in SA
@Toxxyc. Dit lyk asof jy my lewe en gedagtes baie mooi vasgepen het. Bly ek is nie die enigste een wat net so voel oor jag in die algemeen van die verlede en vandag.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Die pad wat jag stap in SA
You got to pay if you wanne play. Alles is duur hel ek het gister R11 vir 1 ui betaal en ongelukkig soos vroer genoem is da baie manne met geld wat graag deesade wil jag, en hulle wil nie jag omdat sy eie biltong vir hom lekkerder as woolies sin is nie.
Daai dae van op n pel se Pa se plaas rond loop vir n naweek en 1 rooibok skiet is lankal verby en sal nie weer terug kom nie. Die maklikste is maar om vrede met dit te maak en dan n plan te maak as jy ook wil jag want niemand gaan jou jammer kry nie.
Ek sien die going rate op mooi plase is somer al R6000 vir n blesbok, gelukkig hou ek van gemak so ek verkies my kamer moet skoon gemaak word en hulle kan somer n heater in my badkamer ook vir my aan sit so half 5 se kant laat ek warm kan wees voor ek in die warm stort klim

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Die pad wat jag stap in SA
Ek het nou nie alles gelees nie maar sal my opinie lewer.
Toe ek grootword het was hier grotendeels net bees plase in die omgewing met die tipe jag wat beskryf is. Baie minder wild ook. Die jag was net n klein deel van die boerdery en n bonus as iemand dalk n koedoe skiet.
Iewers oor tyd het wild baie meer waarde gekry en hier is nou baie minder bees plase as jag plase. Elke plaas is n kommersiële jagplaas met niks anders wat rekeninge betaal nie. Vraag en aanbod bepaal die pryse, grotendeels gedryf deur jagondernemers wat bokke soek vir hulle oorsese jagters. Reservate met leeus koop ook baie meer wild in as wat mense besef, hulle betaal goed vir vroulike diere.
Ek moet hier ook noem, en ek is seker ek gaan pak kry vir die stelling, dat die vreeslike gesuipery ons as biltong jagters al baie plase gekos het. Ek jag op mooi plase met oorsese jagters waar die boere vir my sê hulle sal die plaas verkoop voor hulle ooit weer biltong jagters vat vir daai rede. Baie min oorsese jagters gedra hulself so op n jag en hulle betaal baie meer. Natuurlik is dit nie almal nie, maar dit gebeur baie meer as wat ons almal graag wil erken.
Laastens, wild het natuurlik nou baie meer waarde as 20 jaar gelede, dis hoekom boere nie sommer meer iemand alleen sal veld toe stuur nie. N oepsie kos hom nou heelwat meer geld as daai tyd. Ongelukkig bring groter geld ook meer oneerlikheid na vore, van beide kante af.
Sent from my SM-G780F using Tapatalk

Hierdie slaan raak. Ek verstaan die finansies bitter mooi. Jy raak aan dat dit nou kommoditeit is - en dis waar. Maar selfs daarby, jare terug het boere ons gevra om te kom duiwe en eende en ganse en vlakvarke en bosvarke en allerhande goete skiet wat mielies en sonneblom verniel. Daardie boer maak nie sy geld op 'n bosvark wat sneuwel in sy landery nie. Sy geld word verniel deur die einste bosvark en gewoonlik was die boere maar te bly ons kan kom help. Ons het 'n jagtrip daarvan gemaak en almal baat daarby.saswart wrote: Wed Jun 10, 2026 3:38 pm Kom ons vat 'n voorbeeld, Pa wat sy seun wil vat vir 'n rooibok jag en ons gooi vir Pa 'n BWB in. Ons gemiddlede 2026 jag pryse as voorbeeld. 2 mense, R600pp per nag, dit is R2400 vir verblyf. Rooibok Ram, R3500, Pappa se BWB, R8000. Die boer maak R 13 900 vir die naweek. Doen hy dit 4naweke, maak die boer R56 000, vir 5 maande se jag, R280 000. DIe boer het dalk 'n verband, 3/4 werkers teen R500-10 000 pm, brandstof, Eskom lyn fooi ens ens. Niemand sal kan boer soos dit nie.
Party boere sal vir 'n pel/familie lid dit toelaat, maar dit maak mos geen sin om klein groep, of selfs SA jagters te laat jag, as jy kan skep nie - dit is nou suiwer net finansiele oorweging, skep terwyl dit reen mentaliteit.
Van my beste herinneringe is op so 'n duiwe-skiet-jag. Ek onthou nog my neef se woorde nadat hy die hele dag misgeskiet het, en toe die eerste duif van hom val laatmiddag toe ons al besig is om op te pak, uiter hy net "het jou, jou black-sam".
Maar ja, die demografie het verseker verander. Ek onthou hoe jag net vir seker mense was. Nou wil almal jag. Die buitelug-mense is nie meer die enigstes nie. Dis nou diegene met meer geld as breinkrag ook, wat derduisende spandeer op fênsie gewere en teleskope en chassis en goeters wat 'n kwartel se linkergroottoon kan afskiet op 9 myl ver, maar dan nogsteeds net 3 skote per jaar skiet - en 2 van hulle is mis.
Dit het so erg geraak vir my dat ek al my mening daaroor gelug het toe 'n bekende sanger 'n liedjie gemaak het oor jag, waarin drank en gewere rof gemeng is. Daar is nogsteeds soveel van die sogenaamde "kunstenaars" wat dink dis snaaks en liedjies skryf oor jag en drink, asof dit is waaroor dit gaan. Dit het my al so erg vies gemaak dat ek nie eers meer na die mense se musiek luister nie. Ek verpes dit.
En daarmee wil ek nie sê dat 'n bier na die jag aan die einde van die dag verkeerd is nie. Hoegenaamd nie. Diegene wat my ken sal weet hoe lief ek is vir 'n whisky en 'n bier en 'n brandewyn en 'n OBS en alles wat lekker is langs die vuur in die aand, maar as die mense begin "score cards" uitdeel waarop staan waarvoor jy alles moet strafdoppe drink, en hulle gooi vir jou goed soos tequila met 'n rou eier, dan raak ek sommer dik vir die ding van die begin af.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Die pad wat jag stap in SA
Ek is bitter bly jy het geantwoord, want ek noem jou 'n goeie vriend met wie ek graag gesels. Jy was die laaste regte "jag" wat ek gehad het, en dis al wat - 6 jaar gelede? Ons het vrek lekker gekuier en ons het vrek lekker agter daardie kwesbok aangestap om hom te soek - tot die volgende dag toe. Dit was JAG. Soek, en kyk, en leer, en vrek dit was lekker. Jy het elke vraag wat ek gevra het geantwoord en ek pas dit vandag nog toe. Ek het een ding baie spesifiek by jou geleer - 'n spoor sê baie meer as wat mens dink. Ek loop nou meer met my oë op die grond voor my as wat ek orals rondkyk soos voorheen. Dit het jy my geleer - lekker jag. So dankie daarvoor.Eduard Venter wrote: Wed Jun 10, 2026 6:51 pm Ek het nou nie alles gelees nie maar sal my opinie lewer.
Toe ek grootword het was hier grotendeels net bees plase in die omgewing met die tipe jag wat beskryf is. Baie minder wild ook. Die jag was net n klein deel van die boerdery en n bonus as iemand dalk n koedoe skiet.
Iewers oor tyd het wild baie meer waarde gekry en hier is nou baie minder bees plase as jag plase. Elke plaas is n kommersiële jagplaas met niks anders wat rekeninge betaal nie. Vraag en aanbod bepaal die pryse, grotendeels gedryf deur jagondernemers wat bokke soek vir hulle oorsese jagters. Reservate met leeus koop ook baie meer wild in as wat mense besef, hulle betaal goed vir vroulike diere.
Ek moet hier ook noem, en ek is seker ek gaan pak kry vir die stelling, dat die vreeslike gesuipery ons as biltong jagters al baie plase gekos het. Ek jag op mooi plase met oorsese jagters waar die boere vir my sê hulle sal die plaas verkoop voor hulle ooit weer biltong jagters vat vir daai rede. Baie min oorsese jagters gedra hulself so op n jag en hulle betaal baie meer. Natuurlik is dit nie almal nie, maar dit gebeur baie meer as wat ons almal graag wil erken.
Laastens, wild het natuurlik nou baie meer waarde as 20 jaar gelede, dis hoekom boere nie sommer meer iemand alleen sal veld toe stuur nie. N oepsie kos hom nou heelwat meer geld as daai tyd. Ongelukkig bring groter geld ook meer oneerlikheid na vore, van beide kante af.
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
En die gesuipery kom weer na vore. Ek het al saam met ouens gaan jag wat spog dat die "plek vrot is van die ribbokke". Die aand toe ek gewone tyd rondom 21:00 in die kooi kruip, toe is hulle ook "amper oppad". Toe die skote buite die deur begin klap 01:00 die oggend want hulle is stormdronk en probeer "daai klip raakskiet" toe het ek my vervies, my goed gevat en huis toe gery. Ek verpes dit. Dit is nie die beeld was ons moet uitstraal nie.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Die pad wat jag stap in SA
Ek hoor jou. Maar ek wil nog nie glo dat die dae van stap as pa en seun heeltemal verby is nie. Ek het nog 'n plaas waar ek kan gaan jag. Die eienaar laat ook nie meer mense daar jag as hy hulle nie persoonlik ken nie. Die plek is baie wild en ongelukkig nie geskik vir jong kinders nie, maar ek dink ek moet maar tog daar gaan probeer. Geen krag, geen geboue, geen gidse en goete nie. Jy groet die oom, en gaan soek jou bok. Dit is dalk tyd.Capt. Yoda wrote: Wed Jun 10, 2026 4:38 pm You got to pay if you wanne play. Alles is duur hel ek het gister R11 vir 1 ui betaal en ongelukkig soos vroer genoem is da baie manne met geld wat graag deesade wil jag, en hulle wil nie jag omdat sy eie biltong vir hom lekkerder as woolies sin is nie.
Daai dae van op n pel se Pa se plaas rond loop vir n naweek en 1 rooibok skiet is lankal verby en sal nie weer terug kom nie. Die maklikste is maar om vrede met dit te maak en dan n plan te maak as jy ook wil jag want niemand gaan jou jammer kry nie.
Ek sien die going rate op mooi plase is somer al R6000 vir n blesbok, gelukkig hou ek van gemak so ek verkies my kamer moet skoon gemaak word en hulle kan somer n heater in my badkamer ook vir my aan sit so half 5 se kant laat ek warm kan wees voor ek in die warm stort klim
-
Yogi
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am
Re: Die pad wat jag stap in SA
Ek kan altwee partye se kant insien, ek kan ook nie verstaan dat party plekke 2 -3 keer meer vra vir die wild as ander nie, maar jy betaal vir die geriewe, die ondervinding, die mooi jagbakkie ens. Die ander kant, ons kan die jaar goedkoop gemsbok bulletjies inkoop teen R12k + vervoer, ek kan hulle nie meer laat jag vir R5500 nie, maar ook nie 12k nie. Kampe moet onderhou word, werkers moet betaal word, dan is daar nog vrektes en klomp wild wat deur pouchers en onwettige jag in die nag verdwyn.Gun die boere ook sy paar sente vir die jaar se werk, hy vra nie R10 000 per uur soos party beroepe nie, maar daar is ook jagplekke wat die mense uitbuit. Ek sê lankal, jag gaan soos party plekke in Europa, net vir die adelikes wees. Intussen geniet ons wat ons kan in ons mooi land met die groot verskeidenheid wild, wat die oorsee se jagters ook wil hê.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Die pad wat jag stap in SA
Ek verstaan dat 'n boer nie kan bokke koop om te laat jag nie. Dit maak nie sin nie. As dit sin gemaak het, sou ek my eie bokke op veilig gaan koop het en hulle sommer in die sleepwa geskiet het vir biltong.
Maar ek wil ook nie glo dat ons jag, soos jy sê, net vir die adelikes sal raak nie. Dit sal 'n baie jammer dag in SA wees.

Monster
- Sr. Member

- Posts: 361
- Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am
Re: Die pad wat jag stap in SA
Ons groepie jagters is die afgelope paar jaar bevoorreg genoeg om genooi te word om op 'n mega-boer se grond te gaan jag. Ons verstaan terdeë dat dit op uitnodiging geskied en is baie dankbaar vir die geleentheid. Die boer het ongelooflike lande onder sitrus en aartappels, en beskik selfs oor sy eie slaghuis. Tussen die lande is 'n wildskamp uitgelê met heerlike tent-akkommodasie, 'n groot lapa en net genoeg sonkrag om die yskaste aan die gang te hou. Daar is ook 'n buitestort met 'n donkie en twee toilette. Al is ons genooi, word die verblyf en ander onkostes natuurlik betaal, net soos met enige ander jag.
Gedurende die eerste jaar was die jagervaring ongelooflik. Hoewel die pryse aan die hoë kant van die spektrum was, was dit die moeite werd. In die tweede jaar het die pryse egter met gemiddeld 25–30% geklim. 'n Paar van die manne het wel iets geskiet, maar ek kon net 'n blesbok oes vir my ouers se vrieskas. Die boer het aangedui dat wildveilingpryse die hoogte in geskiet het, en ons blameer hom glad nie daarvoor nie – hy bedryf immers nie 'n liefdadigheidsorganisasie nie. Vanjaar het die pryse egter weer gestyg, en ons as groep het besluit om eerder 'n Kalahari-jag te probeer, wat ongelukkig nie gerealiseer het nie.
Die punt is: as wildpryse jaarliks met 25–30% styg, raak dit onbekostigbaar. Iewers is daar 'n breekpunt waar selfs die diepste sakke nie meer gaan kans sien om te jag nie. Wat ook opvallend was, is dat die jagters die naweek meer as net 'n geleentheid gesien het om te ontspan – hulle het die veldstap en die bekruip van die wild geniet, maar nie meer die sneller getrek nie. Gevolglik is daar baie minder wild gejag.
In my opinie moet daar 'n balanspunt wees tussen wildpryse en die aantal diere wat gemiddeld per jag geoes word. Die vraag is dus: Teen watter wildskoste maak die boer die meeste wins uit beide die verblyf en die oes, vergeleke met slegs die inkomste uit verblyf? 'n Verhoging van 25–30% per jaar is eenvoudig onvolhoubaar.

Die nuwe probleem is nie die koste van wild so seer nie dit is om n plaas te kry om op te jag en as jy een kry moet jy basies die boer se gat lek om hom so ver te kry om vir jou datums en pryse te stuur, ek het nou die oefening gedoen en naand my moer gestrip en dit maar gelos. As jy nie 6 of 7 mense is nie stel die manne nie belang nie, ek kan hulle seker nie kwalik neem nie as hy n span van 7 kan kry vir daai datum gaan hy meer geld maak as 2 Pas en 2 seuns. Een man vra my somer wat ek wil jag voor hy my se of hy datums oop het, nou ek is nie vreeslik baie gepla om vir iets te betaal wat ek soek nie maar as ek dit soek soek ek dit nou,
Ek moet hier vir Eduard n pluimpie gee, Sondag aand stuur die man somer vir my alles wat jy nodig het soos 5min na ek hom gekontak het ongelukkig kon ons datums dit nie maak werk nie.
Wat ek jul wel kan se ek sal nie in my lewe R12 000 vir n gemsbok of R11 000 vir n RHB of R6000 vir n blesbok betaal omdat dit is wat dit die boer kos om hulle aan te koop nie, daar is darem ook n punt waar dinge bq begin hand uit ruk. Daai kan die Instagram manne maar met liefde gaan jag dan skiet ek maar kompetiesies hier om JHB en koop biltong by die slaghuis
Ek moet hier vir Eduard n pluimpie gee, Sondag aand stuur die man somer vir my alles wat jy nodig het soos 5min na ek hom gekontak het ongelukkig kon ons datums dit nie maak werk nie.
Wat ek jul wel kan se ek sal nie in my lewe R12 000 vir n gemsbok of R11 000 vir n RHB of R6000 vir n blesbok betaal omdat dit is wat dit die boer kos om hulle aan te koop nie, daar is darem ook n punt waar dinge bq begin hand uit ruk. Daai kan die Instagram manne maar met liefde gaan jag dan skiet ek maar kompetiesies hier om JHB en koop biltong by die slaghuis
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Die pad wat jag stap in SA
Ek het self agtergekom dat boere meer en meer "ekstras" begin charge. Dis nie meer net verblyf nie, soos ek genoem het bo betaal jy nou ook vir die boer se gids, die bakkie, diesel, slagkoste, hout, ens. Ek het selfs al gesien dat boere being geld vra om die koelkamer aan te sit waar die bokke moet hang.
Jare terug het die gesegde gesê dat boere met baie bokke, min vra vir verblyf. Boere met min bokke vra baie vir verblyf. Dit was gewoonlik die reel.
Nou lyk dit my bokke het so duur geword, boere maak geld op ander maniere en klaar. Of die manne nou skiet of nie, die boer maak sy geld en hy worry nie meer nie.

- Bushwack
- Full Member

- Posts: 151
- Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm
Re: Die pad wat jag stap in SA
Kom ek gou n "spanner in die vuur" hoeveel "boere" is besigheid manne (ander core besigheid wat inkomste genereer)...kom ons noem hulle naweek boere...alles kos geld inderdaad, maar alles word deur die plaas gesit, gekoop en afgeskryf...almal is op die trein om geld te maak en almal wil met Buitelanders jag, almal van 100ha to 1000ha+. Daar is boere / Outfitters wat al langer as ek in die bedryf is, dit vertaan ek hy/hulle maak n lewe daaruit...Toxxyc wrote: Thu Jun 11, 2026 11:13 am Ek het self agtergekom dat boere meer en meer "ekstras" begin charge. Dis nie meer net verblyf nie, soos ek genoem het bo betaal jy nou ook vir die boer se gids, die bakkie, diesel, slagkoste, hout, ens. Ek het selfs al gesien dat boere being geld vra om die koelkamer aan te sit waar die bokke moet hang.
Jare terug het die gesegde gesê dat boere met baie bokke, min vra vir verblyf. Boere met min bokke vra baie vir verblyf. Dit was gewoonlik die reel.
Nou lyk dit my bokke het so duur geword, boere maak geld op ander maniere en klaar. Of die manne nou skiet of nie, die boer maak sy geld en hy worry nie meer nie.
Ek as Outfitter (28 jaar in die bedryf) sukkel soms om bemarking te doen met pryse soos hierbo genoem en tog kan die normale boer/plaas geen buitelander laat jag of bemark sonder Outfitters nie. Die pryse vanaf die boere is ook duur na Outfitters toe; dit kan ek jou verseker. Namibië trek meer buitelandse jagters, lankal meer as SA. Nou as ek daai figure kyk, hoe kan al die boere net met buitelanders jag, dit klop nie...
Binnelandse jagters was nog altyd die 'brood en botter' vir boere, nou word hulle gesteenig want die quota is uitgesit vir buitelandse jagters...die syfer klop alweer nie vir my nie...ONS NOEM DIT MAAR SELL IN DEMAND!
Patrick Reynecke
Dream...Discover...Experience...
Dream...Discover...Experience...
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Die pad wat jag stap in SA
Dit is so Oom, ek stem saam. Ek weet van baie vriende wat Namibië toe ry vir jag, want die wild is aansienlik goedkoper. Die argument is dat hulle eerder 2 of 3 tenks diesel uitry en dan met 'n sleepwa vol vleis huis toe kom, as wat hulle 150km ry en dan net 'n rooibok kan skiet want alles is so vrek duur hier. Ek kan dit nie doen nie want my kinders is nog heeltemal te jonk, en ek het 'n baba by die huis.
Wat my pla is dat ek ook weet daar is boere wat graag 'n plaaslike man met sy seuns die geleentheid wil gee, maar soos Oom noem, die kwota klop nie. En ek kan hulle nie kwalik neem nie. As ek met 10 rooibokke sit wat geskiet moet word die seisoen, sal ek ook eerder die goed wil verkoop teen $1,000 stuk vir 'n buitelander as teen R2,500 vir 'n plaaslike ou wat my plaas kom opneuk met sy drinkmaatjies.
Dis 'n moeilike situasie, en dis vir my jammer. Ek weet ons sal seker nooit weer teruggaan na die tye waar wildsvleis wat self gejag word goedkoper is as hormoonbelaaide beesvleis van die Checkers af nie, en ek begin nou vrede maak daarmee. Maar magtig, dis 'n bitter pil om te sluk.
Wat my pla is dat ek ook weet daar is boere wat graag 'n plaaslike man met sy seuns die geleentheid wil gee, maar soos Oom noem, die kwota klop nie. En ek kan hulle nie kwalik neem nie. As ek met 10 rooibokke sit wat geskiet moet word die seisoen, sal ek ook eerder die goed wil verkoop teen $1,000 stuk vir 'n buitelander as teen R2,500 vir 'n plaaslike ou wat my plaas kom opneuk met sy drinkmaatjies.
Dis 'n moeilike situasie, en dis vir my jammer. Ek weet ons sal seker nooit weer teruggaan na die tye waar wildsvleis wat self gejag word goedkoper is as hormoonbelaaide beesvleis van die Checkers af nie, en ek begin nou vrede maak daarmee. Maar magtig, dis 'n bitter pil om te sluk.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Die pad wat jag stap in SA
Die SA manne JAG! Hoe se my Pa is net on littlefckers wat sit en kykBushwack wrote: Fri Jun 12, 2026 9:07 amKom ek gou n "spanner in die vuur" hoeveel "boere" is besigheid manne (ander core besigheid wat inkomste genereer)...kom ons noem hulle naweek boere...alles kos geld inderdaad, maar alles word deur die plaas gesit, gekoop en afgeskryf...almal is op die trein om geld te maak en almal wil met Buitelanders jag, almal van 100ha to 1000ha+. Daar is boere / Outfitters wat al langer as ek in die bedryf is, dit vertaan ek hy/hulle maak n lewe daaruit...Toxxyc wrote: Thu Jun 11, 2026 11:13 am Ek het self agtergekom dat boere meer en meer "ekstras" begin charge. Dis nie meer net verblyf nie, soos ek genoem het bo betaal jy nou ook vir die boer se gids, die bakkie, diesel, slagkoste, hout, ens. Ek het selfs al gesien dat boere being geld vra om die koelkamer aan te sit waar die bokke moet hang.
Jare terug het die gesegde gesê dat boere met baie bokke, min vra vir verblyf. Boere met min bokke vra baie vir verblyf. Dit was gewoonlik die reel.
Nou lyk dit my bokke het so duur geword, boere maak geld op ander maniere en klaar. Of die manne nou skiet of nie, die boer maak sy geld en hy worry nie meer nie.
Ek as Outfitter (28 jaar in die bedryf) sukkel soms om bemarking te doen met pryse soos hierbo genoem en tog kan die normale boer/plaas geen buitelander laat jag of bemark sonder Outfitters nie. Die pryse vanaf die boere is ook duur na Outfitters toe; dit kan ek jou verseker. Namibië trek meer buitelandse jagters, lankal meer as SA. Nou as ek daai figure kyk, hoe kan al die boere net met buitelanders jag, dit klop nie...
Binnelandse jagters was nog altyd die 'brood en botter' vir boere, nou word hulle gesteenig want die quota is uitgesit vir buitelandse jagters...die syfer klop alweer nie vir my nie...ONS NOEM DIT MAAR SELL IN DEMAND!
Ons het n plaas waar op ons jag, die plaas is daar op uit om basies met buitelanders te jag, is so by die 40k hektaar en hulle jag 320 dae n jaar, jy kan somer met die chopper rond vlieg tussen die "plase" as jy wou.
Daar is n paar weke n jaar oop (van Sondag ogend 11uur aan kom en dan Sondag ogend 8uur waai) vir SA biltong jagters en daai datums is vol vir n paar jaar voor uit. As jy jou datum mis is jy uit en val weer agter in die lyn in en ander "biltong" jagters jag op jou datum. Daai plaas is alles behalwe goedkoop maar die wild is vollop en groot en dis n ongelooflike experience om so "besigheid" te aanskou. Die SA manne staan tou om daar te jag.