Page 1 of 1
Springfontein 2026
Posted: Thu Jun 04, 2026 9:04 am
by Gian_dP
Drie weke gelede was ons nie seker of die jag gaan gebeur nie. Kaapse storms het omtrent verwoesting gesaai! Met N1 uit die Kaap uit heeltemal gesluit, moes ons bietjie ander paaie ry om in Graaff-Reinet uit te kom.
Het lanklaas R62 gery, by paar ander plekke gestop as gewoonlik.
Was darem betyds op die plaas om gou zeros te bevestig en n draai te ry.
Donderoggend vroeg is ons na 'n nabygeleë plaas waar ons nog nie gejag het nie. Hulle boer hoofsaaklik met Dorpers, maar het lekker bebosde gedeeltes en klowe op die plaas wat die koedoes van hou!
Jag was kombinasie van rondry en soek, afklim en stalk. Paar skote van bakkie af ook.
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
Re: Springfontein 2026
Posted: Thu Jun 04, 2026 9:13 am
by Frederik
Mooi man dankie vir die deel nog nie die jaar skoot in die veld geskiet nie maar my tyd kom so oor 10 dae se kant.
Re: Springfontein 2026
Posted: Thu Jun 04, 2026 1:54 pm
by Gian_dP
Vrydagoggend het ons op Springfontein gejag. Plan was vir ons elkeen om n blouwildebees te voet te jag. Ons het juis ons 375'e hiervoor saamgebring.
Ek het so 2 ure kat-en-muis gespeel met 'n paar groepies wildebeeste. Kon uiteindelik naby genoeg kom om n skoot oor die stokke te kry. Hy het so 50m verder in die stof geduik.
300gr Norma Oryx mooi deurgefluit.
In:
Uit:
Wicus en Wihan ook suksesvol gewees.
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
Re: Springfontein 2026
Posted: Thu Jun 04, 2026 2:10 pm
by Gian_dP
Vrydagmiddag het ons bietjie op ons eie rondgery. Wicus en Wihan het elkeen n 6mmBR laat bou. Hulle kon darem elkeen ietsie laat saam ry met die nuwe roere.
Nou nie nuwe geweer nie, maar ek darem ook kans gekry.
Saterdag het ons by Flippie se pa gaan kuier. Sy trop wit springbokke het so paar "Amarula" bokke in. Darem ons deel gedoen om die genetika reg te kry.
Uitgerus en amper reg om weer die stad se liggies aan te pak! Oor 2 maande kom ons weer met al die kinders, kan nie wag nie!
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
Re: Springfontein 2026
Posted: Thu Jun 04, 2026 2:25 pm
by Frederik
Netjies manne mooi gegooi.
Re: Springfontein 2026
Posted: Thu Jun 04, 2026 2:30 pm
by Capt. Yoda
Lekker, is n netjiese wit blesbok daai met die antena horings
Re: Springfontein 2026
Posted: Fri Jun 05, 2026 11:37 am
by JohanvB
Wel gedaan manne!
Re: Springfontein 2026
Posted: Fri Jun 05, 2026 12:33 pm
by Jaco vdW
Netjies Gian
Dit is darem nou met net lekker om so tyd in die veld te spandeer.
Re: Springfontein 2026
Posted: Fri Jun 05, 2026 1:07 pm
by partner
Baie Dankies vir al die Fotos en Deel daarvan.
Re: Springfontein 2026
Posted: Tue Jun 09, 2026 1:34 pm
by pietskiet
Veld is darem hierdie jaar net next level mooi. Mooi manne, goue tye