Page 1 of 1

Los primer pockets

Posted: Mon Jun 01, 2026 6:51 am
by LouisR
Goeie môre, sal los primer pockets variasie in snelhede veroorsaak? Naweek baie variasie op verskillende ladings gekry wat ek nie kan verduidelik buiten dat van die primers baie los gevoel het met insit en swart ring rondom primer gelos het ná skoot(lading is nie hoog gewees nie, wel voorheen met dieselfde doppe)Image

Re: Los primer pockets

Posted: Mon Jun 01, 2026 8:12 am
by JF123
Die swart ring om die primer en lading wat nie hoog is nie beteken daardie doppe is klaar. Gas wat uitlek kan beslis snellhede verander.

Deur hul aanhou gebruik gaan jy erosie op die slot kry rondom die slagpen gaaitjie.

Los gaaitjies is gewoonlik nie so ʼn groot probleem nie, solank die primers nie net uitval nie. Maar dit klink my die vorige skote met daardie doppies was uitermatig hoog.

Re: Los primer pockets

Posted: Mon Jun 01, 2026 9:53 am
by Capt. Yoda
Die kort antwoord is ja dit is tyd vir nuwe doppe, jy kan dalk na iets soos n Muron primer kyk wat bq stuiwer in gaan as jy nog n skoot of 3 uit hulle wil probeer kry

Re: Los primer pockets

Posted: Mon Jun 01, 2026 9:43 pm
by LouisR
Dankie vir antwoorde, sal doppe vervang

Re: Los primer pockets

Posted: Tue Jun 02, 2026 4:20 am
by Askari
Ek het dieselfde oorgekom met Winchester doppe en warm ladings.... drom toe.

Re: Los primer pockets

Posted: Tue Jun 02, 2026 7:40 am
by obasch
Capt. Yoda wrote: Mon Jun 01, 2026 9:53 am Die kort antwoord is ja dit is tyd vir nuwe doppe, jy kan dalk na iets soos n Muron primer kyk wat bq stuiwer in gaan as jy nog n skoot of 3 uit hulle wil probeer kry
Waarvoor die risiko loop om groot skade aan jou wapen te veroorsaak ter wille van 'n paar sent te spaar op doppe wat waarskynlik alreeds vervang moes wees?

Re: Los primer pockets

Posted: Tue Jun 02, 2026 8:19 am
by Capt. Yoda
obasch wrote: Tue Jun 02, 2026 7:40 am
Capt. Yoda wrote: Mon Jun 01, 2026 9:53 am Die kort antwoord is ja dit is tyd vir nuwe doppe, jy kan dalk na iets soos n Muron primer kyk wat bq stuiwer in gaan as jy nog n skoot of 3 uit hulle wil probeer kry
Waarvoor die risiko loop om groot skade aan jou wapen te veroorsaak ter wille van 'n paar sent te spaar op doppe wat waarskynlik alreeds vervang moes wees?
Dis nie noodwendig n risiko nie, as die primer stuif in gaan sal hy nie lek nie.

Die ring wat hy om sy dop kry is ook nie noodwendig die primer pocket alleen wat gerek is nie, n kombinasie van lae druk, los primer en heel moontlik n bq ekstra spasies tussen die skouer en die kamer is heel moontlik die rede vir die swart ring om die primer maar ja nuwe doppe sal dit op los.