Page 1 of 1
Satelliet telefoon
Posted: Wed May 20, 2026 7:29 pm
by cbm
Naand lede
Ek oorweeg 'n satelliet telefoon, aangesien ek meestal pendel op paaie en bly in gebiede wat geen of min selfoon sein het.
Is daar dalk 'n lid met ondervinding met diƩ klas telefone wat in ons land werk en waarna mens moet kyk en of wat julle sou aanbeveel.
Dankie en groete
Jacobus
Re: Satelliet telefoon
Posted: Wed May 20, 2026 8:23 pm
by James Wilson
Ek gaan hierdie post mooi dophou. Ek en my personeel ry gereeld in omgewings waar daar geen sein(selfoon) is nie. Ek is altyd besorg oor my mense en ook oor myself. Ek weet daar is oplossings vir opvangs en ek sal graag meer wil weet.
cbm, dankie vir n raak en teenwoordige vraag. kom ons kyk wat is die opsies wat ons terugvoer oor kry
Re: Satelliet telefoon
Posted: Thu May 21, 2026 7:06 am
by Ratel
Ons gebruik Iridium sateliet fone maar slegs in uiterste nood toestande waar kommunikasie middels gestop het om te werk. Dis egter 'n duur opsie en lugtyd en data is k&k duur. Werk die foon op enige plek bogrond? Ja beslis. My raad sou wees om alle opsies te google en mooi die kat uit die boom uit te kyk. Mens kry ook redelik geprysde pakkette wat data en lugtyd insluit. Battery lewe is maar dieselfde as vir selfoon oor die algemeen.
https://www.satcomms.co.za/post/cheapes ... frica-2026
Re: Satelliet telefoon
Posted: Thu May 21, 2026 10:52 am
by Krobb
Ratel kan jy n indikasie gee van die kostes vir data en lugtyd.
Re: Satelliet telefoon
Posted: Thu May 21, 2026 11:33 am
by Ratel
Krobb wrote: Thu May 21, 2026 10:52 am
Ratel kan jy n indikasie gee van die kostes vir data en lugtyd.
Dit wissel baie. Kyk na die link wat ek opgesit het en dan sal ek voorstel skakel die mense en hoor. By ons het die maatskappy 'n aantal fone aangekoop en pakkette beding wat dalk nie dieselfde gaan wees as wanneer mens een foon koop nie. Wat ek beslis sou voorstel is om 'n foon met SOS funksie te koop.
Re: Satelliet telefoon
Posted: Thu May 21, 2026 11:48 am
by Zuku
Contact Cheryl 071 eight eight seven 9393 for pricing.
Re: Satelliet telefoon
Posted: Thu May 21, 2026 12:30 pm
by Dawie Malan
Baie ouens koop of huur nou Starlink. Daarmee kan jy enige plek bel, emails stuur, baie vinnige internet geniet, jou Ipad gebruik om te navigeer en bel. Dit gaan Sat fone en GPS heeltemal tot niet laat gaan.
Re: Satelliet telefoon
Posted: Thu May 21, 2026 12:50 pm
by Capt. Yoda
Ek wou ok se Starlink maar weet nie hoe beskikbaar hulle al hier in die hoek van die donker kontinent is nie