Page 1 of 1

Hornady ELD-X Ondervinding

Posted: Tue May 19, 2026 8:14 am
by Gareth1
Goeie môre,

Ek is tans besig om rond te kyk vir ’n nuwe jagpunt — verkieslik iets wat ek ook op die skietbaan kan gebruik. Op hierdie stadium neig ek sterk na die Hornady ELD‑X. Ek hoor egter gereeld dat mense Hornady‑koeëls, oor die algemeen beskryf as “exploding rounds” wat blykbaar meer vleis kan beskadig.

Een van die redes waarom ek dit steeds oorweeg, is dat die prys per 100 byna identies is aan Custom Competitions, met slegs ’n klein verskil afhangend van waar jy koop.

My vraag aan julle is dus: Wat is julle praktiese ondervinding met die ELD‑X, en hoe vergelyk dit met iets soos die Nosler AccuBond?

Ek hoor graag julle terugvoer.

Re: Hornady ELD-X Ondervinding

Posted: Tue May 19, 2026 8:36 am
by Capt. Yoda
Jy kan dink aan n SST met n plastiek punt vs n Accubond
Ek sou se die ELD-X vergelyk ook goed met iets soos Nosler se Ballistic tip hunitng, die koel het blykbaar n interlock ring om die core en coper te help aan mekaar hou maar dit bly maar n sagte koel

Ek jag met ELDs in een of 2 kalibers en dit sit n bok baie vinnig neer maar jy moet weet wat om te verwag as jy n bok op 180m op die blad skiet
Dis nie die koel wat ek sou kies as ek in die bosveld Koedoes gaan soek met n 3-9 scope op my geweer nie maar plekke waar jy van bakkie af skiet en tyd het werk hul heel lekker

Re: Hornady ELD-X Ondervinding

Posted: Tue May 19, 2026 7:04 pm
by Vleisie
Ek skiet ELD-X in 2 van my gewere en ek is baie tevrede met hulle, kan dit nie vergelyk met die Noslers nie. Nog nooit Noslers geskiet nie.

Ek sal wel sê ek het nog elke bok wat ek geskiet het van 100m tot kwebokke 500m+, het nie n enkele bok meer as 20m gehardloop nie. Het al n paar punte recover onder die vel, alhoewel dit van langer skote was het almal +-85% gewig behou.
Wat ek wel sal beaam is kort afstand terwyl spoed nog bo +-2500fps is, kan dit redelik vleis mors.

Dit is maar my ondervinding met hulle.

Re: Hornady ELD-X Ondervinding

Posted: Tue May 19, 2026 7:31 pm
by Glocked
Ek het gesukkel om die 143gr eldx te kry om rerig mooi te skiet in die 6.5.

Kon 1 of 2 bokke geskiet kry met hulle, en ja dis defnitief nie die ideale kort afstand/bos jag punt nie. Meer geskik vir kopskote en langer afstand skote agter die blad eerder as op die blad. Het wel gehelp met 'n rooibok wat ek bietjie vêr agter geskiet het, en steeds hom vinnig laat omdop het.

Re: Hornady ELD-X Ondervinding

Posted: Tue May 19, 2026 9:48 pm
by Lategan1
Hier was voorheen detail gesprekke oor die Eldx op tradisionele afstande, lyfskote insluit.

My ervaring is van 162gr in 7mm Mauser en 7mmRM. Een groot vleis gemors. Baie Goed vir kop/nekskote.

Ek skiet Accubonds in verskeie kalibers. Die eldx kan nie vergelyk word met die stywer AB nie.

Eldx is baie akkuraat, maar na my mening vir skote verder as 350m plus.

Beste.

Re: Hornady ELD-X Ondervinding

Posted: Wed May 20, 2026 5:40 am
by Andre308
Konstruksie gewys is n ELD X meer in lyn met n Nosler Balistic Tip koel.

Die Hornady interbond vergelyk goed met die Nosler Accubond koele, maar hulle is maar skaars die laaste tyd.

Ek skiet tans n 208gr ELD M onder 2500fps om alles mee te doen, van jag tot Darling se klein doppie skiete. Ek het al koedoe agter die blad ook so geskiet onder 200m met goeie resultate.

Solank jy n expanding koel skiet, en altyd onthou waarmee jy besig is en binne die vermoe van die produkte bly, dan gaan jy sukses he. Ek skiet glad nie bokke op die harde knoppe nie, tensy dit n kwes bok is wat ek probeer briek. Kop, nek of agter die blad is waar die sagte koele altyd mooi werk en daar is ook min vleis wat dan drom toe gaan.

Re: Hornady ELD-X Ondervinding

Posted: Wed May 20, 2026 6:57 am
by Geno
Ek het met die 6.5mm 143gr ELD-X bokke geskiet vanaf 100m tot op 670m. DIt was of 2780fps, of 2880fps, ek kan nie lekker onthou nie.
Ribbok, springbok, koedoe, njala, eland, bosbok en vlakvark.
Ek was heel tevrede met die hoeveelheid vleisskade en hoe vinnig die bokke dood is na die skote.

Image