Page 1 of 1

Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Mon Apr 20, 2026 11:47 am
by Lamtjop
Manne ek kort raad. My jakkals skiet geweer se loop het ewe skielik pit merke in loop ontwikkel wat duidelik ook koper afstroop en lekker koper strepe in loop agter laat. Die geweer skiet egter nog baie mooi. My vorige jakkals roer het dieselfde merke ontwikkel, beide is Tikka met CR Moly lope en beide het Sustac knaldempers op. Roes plekkies is beide gevalle in laaste 1/3 van die loop. Na 1ste geweer dit gedoen het het ek bietjie OCD geraak en elke keer as ek uit was met geweer dan stoot ek so 3 olie lappies deur voor ek geweer bêre. Gewoonlik 2 lappies Q20 se GunQ en dan 1 met Ballistol, of 3 lappies skoon ballistol. Ek stoot droe lappies deur voor ek uitgaan en olie lappies as ek terugkom ongeag of ek n skoot geskiet het. Geweer word nie met knaldemper aan gestoor nie, knaldemper net aan terwyl ek jag. Kluis het 2 dehumidifiers in, 1 weggooibare soort en 1 wat jy "recharge" as hy vol vog is.
Erens doen ek iets verkeerd en ek bly in die karoo, hier dou dit net paar nagte in die jaar!! Wat moet ek doen of deur loop sit om verdere roes te keer?
Geen van die wapens in kluis het spikkeltjie roes op die buitekant nie.

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Mon Apr 20, 2026 2:53 pm
by Ds J
Enkele gedagtes:

1. Het jy al die loop gereeld met n bronsborsel skoongemaak? Dit kan wees dat iets in die kruit n aanpaksel maak wat roes laat ontstaan.

2. Waar bere jy die geweer - is daar dalk n chemiese invloed, bv verf in n kluis?

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Mon Apr 20, 2026 4:44 pm
by Giepie
Met hierdie laat dit my weer vra, hoekom is daar aan die einde van die loop meer aanpaksel ens as dieper in? Ek kan die eerste deel na die kamer tot 'n mate verstaan, maar daardie laaste deel voor die koeël voor die koeël die loop verlaat? Ek het 'n ou 303 gehad waarvan die eerste en laaste stukke van die loop erg gepit was, maar die middelste deel was nog amper reg. Wanneer ek my gewere skoonmaak voel ek meer weerstand aan die begin en einde. As ek heelpad ewe veel weerstand beleef is die loop gewoonlik skoon.

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Mon Apr 20, 2026 6:35 pm
by Giepie
Ok, gou ChatGPT gevra.

The last part of a rifle barrel—near the muzzle—often ends up dirtier than the rest because of how gases, heat, and residue behave as a shot is fired.

When a round is fired, the burning propellant creates extremely hot, high-pressure gases that push the bullet down the barrel. As the bullet travels, it seals the bore fairly well, but not perfectly. By the time it reaches the end of the barrel, a few things happen:

Pressure drops rapidly at the muzzle: As the bullet exits, the gases suddenly expand into open air. This causes a turbulent blast that deposits carbon, unburnt powder, and metal fouling right at the crown and just inside the muzzle.
Gas overtakes the bullet: Near the end, some gases can slip past the bullet (called “blow-by”), carrying residue forward and concentrating it at the last section.
Cooling and condensation: The hot gases cool quickly once they leave the barrel, which makes residues more likely to stick to the metal near the exit.
External contamination: The muzzle is also exposed to the environment, so dust, moisture, and debris can mix with residue and make it appear dirtier than internal sections.

This is why the muzzle and crown are critical areas to keep clean—buildup there can affect accuracy more than fouling deeper inside the barrel.

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Mon Apr 20, 2026 6:38 pm
by Victor_
Ek sou die weggooibare dehumidifier weggooi!

Sent from my SM-A556E using Tapatalk


Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Mon Apr 20, 2026 7:25 pm
by Capt. Yoda
Daai clicks dehumidifiers is van die duiwel af, sodra hy “versadig” is laat hy n klomp vog baie vinnig in jou kluis kom en die dag wat hy hom om stamp in jou kluis sal jy sien wat drek is. Jy kan maak wat jy wil daar wa daai gelwater geloop het bly dit roes.

Ek neem aan jy het na die loop gekyk toe hy nuut was en daar was geen merke nie?

Koop vir jou fluidfilm by S&O en gebruik dit in die loop as jy hom stoor. Hou dit net uit jou sneller uit want dit raak taai as dit lank staan maar dit is baie goed om roes weg te hou. Birchwood se barrecade is ook baie goed en word nie taai nie maar as ek n geweer lank gaan bere gebruik ek FF. Persoonlik is ek nie baie mal oor Q20 en WD40 nie ek het al duur gereeskap gesien wat lekker geroes het al was hul gereeld met dit “behandel”.

Chat GP het duidelik nog nie baie geskiet as hy reken die kroon deel van n loop raak vuiler as die eerste paar duim by die kamer nie

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Mon Apr 20, 2026 8:19 pm
by JF123
ʼn Paar lappies alleen maak nie n̈ loop skoon nie.

Kry maar vir jou so paar brons borselties en gebruik dit gereeld.

Jy het nie gesê waneer laas jy die loop behoorlik skoon gemaak het nie of die koper uigehaal het nie.

Het jy dalk fotos van die pitting?

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Mon Apr 20, 2026 8:43 pm
by Lamtjop
Ek gou eers dehumidifier uit kluis gaan haal voor ek kan antwoord. Ek het geweer se loop met borescope gekyk voordat ek betaal het, dit was baie mooi. Ek haal ook gereeld koolstof uit met Boretech en Veldt se produkte, ek gebruik nylon en koperborsels. Koper verwyder ek minder gereeld. Net om bietjie beter te verduidelik, die roes is in so 3 dium lange area rofweg 2/3 vanaf kamer. Die laaste paar duim na die kroon makeer absoluut niks. Beide gewere dieselfde plek. Ek stoor my gewere loop ondertoe as ek hulle olie gegee het, dan weet ek watter om droë lappie deur te stoot voor gebruik. Nog raad en opinies welkom. Ek kan fotos van loop whatsapp maar nie op forum plaas nie(te erg IT gestremd)
Groete Tjops

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Mon Apr 20, 2026 9:37 pm
by Capt. Yoda
Maak ma seker daar bly nie van daai Boretech in jou kamer agter wat dan kroon se kant toe loop as jy die geweer so stoor nie. Boretech het n snaakse manier om goed te laat roes as dit nie verwyder word nie

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Mon Apr 20, 2026 10:51 pm
by JF123
Ek gebruik nou al Balistol vir meer as ʼn dekade en ek bly so entjie weg van die see. Al wanneer ek roes in ʼn geweer se loop gekry het was toe ek een keer die manne geglo het wat gesê mens hoef nie die loop skoon te maak nie.

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Tue Apr 21, 2026 7:10 am
by Geno
Stoor jy dalk die geweer met sy knaldemper op? Of haal jy hom dadelik af nadat jy gejag het die aand?
Indien jy hom met die demper op stoor gee ek jou 'n brief dat dit is wat die pitmerke veroorsaak.
Ruik bietjie aan jou demper na 'n nag se jag. Hy ruik soos ammoniak. As daardie gas met vog in die lug meng soos wanneer dit kwaai dou, slaan dit neer in die laaste deel van die loop en vreet dit die staal.

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Tue Apr 21, 2026 7:44 am
by tripodmvr
Geno se antwoord maak sin. Jou jakkalsjag snags moet iets daarmee te doen hê. Koue lug veroorsaak vog in die knaldemper.

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Tue Apr 21, 2026 8:38 am
by Lamtjop
Ek stoot elke keer as ek uit veld kom n olie lap deur en stoor geweer onderstebo, sonder knaldemper Ek voel ook dit moet iets te doen hê met knaldemper, moet soms maar vêr huistoe ry met knaldemper aan in geweersak. Wil nie geweer sonder knaldemper rondry nie, n man weet nooit wanneer jakkals oor die pad hol nie. Begin nou al oorproppe oorweeg om sonder knaldemper te skiet.

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Tue Apr 21, 2026 12:00 pm
by Toxxyc
Kry eerder 'n goeie knuppel. As jy naby genoeg aan die jakkals kan kom om vir hom oorproppe in te sit, kan jy hom mos net met die knuppel bydam?

Re: Roes in loop, waarvandaan en hoe keer ek dit?

Posted: Wed Apr 22, 2026 4:53 am
by Andre308
Toxxyc wrote: Tue Apr 21, 2026 12:00 pm Kry eerder 'n goeie knuppel. As jy naby genoeg aan die jakkals kan kom om vir hom oorproppe in te sit, kan jy hom mos net met die knuppel bydam?
Beste andwoord vir 2026!!!