Page 1 of 2
Rhino Bullets
Posted: Sun Apr 12, 2026 11:54 pm
by Bennie Bester
Naand Almal,
Bestaan hulle nog? Ek het laas jaar nog by hulle koeelpunte gekoop op die internet. Goeie diens gekry. Nou kan ek niks op Google kry nie.
Of het iemand dalk vir my n kontak nommer.
Ek luister....
Baie dankie by voorbaat.
Groetnis
Bennie Bester
Re: Rhino Bullets
Posted: Mon Apr 13, 2026 2:13 am
by Fanta300
Re: Rhino Bullets
Posted: Mon Apr 13, 2026 5:49 am
by DWB
Hulle is ongelukkig nie meer in besigheid nie.
Ondersteun gerus vir Rudi van Spoor Bullet Company hier op die forum. Jy sal NIE teleurgesteld wees nie.
Re: Rhino Bullets
Posted: Mon Apr 13, 2026 8:43 am
by Bennie Bester
Baie dankie vir die terugvoer. Ek het so n gevoel gekry toe ek niks op die internet kry nie.
Spoor bullets maak ongelukkig nie punte in die kaliber wat ek soek nie.
Re: Rhino Bullets
Posted: Mon Apr 13, 2026 8:49 am
by toxicsox
Selfde boot. Ek is opsoek na 300g vir my 9.3
Re: Rhino Bullets
Posted: Mon Apr 13, 2026 10:12 am
by Monster
Ek neem aan dist is vir .303 Brit? As baie mense vra sal Rudi dit verseker oor weeg in my opinie. MIskien moet ons maar 'n lys maak van belangstellendes?
Re: Rhino Bullets
Posted: Mon Apr 13, 2026 11:48 am
by toxicsox
Monster wrote: Mon Apr 13, 2026 10:12 am
Ek neem aan dist is vir .303 Brit? As baie mense vra sal Rudi dit verseker oor weeg in my opinie. MIskien moet ons maar 'n lys maak van belangstellendes?
Ek soek 300g vir 9.3x62
Re: Rhino Bullets
Posted: Mon Apr 13, 2026 1:56 pm
by Wouter Roets
toxicsox wrote: Mon Apr 13, 2026 11:48 am
Monster wrote: Mon Apr 13, 2026 10:12 am
Ek neem aan dist is vir .303 Brit? As baie mense vra sal Rudi dit verseker oor weeg in my opinie. MIskien moet ons maar 'n lys maak van belangstellendes?
Ek soek 300g vir 9.3x62
Glo Monster verwys na Bennie se oorspronklike skrywe.
Re: Rhino Bullets
Posted: Mon Apr 13, 2026 3:06 pm
by Rudi Fischer
Bennie Bester wrote: Mon Apr 13, 2026 8:43 am
Baie dankie vir die terugvoer. Ek het so n gevoel gekry toe ek niks op die internet kry nie.
Spoor bullets maak ongelukkig nie punte in die kaliber wat ek soek nie.
Dagse Bennie.
Praat met my, waarna is jy opsoek na ?
Re: Rhino Bullets
Posted: Mon Apr 13, 2026 8:07 pm
by Bennie Bester
Naand Rudi,
Ek is op soek na 358 kal. 250 gr punte. Die kombinasie het mooi gewerk in my geweer.
Groetnis
Re: Rhino Bullets
Posted: Mon Apr 13, 2026 9:39 pm
by tripodmvr
toxicsox wrote: Mon Apr 13, 2026 8:49 am
Selfde boot. Ek is opsoek na 300g vir my 9.3
As ek mag vra, hoekom 'n 300gr?
Re: Rhino Bullets
Posted: Tue Apr 14, 2026 5:50 am
by J le Roux
Ek het nog 50 170gr 7mm indien daar belangstelling is, PM my.
Re: Rhino Bullets
Posted: Tue Apr 14, 2026 9:15 am
by toxicsox
tripodmvr wrote: Mon Apr 13, 2026 9:39 pm
toxicsox wrote: Mon Apr 13, 2026 8:49 am
Selfde boot. Ek is opsoek na 300g vir my 9.3
As ek mag vra, hoekom 'n 300gr?
Ek het rerig alles probeer met 285G en 286G - niks werk nie. Ook verskillende kruit S335, S355 en S341. 200 en 250 Primers probeer - niks wil groepeer met die 285g en 286g nie. Ek het so paar 300G Rhino's gehad en hulle het dadelik gewerk met S341- probleem is die drop - maar tenminste groepeer hulle baie mooi. Dalk moet ek alle logika by die venster uitgooi en 250G probeer.
Re: Rhino Bullets
Posted: Tue Apr 14, 2026 11:42 am
by tripodmvr
Is dit nou gewone loodkern koeëls of Spoor se produk?
Re: Rhino Bullets
Posted: Tue Apr 14, 2026 2:11 pm
by toxicsox
Die 285g is Norma Oryx en Lapua Mega. Die 286g is die Norma Alaska en Hornady Interlock. Die 300G Rhino is die solid shank.
Re: Rhino Bullets
Posted: Sun Apr 19, 2026 11:02 am
by LUAN
Rhino was oorgekoop maar die nuwe eienaars weet glo nie mooi hoe om die masjiene te werk en nou staan dinge stil.
Re: Rhino Bullets
Posted: Tue Apr 21, 2026 12:17 pm
by Wouter Roets
LUAN wrote: Sun Apr 19, 2026 11:02 am
Rhino was oorgekoop maar die nuwe eienaars weet glo nie mooi hoe om die masjiene te werk en nou staan dinge stil.
Jy is nie ernstig nie!
Re: Rhino Bullets
Posted: Tue Apr 21, 2026 3:52 pm
by Lategan1
Indien dit waar is, is die volgende vraag; kry hulle die masjiene wel onder die knie, hoe gaan die konstante kwaliteitbeheer lyk?
Beste.
Re: Rhino Bullets
Posted: Tue Apr 21, 2026 4:22 pm
by Rudi Fischer
LUAN wrote: Sun Apr 19, 2026 11:02 am
Rhino was oorgekoop maar die nuwe eienaars weet glo nie mooi hoe om die masjiene te werk en nou staan dinge stil.
Daar was n bietjie meer as net dit aan die gang.
Maar dis vir n ander dag se gesprekke.
Re: Rhino Bullets
Posted: Tue Apr 21, 2026 4:24 pm
by Rudi Fischer
toxicsox wrote: Tue Apr 14, 2026 2:11 pm
Die 285g is Norma Oryx en Lapua Mega. Die 286g is die Norma Alaska en Hornady Interlock. Die 300G Rhino is die solid shank.
Maak nie lekker sin vir my nie, maar as jy wil sal ek vir jou n paar van my 286gr stuur wat jy kan toets.
As jy die raad volg wat ek saam gee, is ek oortuig dat jou geweer sal mooi skiet.
Re: Rhino Bullets
Posted: Tue Apr 21, 2026 4:33 pm
by LUAN
Wouter Roets wrote:LUAN wrote: Sun Apr 19, 2026 11:02 am
Rhino was oorgekoop maar die nuwe eienaars weet glo nie mooi hoe om die masjiene te werk en nou staan dinge stil.
Jy is nie ernstig nie!
Hulle het vir die oorspronklike eienaar gevra om terug te kom en help maar agv ooreenkomste wat nie bereik kon word het dit nie gebeur.
Re: Rhino Bullets
Posted: Tue Apr 21, 2026 5:45 pm
by saswart
LUAN wrote: Tue Apr 21, 2026 4:33 pm
Wouter Roets wrote:LUAN wrote: Sun Apr 19, 2026 11:02 am
Rhino was oorgekoop maar die nuwe eienaars weet glo nie mooi hoe om die masjiene te werk en nou staan dinge stil.
Jy is nie ernstig nie!
Hulle het vir die oorspronklike eienaar gevra om terug te kom en help maar agv ooreenkomste wat nie bereik kon word het dit nie gebeur.
Rhino bullets is verkoop ja, 2 eienaars / vennote. 1 het intussen uitgeklim. Of dit nou is soos jy se of nie, huidige eienaar is besig om te verkoop / toe te maak. Glo nie Rhino soos jy dit ken gaan weer wees nie, tensy nuwe eienaar of belegger/lener betrokke raak nie.
Maak eerder plan met Rudi en SBC - dink SBC het beter kwaliteit en meeste ken vir Rudi
Re: Rhino Bullets
Posted: Tue Apr 21, 2026 8:27 pm
by toxicsox
Rudi Fischer wrote: Tue Apr 21, 2026 4:24 pm
toxicsox wrote: Tue Apr 14, 2026 2:11 pm
Die 285g is Norma Oryx en Lapua Mega. Die 286g is die Norma Alaska en Hornady Interlock. Die 300G Rhino is die solid shank.
Maak nie lekker sin vir my nie, maar as jy wil sal ek vir jou n paar van my 286gr stuur wat jy kan toets.
As jy die raad volg wat ek saam gee, is ek oortuig dat jou geweer sal mooi skiet.
Ek sal dit waardeer.
Re: Rhino Bullets
Posted: Wed Apr 22, 2026 9:21 am
by Toxxyc
Klink vir my maar Rhino is maar bietjie wispelturig. Hoe waar dit is, weet ek nie, maar sover ek weet het Claw ook onstaan omdat daar stryery was by Rhino, baie jare terug.
Ek het ophou Rhino skiet toe hulle die jacket te dik gemaak het op hulle .303 koeëls. Van een boks tot die ander (nuwe batch) het die koeëls nie meer oopgemaak nie. Glad nie. Dit het bloedspore bitter moeilik gemaak om te volg, so ek het geskuif na 'n ander koeël. Ek skiet nie meer juis die .303 nie so ek is bietjie lanklaas op die onderwerp gewees.
Re: Rhino Bullets
Posted: Thu May 07, 2026 12:37 pm
by toxicsox
Weet iemand dalk of daar enige ander 300g punte beskikbaar is vir 9.3x62 dalk? Ek lees van die A-Frames maar nog nooit dit self gesien nie.