Page 1 of 1

Sako 85 hunter recoil pad

Posted: Fri Mar 27, 2026 10:00 am
by Malan123
More Menere

Het iemand al 1 van die outjies se recoil pads vervang met 'n Limbsaver? Pas die Tikka t3x se recoil pad?

Re: Sako 85 hunter recoil pad

Posted: Fri Mar 27, 2026 10:48 am
by Capt. Yoda
Ek het al een of 2 gedoen en elke blerrie een verskil.
Ek het laas week n nuwe Pachmayr op n A reeks gesit en die beste is maar om hom met n dremel mooi te laat pas, die ergste werk is om daai gom af te kry wat daai Finne gebruik om die oue vas te plak. Nie seker waar hulle dit in die hande kry nie.

Die Tikka behoort te pas (ekt nooit eers daar aan gedink nie), die kolwe se profiles is baie die selfde agter

Na die het ek hom bq net 1200 grit geskuur en hyt heel orite uit gekom

Re: Sako 85 hunter recoil pad

Posted: Fri Mar 27, 2026 12:24 pm
by Malan123
Dankie Cappy, waardeer die terugvoer. Daai gom is iets verskrikliks, maar genade ek dink die hout is dalk sagter as die bestaande recoil pad

Re: Sako 85 hunter recoil pad

Posted: Fri Mar 27, 2026 12:27 pm
by Capt. Yoda
Ja ekt net een geweer nog oor met n fabrieks een en hy sal ok seker maar waai. Maak ma net daai spacer tussen die kolf en die ou pad warm met n heat gun of jou vrou se haardroer eb stoei hom af met n skerp ding sonder om die kolf seer te maak. Nogals heel ontspanend om so n pad te maak pas