Page 1 of 1

7mm-08 lading

Posted: Thu Mar 19, 2026 5:42 am
by BenJacobs
Dagsê almal.
Wil bietjie 'n klip in die bos gooi. Ek wil graag begin herlaai vir my geweer. Wat sou julle voorstel vir gewig.

Ek sal hoofsaaklik cyotes skiet en hopelik die jaar n swart beer, takbok en moontlik 'n moose. Ek skiet huidiglik 150gr. Ek het gedink om dalk bietjie ligter te gaan, ek kan nie altyd range wanneer ons uit die trekker of spuit ens skiet nie so ek wil kyk vir die beste MPBR (maximum point blank range).

My geweer is 'n tikka t3x met 22" loop en 1:10 twist en ek het norma doppe.

Groete Ben

Re: 7mm-08 lading

Posted: Thu Mar 19, 2026 6:32 am
by obasch
Ben,
Ek laai 44,0gr Varget agter 'n 120gr Nosler Ballistic Tip Hunter vir ongeveer 2900fps en
41,6gr Varget agter 'n 140gr Swift A-Frame, kannie nou data kry van snelheid nie.
Dit is in 'n Ruger American met 22" loop

Re: 7mm-08 lading

Posted: Thu Mar 19, 2026 8:29 am
by tripodmvr
CFE223, IMR4895, IMR3031

120Vmax teen 3050vps behoort vir die kleiner diere te werk. Vir moose sou ek 150 of swaarder aanbeveel, maar dan met 'n sterker koeël.

Re: 7mm-08 lading

Posted: Thu Mar 19, 2026 12:52 pm
by Vlakvark Soldaat
Ek gebruik VV N540, en Spoor Bullets 140gr. Lekker bos jag, en so gemaklik tot op 350m in die vlaktes.

Re: 7mm-08 lading

Posted: Thu Mar 19, 2026 5:02 pm
by tripodmvr
Ben is in Kanada. So hy sal hier moet SBC koop en saamneem.