Page 1 of 1
Kolf inbring van Amerika in jou tas?
Posted: Sun Mar 08, 2026 9:31 pm
by JacquesSAKO.308
Hi Julle,
Ek hoop dit gaan goed? Het iemand moontlik onlangs of al ń kolf van Amerika af gebring in julle tasse?
Is dit moontlik?
Groete
Sent from my SM-S938B using Tapatalk
Re: Kolf inbring van Amerika in jou tas?
Posted: Mon Mar 09, 2026 9:15 am
by Capt. Yoda
Jy reken nou is n goeie tyd om met n geweer kolf deur Amerika te vlieg ?

Re: Kolf inbring van Amerika in jou tas?
Posted: Mon Mar 09, 2026 1:14 pm
by gbvl
Veral as jy van ramaparra land af is
Sent from my SM-S721B using Tapatalk
Re: Kolf inbring van Amerika in jou tas?
Posted: Mon Mar 09, 2026 3:45 pm
by JF123
Ek hoop om ʼn .22 kopf te kry in Mei. Sal maar sien hoe dit gaan.
Re: Kolf inbring van Amerika in jou tas?
Posted: Mon Mar 09, 2026 9:41 pm
by BenJacobs
Ek het so week terug deur Amerika gevlieg terug Kanada toe, ek weet reëls vir Kanada is anders, maar sekuriteit was bitter streng. Ook met al die middel ooste se lughawens wat toe was was dit 'n absolute nagmerrie, ons het omtrent 2 plus ure in die sekuriteit ry gestaan, so as jy dit wil doen, maak seker jou tyd op lughawe is BAIE.
Groete Ben
Re: Kolf inbring van Amerika in jou tas?
Posted: Tue Mar 10, 2026 7:27 am
by Ds J
Vind uit wat die voorskrifte is en bly daarby. Sommige artikels is beperk of selfs verbode, en ander glad nie.
Ek skat dat n kolf net vir belasting verklaar moet word. Hy kan mos nie skiet of ontplof nie.
Daar was altyd 'n minimum waarde vir items ($95?) - bokant dit moes jy belasting betaal.
Re: Kolf inbring van Amerika in jou tas?
Posted: Fri Mar 20, 2026 10:17 am
by ~JTK~
as n kolf van hout is... hout van spesifieke lande na ander lande is verbode want dit kan goggas transport.. so kyk maar net daarna ook
Re: Kolf inbring van Amerika in jou tas?
Posted: Fri Mar 20, 2026 4:14 pm
by Rudi Fischer
Moet net nie deur Doha vlieg nie.
Ons het al baie goed daar verloor.
Kolwe, koeels en magesyne.