Page 1 of 1

Hulp met 6mm creed asb

Posted: Fri Mar 06, 2026 5:53 pm
by shanenel
Middag manne ek vra hulp asb.
Geweer 6 mm creedmoor
Ek het paar patrone gelaai net om spoed te kry en dan van daar te werk.
26 duim loop
1:8 twist
Doppe is Alpha SRP dop kapasiteit gemiddeld 51.95
Ek het nou 5 koele gelaai met S365 lot 81
42 gr met tpl 66 mm
Ek het 5 skote geskiet oor crony athlon rangecraft.
Gemidelde spoed is 3408.8
Sd 11.1
Es 26.9
Ek het dit op GRT gehardloop en my druk is sommer bang hoog.
Drie doppe het gepriemde primers gehad


Ek het toe Vitha n 550 probeer weer 42 gr met tpl 66 mm
Gem spoed 3400 f/p/sek
Sd sd 7.2
Es 14.4
Ek het net 3 skote geskiet toe ek sien die spoed is weer bang hoog
Al die primers was nog mooi en nie enige druk getoon nie

Ek het toe Vith N150 probeer
39 gr met n 66 mm tpl
Gemidelde spoed 3360
Sd 4.6
Es 11.5
Volgens GRT is die spoed op al die poeiers en ladings deur die dak.
4 doppe het gepriemde primers gehad.
Ek kon nie op enige van die skote agterkom dat die slot moeiliker oop maak nie.
Ek probeer ten minste n dopvulling van bo 90% handhaaf.
Ek het al die ladings gelaai van GRT aanbevelings.
Hoe dink julle moet ek maak

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Fri Mar 06, 2026 6:01 pm
by Martiens Bekker
Watter punte skiet jy?

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Fri Mar 06, 2026 6:32 pm
by shanenel
Ai skies dit sal seker help.87 gr v max

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Fri Mar 06, 2026 7:06 pm
by tripodmvr
shanenel wrote: Fri Mar 06, 2026 5:53 pm Middag manne ek vra hulp asb.
Geweer 6 mm creedmoor
Ek het paar patrone gelaai net om spoed te kry en dan van daar te werk.
26 duim loop
1:8 twist
Doppe is Alpha SRP dop kapasiteit gemiddeld 51.95
Ek het nou 5 koele gelaai met S365 lot 81
42 gr met tpl 66 mm
Ek het 5 skote geskiet oor crony athlon rangecraft.
Gemidelde spoed is 3408.8 39gr vir 3220vps. Lot 81 was baie warm.
Sd 11.1
Es 26.9
Ek het dit op GRT gehardloop en my druk is sommer bang hoog.
Drie doppe het gepriemde primers gehad


Ek het toe Vitha n 550 probeer weer 42 gr met tpl 66 mm
Gem spoed 3400 f/p/sek 39.5gr en 3240vps. Hier het N550 ook baie warm gebrand. Wat se sprong het jy na die lande?
Sd sd 7.2
Es 14.4
Ek het net 3 skote geskiet toe ek sien die spoed is weer bang hoog
Al die primers was nog mooi en nie enige druk getoon nie

Ek het toe Vith N150 probeer
39 gr met n 66 mm tpl
Gemidelde spoed 3360 Hier maak die spoed nie sin nie synde die aanpassing van die brandtempo heel buite wans is. Dopvulling gaan onder 80% wees met dit wat jy verkry het. Kyk na dit wat QL aanbeveel het en skiet 'n groep van 3 met beide dryfmiddels.
Sd 4.6
Es 11.5
Volgens GRT is die spoed op al die poeiers en ladings deur die dak.
4 doppe het gepriemde primers gehad.
Ek kon nie op enige van die skote agterkom dat die slot moeiliker oop maak nie.
Ek probeer ten minste n dopvulling van bo 90% handhaaf.
Ek het al die ladings gelaai van GRT aanbevelings.
Hoe dink julle moet ek maak

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Fri Mar 06, 2026 7:23 pm
by shanenel
Tripod, ek het grt gebruik en met dit wat hulle aanbeveel het ,het ek bg resultate gekry.Ek kon dadelik sien daar is fout.
Wat sê QL.

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Fri Mar 06, 2026 7:39 pm
by shanenel
Tripod, ek het grt gebruik en met dit wat hulle aanbeveel het ,het ek bg resultate gekry.Ek kon dadelik sien daar is fout.
Wat sê QL.

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sat Mar 07, 2026 9:52 am
by tripodmvr
My kommentaar in rooi is met QL bereken. Jy het nie jou afstand na die lande gegee nie?

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sat Mar 07, 2026 10:04 am
by tripodmvr
Jou beginlading van 42gr met N550 is dit wat VV aanbeveel vir die 65gr Vmax. Jy moes dus verkieslik 10% laer begin het nl. so by 38gr.

https://www.vihtavuori.com/reloading-da ... y/V-Max/65

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sat Mar 07, 2026 10:51 am
by shanenel
Tripod dankie Ek gaan hulle so probeer dan laat weet ek sal vanmiddag gou afstan na lane meet.

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sat Mar 07, 2026 11:28 am
by shanenel
Tripod ek het gemeet ek is 12 thou van die lande af.

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sat Mar 07, 2026 11:45 am
by tripodmvr
Dit kan die kwaai drukpieke verklaar. My aanbeveling is 1mm = 25 thou vir lood/koper koeëls. Jy het egter min greep op die skag met 66mm. 'n Korter TPL van 64mm kan dalk die prentjie baie verander. Die greep sal dan 6mm van die skag wees wat aan die dopnek raak. (neck tension).

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sat Mar 07, 2026 4:19 pm
by shanenel
Dankie Tripod, wat is die spoed wat QL gee op bg lading.

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sat Mar 07, 2026 4:31 pm
by shanenel
Ek het alles verander soos aanbeveel.
Lading 38 gr N550
Tpl 64 mm
Gemiddelde spoed 3094.8
Sd 1.4
Es 3.0

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sat Mar 07, 2026 4:53 pm
by tripodmvr
39.5gr en 3240vps. Hier het N550 ook baie warm gebrand.
Ek het hierdie lading voorgestel na jou eerste skote. Die brandtempo het nou afgeneem en die nuwe aanbeveling na die 38gr lading gekalibreer is, is as volg :-
40.1gr vir 'n spoed van 3250vps. Probeer die' lading en skiet vir groepering.

Jou ES is baie goed en hopelik bly dit so met die nuwe lading. Druk bereken by 54K psi wat goeie verbranding verseker.

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sat Mar 07, 2026 5:25 pm
by shanenel
Ou Tripod ek gaan hom so verander en dan praat ek met jou.Baie dankie

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sun Mar 08, 2026 5:42 pm
by shanenel
Ek het toe gelaai en geskiet soos aanbeveel
Gem spoed3249.9
Es 20.7
Sd 8.4
Groep was so 22 mm
Ek het soe bietjie op gegaan in ..2 grein tot by 41 gr.
Geen druk tekens by 40.8 het ek n mooi groep geskiet twee snyers en een so 8 mm weg.
Spoed was 2949
Es 4.3
Sd 1.8..
Ek het die tpl gelos op 64 mm
Tripod hoe lyk die druk by bg lading.
Dankie vir die hulp jy was in die kol met jou ladings voorstel.

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sun Mar 08, 2026 6:43 pm
by tripodmvr
Gaan net die spoed na - moet naby 3290vps wees?

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sun Mar 08, 2026 7:00 pm
by shanenel
Tripod skies ek het doos my g...t getik.
Gemidelde spoed met 40.8 gr
3294.7
Sd 1.8
Es 4.3.
Hoe lyk my druk met daai lading

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sun Mar 08, 2026 7:53 pm
by tripodmvr
Kyk na die aangehegte berekening. Node 3 1/2 is by 'n looptyd van 1.161. Jy is dus by hierdie node en dit verklaar jou 8mm groep.
6mm Creed Node 3.5.png

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sun Mar 08, 2026 7:54 pm
by tripodmvr
Druk word in pers getoon. Veilige lading met druk wat die goeie ES gee.

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Sun Mar 08, 2026 9:16 pm
by shanenel
Dankie Tripod,ek kan ongelukkig nie die druk syfers gelees kry nie.

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Mon Mar 09, 2026 9:19 am
by Capt. Yoda
shanenel wrote: Sun Mar 08, 2026 9:16 pm Dankie Tripod,ek kan ongelukkig nie die druk syfers gelees kry nie.
56K druk

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Mon Mar 09, 2026 10:05 am
by tripodmvr
shanenel wrote: Sun Mar 08, 2026 9:16 pm Dankie Tripod,ek kan ongelukkig nie die druk syfers gelees kry nie.
Kliek op die foto om die syfers te kan sien.

Re: Hulp met 6mm creed asb

Posted: Mon Mar 09, 2026 2:43 pm
by shanenel
Baie dankie vir die hulp.Groot waardering