Page 1 of 1

***** veiligheidsbrille

Posted: Sat Feb 14, 2026 9:10 am
by Ds J
Goeiemôre, ek wil stoom afblaas maar eintlik raad vra. Hoe gemaak met die verpligte skietbrille - veral met lang gewere?

Ek kan gemaklik die teleskoop, gaatjiesvisier of oop visiere gebruik sonder die verpligte veiligheidsbril, maar dit raak moeilik met die bril op. Ek het gister inderhaas nuwe brille gekry maat dit bly moeilik en het my amper 'n baan gekos omdat die bril my fokus uitgooi.

Ek sal enige raad opreg waardeer!

Re: ***** veiligheidsbrille

Posted: Sat Feb 14, 2026 9:52 am
by tripodmvr
Lyk die bril soos 'n gewone kykbril of meer soos 'n duikbril?

Re: ***** veiligheidsbrille

Posted: Sat Feb 14, 2026 12:28 pm
by Ds J
Ek gebruik gewoonlik die goedkoop veiligheidsbrille van hardewarewinkels. Die reguiter brille val makliker af, dus verkies ek die geboë tipe wat naby my oë lê.

Re: ***** veiligheidsbrille

Posted: Sat Feb 14, 2026 2:15 pm
by OosKaapJagter
Al is dit ongemaklik, dra dit maar.

Soms het ek myself al afgevra hoekom sal 'n mens nou skietbrille wil dra vir iets so simpel soos 'n .22 geweer. So ruk terug sien ek egter hoe Who Tee Who op YouTube se 17HMR opblaas weens swak ammunisie. Die slag het stukke van die kolf uitmekaar geruk.

Vanoggend praat ek met iemand wat 'n nuwe CZ457 moes aanskaf omdat sy vorige semi-outo .22 opgeblaas het van 'n defektiewe .22 rondte. Daar was genoeg skade dat 'n wapensmid onderdele moes vervaardig, want soos ons almal weet is vuurwapenonderdele bykans onbekombaar in hierdie land van ons. Daar was nie eens 'n verstopping in die loop nie.

Re: ***** veiligheidsbrille

Posted: Sat Feb 14, 2026 2:29 pm
by Gian_dP
Die geboeë lense, veral goedkoper modelle, veroorsaak baie ligbreking("distortion"). Dit raak erger hoe verder jou kykvlak van die lens se middelpunt af is bv met pistool kyk jy meestal reguir vorentoe en deur middel van lens. Met geweer, kyk ons meestal skuins en deur die rand van die lens wat die lugbreking vererger.

Beste raad is om by skietbaan rond te vra/kyk na wat anders skuts gebruik en hulle daar uit te toets. Ek verkies groot lens met raam net bo aan lense vas sodat jy nie in die raam vaskyk nie. Is lekker om veranderbare lense te hê vir verskillende toestande.
https://www.takealot.com/tactical-balli ... HuEALw_wcB

As mens by winkel moet toets, kyk hoe die beeld op die periferie van jou visie is. Kyk bv na boek/prent reg voor jou. Skuif die boek kant tot kant sonder om jou kop te draai en sien of beeld verander.

Oefen met bril op om daaraan gewoond te raak

Sent from my SM-S921B using Tapatalk


Re: ***** veiligheidsbrille

Posted: Sat Feb 14, 2026 7:17 pm
by Ds J
Baie dankie Gian, dit klink na n plan.

Re: ***** veiligheidsbrille

Posted: Sun Feb 15, 2026 3:01 pm
by Pvdw
Daai cheap brille is uit die bose!!!! Hulle is opties nie korek nie en kan of die beeld vergroot of verklein, ander verplaas die beeld weer effe. Daai is veiligheids brille wat keer dat 'n stuk hout in jou oë beland as jy hout kap of dat iets in jou oog skiet as jy boor.

Ek is self deur daai oefening en het gou besef dat skiet brille iets op hul eie is en virseker nie goedkoop is nie. Nie net is hulle opties korek nie maar is hulle word ook ge speck vir impakspoed van vlieënde items.

Ek gebruik nou sommer getoetste brille met plastiek lense vir beide skiet en muurbal speel. Ek wil weer daai roete loop maar die keer net kyk of ek wrap around kan laat maak.

Re: ***** veiligheidsbrille

Posted: Sun Feb 15, 2026 3:47 pm
by Ds J
Pvdw wrote: Sun Feb 15, 2026 3:01 pm Daai cheap brille is uit die bose!!!! Hulle is opties nie korek nie en kan of die beeld vergroot of verklein, ander verplaas die beeld weer effe. Daai is veiligheids brille wat keer dat 'n stuk hout in jou oë beland as jy hout kap of dat iets in jou oog skiet as jy boor.

Ek is self deur daai oefening en het gou besef dat skiet brille iets op hul eie is en virseker nie goedkoop is nie. Nie net is hulle opties korek nie maar is hulle word ook ge speck vir impakspoed van vlieënde items.

Ek gebruik nou sommer getoetste brille met plastiek lense vir beide skiet en muurbal speel. Ek wil weer daai roete loop maar die keer net kyk of ek wrap around kan laat maak.
Is daar 'n sekere fabrikaat of maak wat jy kan aanbeveel? Ek sal verkies om iets te kry wat maklik(er) vervangbaar is want my bril sal beslis êrens val of raakgetrap word, of dalk per ongeluk bly lê.

Re: ***** veiligheidsbrille

Posted: Sun Feb 15, 2026 4:22 pm
by Capt. Yoda
Spandeur n paar rand en kyk na Oakleys met Prizm lense, net die details wat jy met daai lense sien maak dit die moeite werd. Die met die “M” frame lyk bq Hollywood maar hulle skiet baie lekker, hulle sit losserig as jy hulle in n winkel aan pas maar sodra jy n stel walker of soortegelyke ear muffs op sit verstaan jy hoekom hulle lyk soos hul lyk. As jy met in ear goed skiet kan hulle dalk te los sit as jy wil rond hardloop met n geweer en n kleiner kop het

Re: ***** veiligheidsbrille

Posted: Sun Feb 15, 2026 9:19 pm
by Ds J
Watter kleur lens werk goed / sleg?

Ek sien allerhande kleure en weet nie waarvoor om te kyk nie?

Re: ***** veiligheidsbrille

Posted: Mon Feb 16, 2026 7:50 am
by Gian_dP
Geel/orange werk vir my lekker met normale lig, deurskynend vir lae lig. Ek skiet geweer, handwapen en haelgeweer. Vir kleie werk rooier/pers lense blykbaar baie goed

Sent from my SM-S921B using Tapatalk



Re: ***** veiligheidsbrille

Posted: Mon Feb 16, 2026 10:04 am
by kudu375
Hi Ds J
Kyk ook na Leupoldt se Tracer bril.
Het 3 lens opsies, en dit maak n groot verskil.
Ek kan aanpas by bewolk , onderdak of helder sonskyn weer met lens keuse as ek moet skiet, en gebruik myne daagliks as sonbril ook.