Page 1 of 1

Nuwe lid uit Nieu-Seeland

Posted: Wed Feb 04, 2026 10:43 pm
by WeeMan
Dagsê

Ek is n nuwe lid op die forum, gebaseer in NZ. Het vir jare teiken geskiet en kleinwild/ongediertes gejag, maar onlangs begin takbokke skiet vir die pot.

Ek sal graag wil grootwild jag as ek weer in SA kuier, maar sal intussen die stories hier geniet!

Groete

Re: Nuwe lid uit Nieu-Seeland

Posted: Thu Feb 05, 2026 8:20 am
by Ratel
Baie welkom WeeMan.

Re: Nuwe lid uit Nieu-Seeland

Posted: Thu Feb 05, 2026 9:00 am
by tripodmvr
Welkom. Ek loer baie na Aussie en NZ jagvideos. Julle het darem baie jaggeleenthede daar. Is jy op die Noord of Suid eiland?

Re: Nuwe lid uit Nieu-Seeland

Posted: Fri Feb 06, 2026 9:46 am
by WeeMan
tripodmvr wrote:Welkom. Ek loer baie na Aussie en NZ jagvideos. Julle het darem baie jaggeleenthede daar. Is jy op die Noord of Suid eiland?
Op die Noord eiland.

Hier is baie jaggeleenthede, maar nie die verskeidenheid soos in Suid Afrika nie.

Re: Nuwe lid uit Nieu-Seeland

Posted: Fri Feb 06, 2026 4:20 pm
by tripodmvr
Fallow, red deer, varke, boerbokke, wallabies en tahr is al 'n wye verskeidenheid en kosteloos daarby.

Re: Nuwe lid uit Nieu-Seeland

Posted: Fri Feb 06, 2026 9:44 pm
by WeeMan
tripodmvr wrote:Fallow, red deer, varke, boerbokke, wallabies en tahr is al 'n wye verskeidenheid en kosteloos daarby.
Dis waar. Daar is ook chamois, sika, sambar, whitetail, wapiti (elk) en wilde beeste as jy hulle kan vind. Maar die mees algemene jagspesies is edlehert (red deer), damhert (fallow), boerbokke en varke.

NZ het geen inheemse grootwild nie, so alle grootwild word beskou as peste. Jy kan jag soveel jy wil, wanneer jy wil, mits jy toestemming het van die grondeienaar. Meeste nasionale parke kan ook gejag word met n permit, en DoC reik dit kosteloos uit.

Re: Nuwe lid uit Nieu-Seeland

Posted: Fri Feb 06, 2026 9:52 pm
by WeeMan
Dan is daar ook private grond, soos plase en kommersiële woude. Sommige eienaars het groot bevolkings wild en bestuur dit soos n jagplaas, waar jy duur betaal om te jag. Ander boere is net dankbaar dat jy die gras- en mieliediewe afweer en vra niks.

Ek verkies jag op private grond. Dis veiliger want daar is nie ander jagters nie, daar is meer wild en oor die algemeen is dit makliker.