Page 1 of 1
Druppel op Kruishaar
Posted: Fri Jan 23, 2026 11:27 am
by 30-06
Wat kan die oorsaak wees van n "druppel" op die kruishaar.
As ek deur my scope kyk is daar drie duidelike druppels op die kruishaar/of binne die scope.
Daar is egter geen water op enige van die lense nie.
Dit is in elkgeval nou so droog n mense sou eerder stof verwag as vog.
Re: Druppel op Kruishaar
Posted: Fri Jan 23, 2026 12:02 pm
by heywillie
Watse scope is dit ?
Re: Druppel op Kruishaar
Posted: Fri Jan 23, 2026 1:04 pm
by 30-06
Arken
Re: Druppel op Kruishaar
Posted: Fri Jan 23, 2026 1:29 pm
by heywillie
Stuur hom terug dat hulle na hom kyk.
Re: Druppel op Kruishaar
Posted: Sat Jan 24, 2026 9:45 am
by tripodmvr
Die gom tussen die lense kristalliseer soms en dit lyk soos druppels.
Re: Druppel op Kruishaar
Posted: Tue Feb 17, 2026 4:55 pm
by anton.308
Daar was 'n paar van hulle met die probleem. Dit is gelukkig iets van die verlede.
Ons ruil hom vir jou om. Kontak ons gerus.
engageoptics.co.za
Groete.
Re: Druppel op Kruishaar
Posted: Tue Feb 17, 2026 5:55 pm
by 30-06
Ek kan bevestig hulle het myne sonder enige probleme omgeruil.
Re: Druppel op Kruishaar
Posted: Tue Feb 17, 2026 6:34 pm
by tripodmvr
Goed om te weet waarborge word gestand gedoen. Sal die woord uitdra aan voornemende kopers,
Re: Druppel op Kruishaar
Posted: Tue Feb 17, 2026 8:16 pm
by Toxxyc
Ek wil graag noem dat ek 'n Athlon scope het wat 'n grys invoerproduk was. Ek het hom gekoop by 'n man hier op Jaracal. Hy het die teleskoop laat val, 'n turret het gebuig en die scope het sy gas verloor. Hy het hom ingestuur en die scope is reggemaak. Intussen is die scope vervang met 'n ander een en hy het die reggemaakte een verkoop (natuurlik teen reggemaakte prys ook, so ek het min betaal).
Toe ek die teleskoop kry, het ek fyn stoftekens in die lens gesien as ek hom opgetel en teen helder lug gehou het teen maksimum vergroting. Ek het die verkoper laat weet en hy het my na die grys invoerder toe gestuur. Ek het die teleskoop vir die man teruggestuur en danksy Athlon se waarborg het hulle hom sonder aarsel omgeruil met 'n nuwe een - wat natuurlik toe na my toe gekom het. So splinternuwe teleskoop teen goeie tweedehandse prys.
Ek wonder nogals hoekom die teleskoop-manne altyd sulke goeie waarborge kan bystaan, maar as jou kar breek wat aansienlik meer kos, moet jy uithaal en wys dat dit onder waarborg reggemaak moet word, en dan soek hulle altyd verskonings om dit nie te doen nie.