Page 1 of 1
R20k budget vir teleskoop
Posted: Wed Jan 21, 2026 10:36 am
by Victor_
Dagsê
Ek soek raad en voorstelle asseblief vir vriend se nuwe geweer.
As julle 'n teleskoop moes koop vir R20,000 wat sal julle kies?
Ek glo die vraag is al gevra, maar ek sal nuwe insette waardeer.
Setup is 6.5 Creedmoor (143gr eld-x)
Die enigste vereistes is FFP, MRAD, gongskiet en jag
Ek dink aan Element Titan 5-25x56
Groete Victor
Sent from my SM-A556E using Tapatalk
Re: R20k budget vir teleskoop
Posted: Wed Jan 21, 2026 10:43 am
by Toyrsi
Ek sou na die volgende kyk.
Element
Arken
Akra
Re: R20k budget vir teleskoop
Posted: Wed Jan 21, 2026 11:23 am
by Henna308
Victor
Ek het twee Element Titan's (wel die 3-18x modelle), baie goeie teleskope vir die geld. Die lense is vir my baie goed (kan so af en toe 'n .22 koeëltjie sien vlieg), ek hou baie van die kruis en die stelknoppe stel ook baie goed (die klieks is duidelik).
Ek dink nie jy sal 'n fout maak as jy hom koop nie.
Re: R20k budget vir teleskoop
Posted: Wed Jan 21, 2026 12:44 pm
by heywillie
+1 vir die Element
Re: R20k budget vir teleskoop
Posted: Wed Jan 21, 2026 1:33 pm
by Tiny Hunter
Ek het n DNT The One. Ek is baie gelukkig met hom! As ek die storie reg verstaan is dit die Arken EP5 Gen II maar met n ander kruisdraad en n paar kosmetiese veranderinge.
Re: R20k budget vir teleskoop
Posted: Wed Jan 21, 2026 4:56 pm
by Martiens Bekker
Ek het 'n Arken 7-35 op my .22. Baie lekker teleskoop vir sy prys. Ek sal weer een koop.
Re: R20k budget vir teleskoop
Posted: Thu Jan 22, 2026 7:42 am
by alecjohnson
Ek sou wag vir 'n PST G2 m-rad FFP 5-25 op die tweedehandse mark.
Re: R20k budget vir teleskoop
Posted: Thu Jan 22, 2026 8:54 am
by Martiens Bekker
alecjohnson wrote: Thu Jan 22, 2026 7:42 am
Ek sou wag vir 'n PST G2 m-rad FFP 5-25 op die tweedehandse mark.
Ek het een gehad. My opinie is dat die Arken 'n beter teleskoop is itv van glas, FOV en die gevoel van die "turrets". Die 34mm buis bied net meer voordele as die 30mm van die PST.
Re: R20k budget vir teleskoop
Posted: Thu Jan 22, 2026 9:45 am
by Capt. Yoda
Ek reken ook die Arken is n beter scope maar hys baie swaar, as gewig nie pla nie is dit ook die een wat ek sou koop