Page 1 of 1

Nuwe lid uit Pretoria

Posted: Tue Jan 06, 2026 2:24 pm
by Katlagter
Dankie vir my aanvaarding hier. Ek is wat my beneukte Iers/Afrikaanse oupa genoem het "a shooting fool"; as jy daarmee kan skiet of dit gooi, stel ek belang. Dit het meer as 60 jaar gelede begin met "jag" en skiet vir plesier met die "saloontjie" op my maats se pa's se plase in die Mafeking distrik. Na jare se kompetisieskiet in verskillende dissiplines skiet ek deesdae merendeels weer net vir die lekker met .22's. Ek sien uit na die gesprekke hier.

Re: Nuwe lid uit Pretoria

Posted: Tue Jan 06, 2026 2:31 pm
by tripodmvr
Welkom senior burger. Bly jy kry kans om nog lood te gooi.

Re: Nuwe lid uit Pretoria

Posted: Thu Jan 08, 2026 9:51 pm
by Katlagter
Dankie, ja dit is 'n voorreg om nog te kan skiet.