Page 1 of 1

Pitting in my CZ P-10C se loop

Posted: Mon Dec 15, 2025 10:08 pm
by Conna Howa
Hi julle, ek het die naweek weer bietjie my CZ-P-10C skoon gemaak, en toe merke in die loop gesien, maak toe die loop silwer skoon en vat my bore scope om te kyk wat aan gaan, vir my lyk dit soos pitting. Ek weet nie of ek moet begin worry en of dit nog fine is nie. Die geweer het net so onder die 2000 skote deur hom in die 4 jaar wat ek hom het. Dit is my EDC.

Re: Pitting in my CZ P-10C se loop

Posted: Tue Dec 16, 2025 1:11 pm
by LUAN
Ek sou nie te veel worry met n handwapen dis nou nie n benchrest geweer. My glock het soutwater gekry jy moet sien hoe lyk sy kamer en keel area sonder n borescope. Lyk vir my of hy nog so goed skiet soos altyd.

Re: Pitting in my CZ P-10C se loop

Posted: Tue Dec 16, 2025 5:32 pm
by Ds J
My S&W M&P9 het dieselfde skade oorgekom weens sweet.

'n Wapenskid het hom deurgegaan en gesĂȘ ek kan voortgaan. Die beste is om hom in te vat na 'n vakkundige toe.

Re: Pitting in my CZ P-10C se loop

Posted: Mon Dec 29, 2025 10:26 pm
by Alwin
As jy nie die kraters met die blote oog kan sien nie, is daar niks om oor te bekommer nie. Dis nou net vir handwapens.
Skiet en geniet.

Mens moet maar periodiek die sweet, stof, wolle en ander ongewenste gemors uit die loop haal en 'n baie dun laag beskermende iets daar aanwend. Middels wat nie stof vang nie is altyd voordelig.

Dis nie algemeen in 9mm nie, maar korossiewe ammunisie kan ook probleme veroorsaak. Veral ouer, oosblok, sjinese en ligspoor patrone kan 'n higroskopiese residu agter laat wat behoorlik uitgeskrop moet word om skade te voorkom.