Page 1 of 1

Band keuse

Posted: Wed Nov 12, 2025 6:47 pm
by Ratel
Manne ek weet hier was al baie plasings oor bande. Ek kyk na nuwe stel bande vir my fortuner 2.8 4x4 wat soms lelike paaie ry en dan my ou hilux 2.7 4x2 jagbakkie wat op die gebruiklike plekke loop. Ek is moeg vir bfg at agv van prys en swak natpadhou vermoe. Ek kyk nou na Renegade RT plus vir beide voertuie. Wie het ondervinding van die bande en wat sou julle aanbeveel

Re: Band keuse

Posted: Wed Nov 12, 2025 7:20 pm
by prohunt
Gripmax Inception XT vir jou jagbakkie en General Grabber AT3 vir die Fortuner sou my keuse wees.

Re: Band keuse

Posted: Wed Nov 12, 2025 7:47 pm
by Ratel
prohunt wrote: Wed Nov 12, 2025 7:20 pm Gripmax Inception XT vir jou jagbakkie en General Grabber AT3 vir die Fortuner sou my keuse wees.
Dankie. Sal bietjie kyk. Is die Grabbers triple sidewall

Re: Band keuse

Posted: Wed Nov 12, 2025 9:02 pm
by Ockert1992
General Grabber AT3 - LT weergawe is tripple side wall. - Goeie keuse of Appollo Apterra AT2.

Re: Band keuse

Posted: Wed Nov 12, 2025 10:25 pm
by Ds J
Apollo Apterra - +-R3500/band.

Hulle hou en hulle werk. Ek het 100 000km op myne gekry en ry hoofsaklik slegte grondpaaie; nie een dag se moeilikheid nie.

Re: Band keuse

Posted: Thu Nov 13, 2025 6:24 am
by Toyrsi
Ds J wrote: Wed Nov 12, 2025 10:25 pm Apollo Apterra - +-R3500/band.

Hulle hou en hulle werk. Ek het 100 000km op myne gekry en ry hoofsaklik slegte grondpaaie; nie een dag se moeilikheid nie.
Wat DS se!!

Re: Band keuse

Posted: Thu Nov 13, 2025 7:07 am
by Ratel
Dankie almal. Ek gaan beslis dit oorweeg.

Re: Band keuse

Posted: Thu Nov 13, 2025 7:37 am
by Geno
Ek het op my vorige bakkie Gripmax RT/Max gery en was tevrede.
My huidige bakkie het ek nou my 2de stel Maxxis AT811 opgesit na die eerste een 65,000km gegee het, en nog 10,000km kon gaan. Ek sal nie sommer weer 'n ander band ry nie. Vir die terrein waarin ek jag, hou hulle baie goed!

Re: Band keuse

Posted: Thu Nov 13, 2025 9:03 am
by sixdays
Ds J wrote:Apollo Apterra - +-R3500/band.

Hulle hou en hulle werk. Ek het 100 000km op myne gekry en ry hoofsaklik slegte grondpaaie; nie een dag se moeilikheid nie.
Maak net seker jy koop die 3 ply weergawe

Sent from my SM-S711B using Tapatalk


Re: Band keuse

Posted: Thu Nov 13, 2025 9:55 am
by Supacow
Firestone destination
All road hazard guarantee

Re: Band keuse

Posted: Thu Nov 13, 2025 11:15 am
by Eduard Venter
Ek stem saam met Geno oor die Maxxis bande. Dit was al ewig 'n gesukkel voor ek hulle begin gebruik het. Mens betaal ongelukkig maar daarvoor, dis 'n duur en swaar band.

Sent from my SM-G780F using Tapatalk


Re: Band keuse

Posted: Thu Nov 13, 2025 11:22 am
by prohunt
Supacow wrote: Thu Nov 13, 2025 9:55 am Firestone destination
All road hazard guarantee
Die waarborg geld ongelukkig nie vir al die "slow punctures" as jy met hulle in die veld gery het nie. Ek het 'n stel Destinations op my jagbakkie gehad en het omtrent elke keer nadat ek gaan jag het met 'n stadige lekkasie gesit. Ek het hulle na 10,000km afgehaal, vir 'n groot verlies laat gaan net om van hulle ontslae te raak en toe Gripmax Inception XT's opgesit. Ek trek nou al op diep in die 20,000's op hulle en het deur die genade nog nie een lekkasie opgetel nie.

Re: Band keuse

Posted: Thu Nov 13, 2025 2:25 pm
by kudu375
My voorstel vir die jagbakkie sal Sailun terramax RT 3ply wees- Baie band vir min geld.

vir die Fortuner Apollo Apterra 3 ply- jy gaan laaank ry met hulle.

Re: Band keuse

Posted: Thu Nov 13, 2025 8:08 pm
by Ratel
Dankie vir die insette

Re: Band keuse

Posted: Fri Nov 14, 2025 9:10 am
by toxicsox
+1 vir die Grabbers. Het oorgeskakel op beide die Hilux en Pajero van BFG na Grabbers - Grabbers is 100% beter op nat teer pad so kyk maar hoeveel grond en hoeveel teer jy ry. Huidiglik so net oor 30 000km op die Grabbers en hulle lyk nog baie goed.

Re: Band keuse

Posted: Sat Nov 15, 2025 8:57 pm
by Apie
Ek toets bietjie hierdie op my Hilux

https://www.ultraforcetires.com/portal/product/atx.html

Image


Sent from my iPhone using Tapatalk